Duisende kwalifiseer outomaties vir NSFAS-befondsing

Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling, Dinsdag (10 Januarie 2017) tydens 'n mediakonferensie in Pretoria. Foto: ANA

Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling, Dinsdag (10 Januarie 2017) tydens ‘n mediakonferensie in Pretoria. Foto: ANA

Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling, het Dinsdag gesê duisende leerders, wat maatskaplike toelae van die regering ontvang, het vrystelling gekry om hul tersiêre studies voort te sit.

“Hierdie uitslae is baie belangrik, omdat dit wys 83% van die begunstigdes van maatskaplike toelae kom in aanmerking om hul studies voort te sit deur ʼn diploma of ʼn graadkursus te voltooi,” het Dlamini tydens ʼn mediakonferensie in Pretoria gesê.

“Ondanks ons weerlose kinders se omstandighede, het 41% van hulle daarin geslaag om vrystelling te kry om vir ʼn graad te studeer.” Sy het gesê die meerderheid van hierdie leerders kom van KwaZulu-Natal en Gauteng.

“Hierdie inligting is van kritiese belang, veral met betrekking tot die nasionale finansiëlehulpskema vir studente (NSFAS), aangesien hierdie studente outomaties kwalifiseer vir befondsing om hul studies by naskoolse instellings voort te sit.”

Sy het gesê aangesien hierdie studente nie ʼn middeletoets hoef te slaag om in aanmerking te kom vir NSFAS-befondsing nie, behoort daar geen struikelblok te wees wat hierdie leerders verhoed om hul gekose beroepe na te jaag nie.

Dlamini het gesê van die 674 620 voltydse matrikulante wat verlede jaar vir matriek geregistreer is, was 188 758 begunstigdes van maatskaplike toelae. “Uit hierdie groep het 178 411 toelaagbegunstigdes hul eksamens geskryf, dus 95%. Dit beteken meer as 10 000 het skool verlaat voordat hulle hul eindeksamen geskryf het. Ons sal die redes vir hierdie uitvalkoers ondersoek,” het sy gesê.

“Ek is ook bly om aan te kondig meisies gaan voort om al die geleenthede wat die regering hulle bied, aan te gryp. Altesaam 112 409 van die maatskaplike toelaag-ontvangers wat matriek geskryf het, is meisies. Dit is vir ons baie kommerwekkend dat [slegs] 66 002 seuns was.”

Die departement van maatskaplike ontwikkeling betaal maandeliks, deur die maatskaplike sekerheidsagentskap (Sassa), R11 miljard se maatskaplike toelae aan “die weerloostes en armstes” in Suid-Afrika uit.

“Elke maand ontvang meer as 12 miljoen kinders maatskaplike toelae. Dit is die belegging wat die belastingbetaler, deur die Suid-Afrikaanse regering, in die toekoms van ons kinders maak,” het Dlamini gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Jan maak n Plan ·

Sy lyk soos die rooioog CEO van die SABC. Groot partytjie moes bywoon.

Scalla ·

Die gesigsuitdrukking weerspieel die kommentaar oor die belegging wat gemaak word.

Bollie ·

Daarsy laat waai .. is daar plek vir almal? Is hulle gekeur vir die rigtings, is daar PLEK vir almal in hulle studierigtings? NEE, so daar kom die tweede struikelblok en ALMAL gaan toegelaat moet word want hulle kan mos nou almal dokters word VERNIET .. hier kom groot bollie.

gert ·

Is sy kwaad dat die kinders opgelei gaan word? Kon vriendeliker gelyk het. Ja Johan sy lyk bek-af-ste.

Bach ·

Dis sy wat duisende rande in een nag in ‘n hotel in Natal geblaas het.

Janneman ·

Eish kameraad, jy het die stukkie statistiek van die hoeveelheid wat uiteindelik graad gaan vang vergeet.

John ·

Nee, sy’s moontlik kwaad omdat Zumamma nie almal se geliefde presidentskandidaat is nie, want dan sal die geldjies eers uitgedeel word… of… dalk wou sy self benoem gewees het… sy hou hoeka van die podium…

Alida ·

Wonder hoe kan daai vrou n minister wees. Vergelyk ons ministers met die oorsese ministers dan lag die wereld vir ons.

Han ·

Hoë standaarde bestaan lankal nie meer in hierdie land nie, om net ‘n paar te noem: gesigsuitdrukkings, kleredrag, Engelse uitspraak (!), gebrek aan: gesonde verstand, moraliteit … en so kan jy aangaan, ad infinitum! Kry wittes enige finansiële bystand? Daar is talle van laasgenoemde wat net so swaarkry.

blommie ·

Dit is die grootste visioen wat ek nog ooit gesien het. Speel my oe met my parte?

Theo ·

Biksement; sy lyk so bek-af, miskien is dit tyd vir n werksverandering. Sy kan altyd kom patats plant op die plaas.

Jan ·

Casper, ‘n wit ene en die res van sy maters het ons in Ghostbusters gesien

Jordaan ·

Wonder hoeveel van die sou kwalifiseer as die punte nie bekook was nie, en ook hoeveel gesinne is daar waar die toelaag onwettige ge-eis word.

Bokkie ·

Dit wat almal kwytraak laat my omtrent lag en maak sommer my dag.Hou daarvan om almal se goed te lees.

Schalk ·

En sou daar dalk ras gewys persentasies van diegene beskikbaar wees wat kwalifiseer vir die toelaes. Sou nogal interessant wees om te sien wie van die belastingbetalers dra die meeste by tot die fonds.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.