Duisende laat hul stem hoor teen plaasaanvalle

Argieffoto: Lorraine Claasen

Die DA sê hy het duisende handtekeninge ontvang van bekommerde landsburgers wat daarop aandring dat pres. Cyril Ramaphosa onmiddellik moet optree om plattelandse gemeenskappe te beskerm.

Die DA het verlede week ʼn veldtog van stapel gestuur deur dié petisie op te stel in reaksie op die vlaag aanvalle op plase en kleinhoewes landswyd. Ina Cilliers, woordvoerder vir die DA, sê altesaam 184 plaasaanvalle en 20 plaasmoorde het reeds vanjaar plaasgevind.

Volgens Cilliers was die meeste van hierdie aanvalle in Gauteng met 51 voorvalle. Sy voeg by teen die einde van 2018 was 29 000 veediefstalsake in Suid-Afrika aangemeld. Veediefstal kos die land miljarde rande en eis sy tol op die landbou‑ekonomie. ʼn Studie deur Unisa oor landelike veiligheid het bevind R1,3 miljard word jaarliks aan veediefstal verloor.

“Die toenemende aanvalle op ons plattelandse gemeenskappe is die gevolg van ʼn gebrek aan politieke leierskap. Die regering se landelike veiligheidstrategie is ʼn klaaglike mislukking, want die polisiestasies in die landelike gemeenskappe wat die ergste deurloop, het te min personeel en hulpbronne. Die SAPD is toenemend minder in staat om landelike gemeenskappe te beskerm,” het Cilliers gesê.

Sy het daarop gewys dat boere nie net voedselsekerheid bied nie, maar ook werksgeleenthede skep en tot die land se BBP bydra.

Cilliers sê om die plaasaanvalprobleem op te los, moet verskeie dringende ingrypings gedoen word, insluitend:

– Landelike veiligheidseenhede moet weer op die been gebring word en behoorlik toegerus word;
– Innovasie in nuwe tegnologie soos hommeltuie, ShotSpotter en geo-omheining moet dringend ingestel word;
– Die SAPD moet landelike misdaad as prioriteitsmisdaad verklaar en aparte en akkurate statistiek hiervan byhou;
– Die polisiereservisteprogram in plattelandse gebiede moet behoorlik geïmplementeer word met ʼn toegewyde poging om boere, plaaswerkers en plaasbewoners te werf en op te lei.

Cilliers het ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om hul stem te laat hoor deur die petisie te onderteken wat binnekort aan die president oorhandig sal word. “Voedselprodusente is ʼn nasionale bate en hulle kan nie werk as hulle nie veilig is nie. Ons landelike gemeenskap is onder beleg. Ons moet nóú optree.”

Die DA hoop om 20 000 handtekeninge op die petisie te kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

111 Kommentare

PJ ·

Snaaks die DA skrik nou wakker taamlik stil gewees in die verlede of dink hulle hulle gaan stemme terug kry ek glo nie so hulle mos reeds hulle ware kleure gewys onthou Shweizer Reineke ?

Pop ·

Hoe sien ek nou geen kommentaar hieroor nie. ? Dalkies oor dit nou die DA is wat plan maak en nie die FV nie?? Ek wonder net. Dankie DA, ek sal daai petisie teken, en as die klakouse oor julle nou net dit bietjie eenkant toe skuif en ook maar teken sal ons ver oor die 20,000 kry.

Johann M van Heerden ·

Daar klim die DA ook op die wa. Ek kla egter nie en verwelkom dit. Eerder laat as nooit. Hoeveel politieke opportunisme is dit na die groot skrik. ‘Politicians are like a bunch of bananas, they hang together, are all yellow and there is not a straight one amongst them’.

Dawid Bestbier ·

Net ‘n korreksie. Die DA soek 200,000 ondersteuners vir die petisie; nie 20,00 nie!

Chris ·

20000…. Dog hier is 60 miljoen plus mense in die land. Los maar liewer ons sal self regkom.

d meyer ·

Rassistiese aanvalle bly rassistiese aanvalle, of dit nou swart op wit plaasaanvalle is en of dit nou aanvalle deur swart DA openbare verteenwoordigers op wit minderjariges by die Waterfront is. Dan praat ons nie eens van aanvalle deur swart DA openbare verteenwoordigers op die integriteit van wit onderwyseresse nie. Vetrou die DA? NOOIT !

JP ·

Die DA beweeg nou in die regte rigting, alhoewel biedjie laat, maar ons sien darem nou beweging

Johan ·

Die VF+ baklei nog al die pad oor die plaasaanvalle. Ek is bly die DA het nou ook met ‘n meer positiewe rol na vore getree. Maar ek stem nog steeds vir die VF+

Anoniem ·

Hoop iemand doen nou drasties iets optrent hier aanvalle en morde

Andreas ·

Wonderlik! Dankie Solidariteit, Afriforum en die VF Plus, dat julle die skroewe so aangedraai het dat die DA ook nou die lig begin sien, wel éintlik om te keer dat hulle nie meer ondersteuners verloor nie. Nou moet Cyril en die ANC ook nou nog net volg.

Andreas ·

Aha, nou moet die DA nog net moedertaalonderrig met ‘n passie ondersteun en hul stem sommer ook teen Lesufi met ‘n magtige dreuning laat hoor. As hulle ook veg vir Afrikaans, kan die hele klomp dan maar netsowel oorgaan na die VF Plus. Wel, amper daar: Plase/boere veiligheid + moedertaalonderrig + Afrikaans = VF Plus.

piet piet ·

En moet nie vergeet van diskriminerende wetgewing teen die wit minderhede nie.

Blue Butterfly ·

@smurfie in die artikel 2de laaste paragraaf is in blou gedruk “om petisie te onderteken”. Klik daarop en voltooi.

Jerry ·

Die VF en die se lede moet ook die petisie ondersteun ten einde getalle te gebruik om binnelandse druk op die regering te plaas. Hierdie petisie is in almal se belang en sal n goeie aanduiding wees om te sien of politieke groeperinge aan dieselfde kant van die draad kan saamstaan in terme van gemeenskaplike belang!

Gaitsigubib ·

Korrek Jerry, maar as Afriforum n veldtog in die buiteland van stapel stuur het jy skerp kretiek. As Steve H iets se wil jy vlou word, hoewel jy nie spesefiek se wat hy se wat nie akuraat is nie. Hierdie veldtog trek ook die aandag na die Afrikaner. As mense iets doen omdat jy deur jou gewete gedryf word dan doen jy mos die regte ding, of het die hele lewe politieke spelietjies geword terwyl onskuldige mense elke dag sterf?

Johan ·

En as jy die petisie teken kry jy epos om aan te sluit by die DA????
Sopas agtergekom
Hulle lok mense om vir hulle te stem.

Johan Swart ·

57 moorde per dag.
20805 moorde per jaar.
Statistiek 2018.

Hoeveel moorde per dag van die 57 is plaasmoorde?
.
.

chrisjan ·

Johan wat wil jy nou eintlik se?Kom ek vra ‘n ander vraag :Hoeveel dra ‘n boer by tot die land se ekonomie teenoor byvoorbeeld ‘n stads/dorps bewoner?Wie voorsien die winkels van melk,brood,vleis mieliemeel,All Bran Flakes, ens ,ens ,ens?Die stadsbewoner?Hoeveel werk skep een boer teenoor een dorpenaar gemiddeld?Ek vra maar net.

D Meyer ·

Gebruik jou verstand. Deel 20800 deur 50 miljoen en dan deel jy 70 deur 25000 en kyk wat die verskil is. Maar nouja, daar is nie medisyne vir domgeit nie.

T ·

Johan Swart vra liewer hoeveel van die moorde was wit op swart? Plaasmoorde is ALMAL swart op wit! Dis waar die verskil inkom. En ook hoeveel moorde was martel moorde binne jou eie huis???

zoom zoom ·

Hoekom nou. Voor die verkiesing kon DA nie ‘n woord spreek oor plaasmoorde maar nou soek julle witvoet. Baai Baai DA . Kop in eenmus met ANC

Kobus ·

Waar val die DA nou uit. Hoekom het die veldtog nie lankal in aanvang geneem nie. Oor twee jaar weer verkiesing vir Plaaslike en Munisipale strukture. Laat my dink

Zenithia ·

Kom almal van ons hou op klippe gooi. Ons kan tog so vasklou aan negatiwiteit! !! Staan saam….BAIE BAIE DANKIE DA, VF, AFRIFORUM….AL WAT ONS MOET SÈ!!!!!!!!!!

Francois ·

Hul moes LANKAL REEDS só petisie geloods het. Maar ja, eerder laat as nooit.

Kom grootbek VF+, waar is julle nou???! Wat het geword van “terugslaan”? Gooi asb julle gewig hieragter. Saam kan ons dalk iets uitgerig kry om hierdie nonsens stop te sit.

Kerneels ·

Ja, maar NIE met daai beledigende houding nie, Francois.

Skepties ·

Francois – DA is die wolf in skaaps klere, wees maar versigtig hoor?

piet piet ·

Was dit nie vir die VF+ nie sou die DA doodstil gebly het hieroor ,laat Maimane opstaan in die parlement en kla oor plaasmoorde as hy regtig die wil het

Werner ·

Die DA is mosterd na die maal daar sal dadels van kom dae van tyd mors met petiesies is laankal verby die regering lag dit af DA moes twintig jaar terug wakker geskrik het dis toe plaas aanvalle kwaai begin eskaleer het hulle wil maar net die naiewe spul blanke DA ondersteuners weer wol oor die oe trek

Judge Dredd ·

Die DA fanboyz preek nou weer saamstaan/samewerking.
Soos ek altyd vra saamstaan met wie en wat?
Die DA? Sodat hulle Afrikaners maar net weer kan verraai? Jy is lekker laf ne?
Selfs ‘n donkie stamp sy kop net eenkeer teen dieselfde tak.

Ja ons moet saamstaan – maar hierdie keer moet DA fanboyz met die VF+ saamstaan.

Ai. ·

Dankie DA…Kyk ek sal nie vir jul stemnie na jare wat jul nie vir die blanke opgestaan het nie maar as jul so aanhou wys jul staan regtig vir blankes se regte ook sal dinge miskien in die toekoms verander…..Jul is dan een van die min partye wat wel n woord spreek teen plaasaanvalle en daarvoor is ek opreg dankbaar…

Pensioenaris ·

Julle is ook nooit gelukkig nie. Kla oor plaas moorde en as iemand iets probeer doen kla julle ook. Teken net die petisie en bly stil asb.

Zenithia ·

Ek stem. Wees dankbaar die party wil nog help!!! Hou op so freaken negative wees????????????

wet ·

as hulle dit doen slegs om stemme te werf gaan niks daarvan kom nie. So dis nie negatiwiteit nie dis slegs realisme. Dis hoe politiek werk.

ne ·

cr is doof! VF+ het behoorlik hulle saak gestel maar anc WIL nie hoor nie. Hulle is in beheer van al die plaasmoorde.

Abe ·

ne,
Om te se dat die ANC verantwoordelik is vir plaasmoorde is blooteenvoudig net nie waar nie. Dit is nog nooit bewys nie en nie moontlik om aan te toon nie.

piet piet ·

ABE,indirek is hulle verantwoordelik ons betaal almal belasting maar as dit by wit minderhede kom dan diskrimineer hulle openlik teen ons hulle weet die boere word uitgemoor en hulle weet ook wie verantwoordelik is en doen niks ,wat dink jy sou hulle doen as die boere swart was en die aanvallers wit.Ons soek nie spesiale behandeling nie net regverdigheid na 25 jaar se vergelding.

Abe ·

piet piet,
Wat wil jy he moet hulle doen? Wat wil jy he die ANC moet doen om jou te oortuig dat hulle plaasmoorde wil stop? Stel iets voor wat enige ander party ook nie maar kan doen nie.

Andreas ·

Abe, dis voordiehandliggend, baie maklik, behandel hulle betreffende veiligheid soos mense in stede, of dat hulle hul bekommernis uitspreek soos hul met Moskee gedoen het en spesifiek ondersoek daar laat doen. Die maklike is, bring die kommandos terug. maar jy weet, die groot probleem soos met onderwyskolleges en, weet jy, ek kan nie aan ‘n uitsondering dink nie, het hulle als uit die verlede afgebreek. Waarom dink jy wil hulle nou superstede bou? Want, vandag se dorpe en stede is te klein en is nie meer ‘n uitdaging vir die afbrekers nie.

piet piet ·

ABE,ek dink n goeie begin is om te erken dat daar n probleem is dan kan dit aangespreek word maar vir die Presedent om dit oor nasionale tv te ontken gaan nie help nie.

lewies ·

Watter finansiele implikasies hou dit vir die regering en belastingbetalers in as hulle plaasmoorde as ‘n priotriteitsmisdaad verklaar?. Dit is nog strukture wat gevestg moet word. Hulle kan nie eers munisipaliteite se finansies onder normale omstandighede bestuur nie, hoe wil jy nog ‘n veilgheidsplan vir die platteland bestuur. Basiese dienste word gebrekkig gelewer en in sekere gevalle nie eers gelewer nie. “OPLOSSING” “Privatiseer die hele spul en laat hierdie instellings soos maatskappye funksioneer. Dis te gevaarlik om eers daaraan te dink om weer ‘n kommando-stelsel in te stel, wat onder toesig van ons huidige weermag moet funksioneer. Die boere sal nie meer weet wie is vriend of vyand nie TRAGIES!!!

Nel ·

Die polisie is gou om taakspanne op die been te bring om vragmotormisdaad op die landspaaie te voorkom, maar plaasmoorde suig aan die agterspeen…??

HEVW ·

Hoe minder mense politieke partye behep is en meer gemeenskskapbewus is hoe minder fel sal daar verdeeldheid polarisasie wees, en sal ons tot groter eenheid kom ongeag of ons Jood, Griek. Engelsman of afrikaner is. Ons vind Zuma se uitlating verregaande dat die anc belangriker as die land is, maar ter selfder tyd sit ons in dieselfde boodjie. Een van ons grootste probleme in ons geskiedenis was dat die destydse NParty tot volksgod verhef was.

Sirkus ·

Kan mense dalk saam staan. Hou op so aanvallend wees. Ek het nie DA gestem, maar ek gaan die petisie teken. Baie mense sê in antwoord op artikels in MM, wat kan ons doen? Kan ons nie iets doen nie ?? Nou is jou kans om iets te doen. En al kyk CR nie na die petisie ….. weet dan in jou hart, jy is ook een van daai handtekeninge.

hendrik ·

Daar sal niks van kom nie!
Indien ramaposa iets doen, nie oor 20 jaar nie, maar nou, dan sal ek erken dat ek verkeerd was.

Boela ·

Wanneer gaan die mense besef hulle moet hulle self beveilig, niemand anders gaan dit doen nie

kolla ·

DA behoort verder te kom as VF+ wat klaaglik tot dusver met hul pogings misluk het. In elk geval, dis in lands belang dat enige poging gesteun word al kom dit ook van watter party. Ek is vol vertroue dat die DA iets sal regkry hier want hulle doen en praat nie net nie soos ander nie.

piet piet ·

Ek wonder of die DA ook diskriminerende wette teen die huidige benaadeelde minderhede goedkeur of hulle misnoë te kenne gaan gee deur n petisie, kom ons kyk.

Cherokee ·

kolletjie, die DA het ook nie ver gekom met die Schweizer-Reneke se Elana Barkhuizen nie. Hulle het wel ver gekom met regstellende aksie, maar dit het Eskom bankrot gemaak. Selfs Patricia De Lille het gekke gemaak van hulle. Hulle kan nie eens ‘n geveg wen teen Helen Zille nie.

kolla ·

DA steun regstellende aksie om ongeregtighede van apartheid aan te spreek soos alle ander partye (behalwe die apartheidontkenners, VF+). Daar gaan geen petisie hieroor wees nie.

Andreas ·

kolla, praat jou frustrasie … reg so, raak ontslae daarvan.

Anton ·

Hoekom nou eers? Vir die offisiele opposisie gans en ver te min en laat. Jare te laat. Nou dat hulle kiesers verloor en die veldtog teen boere begin traksie kry in oorsese media…word daar nog steeds nie vrae oor die situasie in die parlement deur die DA gevra nie.

Johanna Botha ·

Vertrou die DA om in een of ander bekgeveg betrokke te raak …hulle boer agteruit omdat die leier te lig in die broek is ….presies wat van die poletieke ontleders ook se ! Kry iemand wat kan werk met n teenwoordigheid ! !

piet piet ·

Ek sal die petisie definitief teken maar die DA flous my gladnie ,hulle het gesien hulle gaan meer kiesers verloor nou n power probeerslag,hoekom maak die leier mnr Maimane nie n volledige toespraak in die parlement oor plaasmoorde, diskriminerende wette teen wit minderhede nie as hy dit doen sal ek weer glo die DA is opreg in wat hy doen.Ek daag jou mnr Maimane.

Michael von Mallinckrodt ·

chrisjan,
wat wil jy nou eintlek se? Plaas jy die lewe van `n plaasboer hoer as iemand wat in die dorp woon. Net omdat hy die mense met voedsel versorg?!? Die rede is ´n bietjie vlak. as daar nie mens in`n dorp is nie kan ´n boer ook nie sy voedsel verkoop nie. en as die dorpenaars geen toerusting vir die landbou ontwikkel en bou sal die boer ook maar sukkel.
Dit maak nie saak of ´n boer of ´n dorpenaar vermoor word. dit is in elk geval een te veel.

D Meyer ·

I think you dont understand the context of farm murders in South Africa. That is probably the reason for such an ignorant comment.

Tryna van Niekerk ·

Stop brutal killings of whie farmers in South Africa

TN ·

Die regses kla as die DA nie iets doen nie en kla as hulle iets doen ook __ die boodskap is duidelik dit is ‘n lot verveelde nie-denkende sopkoppe wat nou bitter ontevrede is ; die DA doen iets en die ” slaan terug ” brigade is verseker van hulle salarisse vir die volgende 5 jaar __ hulle kan en sal niks probeer nie en nog minder regkry !

Deon ·

Die meeste Afrikaners is van kla aanmekaar gesit. Dit sal sal nooit verander nie.

wet ·

tipiese liberale siening om enige iemand wat met kritiek na die DA te kyk as regs te klasifiseer. As julle aan julle neuse gelei wil word dmv politieke taktiek, gaan dan voort, maar moenie met minagting neerkyk op mense wat nie die DA vertrou nie

kolla ·

DA is mos die VF+ en hul lede se grootste vyand. Die retoriek teen die DA het vir die VF+ in hierdie verkiesing gewerk maar hulle gaan hul gaaie hieroor sien op die langtermyn, watch this space.

George in Bloem ·

Ramapocchio en die res van die ANC/EFF/BLF bendes voel vere.Inteendeel…..Punt.

Abe ·

Juanita,
Juanita se kommentaar is die beste raad: Ek sou net by haar punt no. 3 wou byvoeg dat geen moeite en geen finansiele koste ontsien moet word om die punt (no. 3) te implimenteer nie. Gaan lenings aan, dompel jouself in die skuld maar kry die beste en mees gevorderde sekuriteit stelsels wat moontlik is. Lees ook wat Boela hierbo se: diswyse raad.
Ek wil byvoeg: Soos Adam hierbo se moet enige inisiatief wat plaasmoorde beveg, of probeer beveg, gesteun word. Ook hierdie petisie.

Adam ·

Enige aksie om plaasmoorde te stop, ongeag deur wie dit geloods word, behoort gesteun te word. Terloops, die VF+ het nou al oor ‘n lang periode gewys en bewys dat hulle nie eens ‘n duik in ‘n bak roomys kan slaan nie. Die verregses kan gerus meer dankbaar wees.

piet piet ·

Hoekom word daar verwys na die VF+ as n verregse groep in eerste wêreld lande word die minderhede beskerm deur die staat,in sa word gediskrimineer teen minderhede met reg maar na 25 jaar moes dit al gestop het ,die VF+ is n party wat na die minderhede se belange omsien,hulle is nie n rasistiese party nie dan sal Pieter Marais nie gestaan het vir weskaap premiers kandidaat nie.

Adam ·

Piet piet, die VF+ is gewis nie in my opinie verregs nie. Alhoewel ek na beide verwys is daar geen verband nie.

Oujongvrou ·

Ek raak elke keer naar as ek wittes se kommentaar moet lees. Ek MOET dit lees, net om aan myself te bewys die mense sal hulself in die voet skiet eerder as om hulle verstand te gebruik. Hier gaan die DA se beste (en enigste, van al die partye) ook klei trAp. Daar gaan geen niks van kom nie. Hoekom nie, want my nasie kan nie net een keer saamstem of staan nie. Nee nou sleep hulle taal en allerhande ander drek ook by, pleks dat hulle die DA loof al is dit net ter wille van ons stomme boere. Witmense verdien die ANC aan bewind.

piet piet ·

Een vraag ,ek neem aan die DA is jou party wie is tweede in beheer van jou party ,ek wed jou jy weet nie en as jy dit nie weet nie hoe weet jy wat hulle beleid is.

Andreas ·

Wawawag so biedjie, jy is heeltemal die klits kwyt, nie nodig om naar te raak nie, almal hier sê hulle gaan saamstaan en die DA se petisie teken, hulle sê net hulle gaan nie by die DA aansluit nie en hulle vra ook vrae waarom die DA nou eers, na hulle hul rug op Afrikaans en die grondkwessie gekeer het, hierdie veldtog van stapel stuur.

Tokkie ·

Almal moet die petisie teken – dis die minste wat ons kan doen sodat die wêreld se oë kan oopgaan

Karma ·

Tyd dat boere weier om produkte te lewer aan markte o gits nee dit gaan oor hoevl geld hulle gaan verloor eks gatvol vir ruggraatlose wit nasie ons verdien wat ons kry

Abe ·

Karma,
Karma is n heidense spookagtige afgod-ding wat geen regdenkende mens hom aan moet steur nie. Hoekom kies jy dit vir jou noemnaam?

Dries du Toit ·

Hoe op dese aarde vertrou n mens nou n party wat absoluut vir politieke gewin nou eweskielik plaasmoorde priotiseer. Ons is al so vuisvoos dat ons dit verwelkom al is dit skynheilig. Liewer laat as nooit. Ons se tog maar dankie DA

ATLANTIS ·

Ek sien vandag n foto op Google van n vrou op n hospitaal bed met net drie tone, ek dog toe sy is n diabeet, maar toe ek die opskrif lees moes ek uit vind dat haar tone met n byl in plaas aanval afgekap is. Hoeveel keer moet Ek so iets lees voordat Ek sal se genoeg is genoeg? MISKIEN IS EK DIE PROBLEEM WANT EK DOEN NIKS DAARAAN NIE.

wet ·

Dit is meer ingewikkeld as dit. Daar is tans ‘n guerilla oorlog wat teen die boere geloods word. By verre is die meeste aanvalle ‘politiek’ georienteerd agv die propaganda wat in die jeug se ore geblaker word. Dit is waar die probleem le. Die regering sal teen hulle eie propaganda taktiek moet praat as hulle plaasmoorde wil stopsit

Juanita ·

Signing a piece of paper won’t stop murders. Farmers who are miles from police whose response could be iffy, must create their own security. Use no 1 The workers, no 2 Neighbouring farmers & no 3 Hire extra guards. Trust & cooperation among 1,2 & 3 essential

ADT ·

DANKIE DA. Oujongvrou se ons moet saamstaan . Dit is reg die DA begin nou saam staan uiteindelik

Blue Butterfly ·

Ek gee nie om of die inisiatief oor hierdie petisie vanaf die DA, ANC, VF+ of die mannie op die maan kom nie, sit asb julle politieke sienings opsy en teken net die verdomde petisie. Dit gaan oor die MOORD op boere!!!

Thys ·

Waar kry jy di petiesie forms of waar kan jy jou stel ook laat tel, ek sal beslis my stem bygooi en het vriende wat ook sal wil teken kan enige iemand my dalk help daarmee

Abe ·

Thys,
Daar is n skakel in die berig: blou gedrukte letters:
“petisie te onderteken”
Klik daarop – vul vorm in – stuur in.

Waarheid ·

Nou skielik?
Julle is n bietjie laat want as julle vroeer opgetree het sou lewens gespaar gewees het.

smurfie ·

Abe, dit maak nie saak watse email adres ek intik nie, dit bly vir my sê invalid email adress.
Tel my stem dan nogsteeds?

kolla ·

DA is die ENIGSTE party wat al ‘n optog na ‘n landdroshof gehou het na ‘n plaasmoord. Hulle het reeds meer oor plaasmoorde gedoen as VF+ wat net moan en nog niks daadwerkliks gedoen het nie.

piet piet ·

Kolletjie voel vry om by die VF+ aan te sluit ,ek kry die gevoel jy is diep teleurgesteld deur die DA en nou soek jy n plekkie waar jy ook kan inpas,jy sal met ope arms ontvang word.

kolla ·

So jy erken eintlik dat die VF+ se pogings ‘n absolute mislukking was. Hoekom blameer jy nie hulle vir hul swak pogings nie baie lewens kon al gered gewees het.

Andreas ·

kolla, ek sê weer, praat jou frustrasie, dis reg so, raak ontslae daarvan …..

chrisi ·

Wat het punt nr 3 met die optrede teen misdaad te doen. Hulle vernietig net als
“Increased access to health, social support and education must be ensured for farmworkers and dwellers. This is a fundamental human rights issue.”

Andreas ·

Ek sal ook baie graag die demograe van die DA kiesers wil weet, van so jaar gelede teenoor vandag, juis waar hulle nou skielik vir die boere begin opstaan. Ek lees nou die dag van ‘n baie bekende boer, sy naam is alom bekend, soos per Herman Toerien berig, wat op die kommissie gedien het en wat aanbevelings vir CR oor plaasonteiening gedoen, het hy na die tyd by die VF Plus aangesluit.

Arno Scheepers ·

Julle mors julle tyd en energie, cyril gee nie n blou duit om vir Blanke Boere nie.
Spandeer julle energie op selfverdediging.

Jerry ·

Almal van ons het klaar gepolitiek en gestem vir die party van ons keuse. Dit is dus nou die tyd dat politiek tweede viool moet speel en dat ons enige inisiatief wat in ons beste belang is ondersteun, hetsy dit die VF of die DA is.

Mike_O ·

DA het liederlike pakslae van VF+ gekry in verkiesing as straf. Nou ewe skielik is plaas veiligigheid vir hulle belangrik. Wat ‘n klomp “BS” ers. Jy moet regtig van jou kop af wees om hulle na enige waarde te skat. en sowaar weer agter hulle aan te kruip.

emily ·

CR en polisie gaan NIKS doen nie mense, Waar gaan die bribes dan vandaan kom.

Judge Dredd ·

Ek sien sekere liberales wil maar net nie erken dat hul ‘n fout gemaak het om vir die DA te stem. Nou val hulle weereens die konserwatiewes aan wat nou al soveel maal korrek bewys is.

Nel ·

kolla ek’s saam met jou bly dat die DA begin bykom, maar wie dink jy het plaasmoorde en grondonteiening met volgehoue aksies onder die internasionale gemeenskap se aandag gebring? Beslis nie die DA of enige ander party waarvan ek weet nie.

VanAfrika ·

Hierdie stunt is nou net om stemme te werf. Nie een keer het ek Miamane gesien Cyril aanvat oor plaasmoorde soos oom Groenewald dit in die parlement doen nie. Reg op die man af vertel hy hom van die plaasmoorde. Nee wat, my stem bly by FF+ DA skrik nou wakker omdat CNN, Skynews dit uiteindelik nuus gemaak het, nou wil hulle die krediet vat dat hulle n petisie lys opgestel het en duisende stemme gewerf het.

TN ·

Die DA het al optogte teen plaasmoorde gereël toe groenewald nog gelê en poep ruik het ! Hou aub op lieg !

Ouma ·

Ek lees al die kommentare en sien hoe mense aangaan, Hoekom nou DA en VF word wakker en ek stem nie DA nie. Wie gee om vir wie jy stem. Die DA het iets goeds begin deur ‘n petisie op te stel teen plaasmoorde an aanvalle (rather late that never) Deur nie die petisie te teken nie ondersteun julle eintlik plaasmoorde en aanvalle. Maak nie saak vir wie jy stem nie teken die petisie en moenie ‘n draadsitter wees nie.

Adri ·

Ek dink ek moet vir die arme DA stem want wie anders gaan dit in 2024 doen. Die arme Moesie doen so sy uiterse bes. Moesie, ek dink dis te min te laat, ek kry jou so jammer.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.