Duisende leerders nog sonder plek in Wes-Kaapse skole

skoolskoene-2

Argieffoto

Teen einde Januarie was daar 6 027 leerders in die Wes-Kaap wat nog nie in ʼn skool in dié provinsie geplaas is nie.

Debbie Schäfer, Die Wes-Kaapse LUR vir onderwys, sê in ʼn verklaring hoewel die departement elke dag leerders plaas, dat laat aansoeke steeds instroom.

Volgens Schäfer het 1 077 927 leerders ingeskryf om vanjaar vir die eerste keer by ʼn skool in die Wes-Kaap skool te gaan. Dit beteken dat die provinsiale departement van onderwys vanjaar 16 848 meer inskrywings as die vorige jaar ontvang het.

“Die feit van die saak is wanneer ons die leerders wat klaar geplaas is en die leerders wat nog geplaas moet word in ag neem, ons byna 23 000 meer leerders in Wes-Kaapse skole het as verlede jaar.”

Volgens Schäfer sal daar dus vanjaar nog 23 skole gebou word om al dié leerders te akkommodeer. Dít is egter onmoontlik wanneer die departement se huidige begroting en die land se benarde fiskale toestand in ag geneem word, sê sy.

“Ons kan eenvoudig nie tred hou met die vraag na skole nie en die situasie gaan waarskynlik nog erger word omdat die regering meer van ons begroting sny om geld na SAL en Eskom te herlei.”

Volgens Schäfer het die departement reeds 70 bykomende klaskamers beskikbaar gestel en verskeie leerders sal in die komende week in dié klaskamers geplaas word. Talle leerders moet ook nog getoets word om te bepaal of hulle spesiale behoeftes het. Indien dié leerders uit hoofstroomskole verwyder word, sal dit ʼn paar plekke in skole beskikbaar stel. Dié bykomende plekke sal egter nie noodwendig beskikbaar raak waar die grootse vraag na plek is nie.

“Ons kan net hoop dat die nasionale regering sal besef dat gehalte-onderwys vir elke leerder in die land ʼn nasionale prioriteit moet wees en dat dít ʼn baie waardevoller belegging as korrupte staatsentiteite is,” sê die LUR.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jims ·

Die 23 skole gaan vanjaar gebou word (soos in definitief) maar in dieselfde asem noem sy dat dit onmoontlik is. Nou hoe gaan dit gebeur as dit onmoontlik is?

Niné ·

Sou liewer wou sien dat daai biljoene wat aan SAL “geskenk” was, skole, hospitale en huise mee gebou was. Ai toggie ons hande is afgekap as dit by rationale besluite kom. So ek sit maar hier en kyk hoe die volgende generasie nog minder hoop het!

Marie ·

Wens in Suid-Afrika kan hulle so vinnig skole bou soos wat hulle in China ‘n hospitaal gebou het, o ja ek vergeet African time……

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.