Duisende kla oor kragonderbrekings in Jhb

(Argieffoto: Unsplash)

Die Johannesburgse kragverskaffer City Power het Woensdag sowat 2 500 klagtes van inwoners ontvang oor kragonderbrekings in dié stad.

Isaac Mangena, woordvoerder van City Power, sê dié onderbrekings is hoofsaaklik veroorsaak deur ʼn donderstorm Dinsdagaand wat toerusting by substasies beskadig het. Verskeie inwoners van onder meer Randburg en Lenasia het teen Woensdagaand nog steeds nie krag gehad nie.

Volgens Mangena is die situasie egter vererger deur die instelling van hoër fases beurtkrag, die opsetlike beskadiging van infrastruktuur en kabeldiefstal wat talle inwoners deurlopend sonder elektrisiteit laat.

“Ons spanne is oor die hele stad ontbied om aandag aan die probleme te skenk en agterstande in te haal. Aangesien talle gebiede steeds vol water is, kan herstelwerk en kragvoorsiening vertraag wees.”

City Power moes Woensdag terselfdertyd na tonele uitry waar kabeldiefstal of pogings tot kabeldiefstal aangemeld is, waaronder by die Eikenhof-kragstasie waar kabels Maandag gesteel is. Dit het ʼn kragonderbreking in Naturena Camptonville veroorsaak.

Kragtoevoer weens dié diefstal is teen Woensdagaand herstel, maar die kabels is kort daarna weer tydens ʼn poging om dit te steel, beskadig.

Die kragverskaffer sê hy het meer mense ingespan om aan al die onderskeie probleme aandag te skenk sodat kragtoevoer so gou moontlik in geraakte gebiede herstel kan word.

“City Power vra om verskoning vir die ongerief en ons gaan voort om met raadslede te skakel oor moontlike oplossings oor hoe om hierdie kragonderbrekings te hanteer.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

antieklimaks ·

“die opsetlike beskadiging van infrastruktuur en kabeldiefstal wat talle inwoners deurlopend sonder elektrisiteit laat.” Watter tipe mens is jy wat sulke dinge doen? Is dit nie genoeg dat ons almal gebuk gaan onder skokkende wanbestuur en agteruitgang van alle dienste nie? Is hierdie dade nie gelyk aan stedelike terrorisme nie?

Watsenaam ·

Liewe antieklimaks, wat verwag jy van die honger werklose mense, hulle sal definitief nie met gevoude hande sit en doodgaan van die honger nie, die tyd het aangebreek dat die blankes in hordes die land gaan verlaat, of self tot sulke dade oorgaan. Blameer liewer die comrades in die parlement, vir die gemors. Sa jy nog dink ons bly in die paradys, maak jou oë oop.

TruthDealer ·

Ek dink nie Enigiemand behalwe die ryk, beskermde kaders dink ons bly in n paradys nie, Watsenaam. Daar sou ook veel minder honger werkloses wees as baie meer vd bevolking gesinsbeplanning toegepas het! Sommige mense dink mos hulle kan kind na kind na kind hê en alles moet uit die lug uit val. Hulle kan mos nou al vir dekades lank sien werk is skaars en kos is duur.

LIEZL ·

In Ethopia sit en gaan hulle dood van die honger. Daar is niks meer nie. So, ons moet maar net aanhou en uithou tot hier niks meer oor is nie?

TruthDealer ·

In my opinie Is dit terrorisme, veral met die elektrisiteit situasie in die land. The terrorists should be executed, fittingly, in an electic chair. Destabilise the county even further, cause dangerous and unlivable circumstances for the citizens? Then ride the lightning, pieces of rubbish! Get to Really meet some electricty, up close and personal. Ai ek wens gereeld ek was president.

Watsenaam ·

Presies, algehele anargie. Maar dit gaan nog erger word.

Jinksie ·

Ons was die naweek 2 dae sonder krag. Woon in die Oos Kaap. Dis nie agv storms ens die. In die crap hool se geval was dit die sleg munisipaliteit wat nie instandhouding doen nie. Ekt geen koerant berigte gesien oor die hool naby Oos Londen nie. Joburg moet regtig ophou kla.

Harley Davidson ·

Hulle weet die probleem is diefstal en vandalisme, wat gaan hulle aan dit doen gaan hulle meer sekerheid wagte aanstel gaan die polisie die probleem areas patrolleer, wat gaan hulle doen?

LIEZL ·

hoe meer loadshed, hoe meer diefstal. Hulle help net ‘hul’ mense met Loadshed

Waarnemer ·

Ag siestog!Johannesburgers hou op kla en doen die regte ding…STEM DIE A EN DIE C AANSTAANDE JAAR UIT!Solank as wat hulle regeer is ons krag situasie m..r toe.

Stoffeltjie ·

So kry ons almal ‘n beurt vir “unannounced” beurtkrag. Ons was ook 28 ure sonder krag waar ons bly in Bloemfontein. Van die ander woonbuurte ook. Of die opleiding van die mense is pateties, of hulle neem deel aan ‘n sloerstaking of die regering gee opdragte en die Raadslede moet ons troos.

Amelia ·

Die sulkes bly anc stem weet dan gaan daar niks aan hul gedoen word nie als word vir hul betaal en kry n maand of 2 vir straf maar intussen sterf mense en kinders oor dar nie krag is nie Hul moet lewenslandk kry (75 Jaar ) nie 2 maand e nie hoe werk ons regstelsel

LIEZL ·

Ons was 47ure aaneen af verlede week. Kabel Diefstal. Landelike gebiede word geteiken. Wes-Kaap. Dis maar net ‘n ander vorm van hoër fases wat ‘ingestel’ word. Ons is lankal op hoër fase, dit word nou net aan diefstal, beskadiging toegeskryf.

kristi ·

Hier word gepraat van Randburg en Lenasia spesifiek. Genade wat van die mense in Elsburg, Oos Rand, daardie mense is meer sonder krag as met krag! Party van daardie inwoners is al langer as 10dae sonder krag!
Meestal sonder enige terugvoering van hul sogenaamde vroulike Cllr! Met navrae aan haar, word hul summier van munisipale groepe af verwyder en op haar foon geblok.
Ek luister na stemboodskappe op n daaglikse basis, waar veral ouer mense op suurstof snak na asem terwyl hul desperaat antwoorde soek.
Swak beplanning, onderhoud, dienslewering, dit is wat aangaan.

Papsak ·

Baie maklik stem die anc uit volgende jaar maar nou kla our people harder as ons oor alles maar volgende jaar dan stem ons maar weer vir anc net n t.shkirt n keppie en n pakkie dan is saak reg dan stem ons weer vir korrupte anc regering

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.