Duisende in Julie in Limpopo vasgetrek

Drank waarop daar in Julie in Limpopo beslag gelê is. (Foto: SAPD)

Meer as 5 000 verdagtes is gedurende Julie vanjaar in Limpopo in hegtenis geneem.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê altesaam 5 499 verdagtes is gedurende ’n maand lange operasie deur lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en ander wetstoepassers in Limpopo in hegtenis geneem.

Die verdagtes is in hegtenis geneem vir misdade wat wissel van moord, verkragting, gewapende roof, die smokkel van onwettige sigarette, die besit van vermoedelik gesteelde goedere, stropery, die besit van dagga en dwelmhandel, die besit van bedreigde en beskermde spesies, motorkapings, diefstal van motorvoertuie, huisrooftogte, veediefstal, inbrake, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie asook die oortreding van die regulasies ingevolge die Wet op Rampbestuur.

Die operasie is vanaf 1 Julie tot 1 Augustus in al vyf distrikte van die provinsie deur middel van padblokkades, die naspoor van gesoekte verdagtes asook besoeke aan winkelsentrums uitgevoer.

Daar is gedurende die betrokke operasie op goedere van meer as R14 miljoen beslag gelê. Dít sluit in vuurwapens, ammunisie, onwettige sigarette, alkohol asook ’n lewende ietermagog, bokke en ’n luiperdvel.

Die ietermagog waarop daar in Julie in Limpopo beslag gelê is. (Foto: SAPD)

Volgens Mojapelo is die onlangse inhegtenisneming van ’n 44-jarige man buite Thohoyandou wat na bewering twee kinders, wat familie van hom is, verkrag het, egter een van die hoogtepunte van die operasie. Die kinders is onderskeidelik sewe en 11 jaar oud.

Die man sal na verwagting Dinsdag in die landdroshof in Vuwani verskyn.

Al die ander verdagtes het reeds in verskillende howe oor die hele provinsie begin verskyn, het Mojapelo bevestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

piper ·

die polisie gaan darem vir lekker lank kan drink en rook wanneer hulle braai. of is hulle bottelstore.

Anel ·

Miljoene rande se drank en sigarette wat kos op mense se tafels kon sit. En hulle is so trots daarop. Wat ‘n skande!!!

Akhenatha ·

Die polisie en Regering is baie meer korrup maar hulle hoef nooit verantwoordelikheid te aanvaar nie.

Genis ·

Alles na die SAPD mafia toe om te gebruik… lekker man lekker

Magda ·

En waar is die goedery wat gevat is deur die Polisie – toemaar ONS WEET ANC!!!!!

Kiepie ·

Wel gedaan SAPD. Nog ‘n paar sulke maande en in nog meer provinsies en ons sal ‘n werklike verskil in die misdaadstatistiek in ons land sien. Hoop dis die eerste van nog baie sulke doeltreffende optredes.

Helgard ·

En wat gaan met hierdie liewe maatjies wat ‘gevang’ is gebeur……?

Nie Verbaas ·

En al wat die Cele brigade hulself mee kan loof is optrede teen sagte teikens. Siestog.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.