Duisende kriminele klagtes teen polisie glo nie ondersoek

Die voormalige hoof van Opod, Robert McBride, getuig by die kommissie wat staatskaping moet ondersoek. (Foto: Bhekikhaya Mabaso/ANA)

Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) het glo meer as 600 klagtes teen polisielede in 2016 as “afgehandel” bestempel, voordat die klagtes behoorlik ondersoek is.

Dit volgens ʼn verslag wat Maandag deur die drukgroep Viewvinder bekendgemaak is. Viewvinder is ʼn nuwe joernalistieke groep wat hulle daarop toespits om hooggeplaastes aanspreeklik te hou vir hul wandade. Die sake wat Opod voortydig afgehandel het sluit in klagtes van aanranding, verkragting en marteling wat lede van die publiek teen verskeie polisielede reg oor die land ingedien het. Die verslag is gebaseer op verskeie verslae van die Openbare Beskermer wat terugdateer na 2012, asook getuienis wat Robert McBride, voormalige hoof van Opod, voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping gelewer het.

Volgens die verslag het Opod die sake voortydig gesluit om sy jaarlikse teiken vir afgehandelde sake te behaal en só befondsing van die tesourie te verseker. Daar is nooit opgetree teen polisiemanne wat in hierdie afgehandelde sake geïmpliseer word nie. Hierdie praktyk het glo reeds in 2012 begin posvat.

(Foto: SA Polisie)

Die verslag dui ook daarop dat slegs 531 (0,1%) van die 42 365 kriminele klagtes wat tussen 2012 en 2019 by Opod ingedien is, uitgeloop het op suksesvolle vervolging.

“Hierdie beweerde kriminaliteit het nie net die staat uit miljoene rande bedrieg nie, maar ook slagoffers en hul families van geregtigheid ontneem,” het Andrew Whitfield, die DA se skaduminister van polisie, Dinsdag in ʼn verklaring gesê. “Indien dit waar is, het Opod die parlement sowel as die publiek mislei.”

Opod ontken die bewerings, maar die DA vra dat die parlement ʼn volledige ondersoek hierna loods.

Die DA eis ook dat Victor Senna, waarnemende hoof van Opod, sowel as Robert McBride, voormalige hoof van Opod, vrae oor die bewerings in die parlement beantwoord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Pieter ·

Dit is hoe dit werk in afrika die skelm kyk na die ander skelm

Schalk ·

Hoeveel kommissies is daar sedert 1994 al aangestel teen watter koste.Bodemlose put van lieg.leuens .Kenmerk van Suid Afrika tans nee nee nee die onbevoegheid gaan my verstand te bowe .Julle kan kommissies aanstel en nog een om die kommissie te ondersoek en weer een om hom te ondersoek soustrein wat Nelson gesê het nie sal loop onder ANC regering nie hy het die waarheid gepraat.Sorry dis nie meer n trein nie maar spuit aangedrewe vliegtuig met n onbevoegde loots.Slaap rustig bokant die wolke.

Magda ·

Dis hoekom daar SANKSIES teen Suid Afrika ingestel meot word – want duidelik wil of KAN die klomp wat daar BO sit nie hulle werk doen nie, Doen dieselfde met “Die” regering as wat daar gedoen was in Apartheidsjare – SANKSIES OM REGVERDIGHEID TE DWING NA ALMAL IN SUID AFRIKA.

Pieter ·

Pieter, jy’s in die kol! een skuldige agter ‘n deur SOEK altyd ‘n ander skelm daar.

Sarel ·

So word ook om gegaan met klagtes tov swak dienslewering aan die SAPD.

Jerry ·

Dit klink vir my positief genoeg om nie te gly nie, maar om te bly. Met sulke kaders kan n mens n rustige veilige pad stap in SA!

Heksie ·

Ja wat, so kyk die korrupte lot uit vir mekaar. Maar o weë as jy blank is kan jy maar weet jou “walking papers” is reeds geteken.

emily ·

@Heksie, Jy slaan die spyker op die kop.
Ek is jammer om te se, maar ek vertrou nie die polisie nie, een is meer corrupt as die ander, Ek hoor en sien so baie hoe word bribes gevra, en jy kan niks doen nie, More word jou lyk aangetref.
Bv. Dronk bestuurders word afgetrek, Idioot vra n paar rand, kry dit, want dronkie wil nie tronk toe nie en wow daar gaan die dronkie, net om n paar blokke verder iemand se lewe te verwoes.

Chris Fourie ·

Ek het ook al verskeie kere klagtes ingedien teen die Polisie maar kry geen terugvoering nie en Polisielede word nie aangekla nie

Chris Fourie ·

Ek was self in die SAP, Verkeer en Metro Polisie en vertrou nie vandag se uniform draers nie.

jakes ·

Watter staatsdepartement in SA is nie vrot van bo tot onder nie? I rest my case.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.