Duisende maak stem dik oor toelatings by Gautengse skole

Melanie Buys (links) van die SOS en Werner Human (regs) van Solidariteit oorhandig Donderdag 15 000 kommentare aan twee verteenwoordigers van die Gautengse onderwysdepartement. Foto: Reon Janse van Rensburg.

Die burgerregte-waghond, AfriForum, die Skoleondersteuningsentrum (SOS) en die vakbond Solidariteit het Donderdag meer as 15 000 kommentare van ouers en lede van die publiek teen die beplande wetswysiging vir Gautengse skole se toelatingsvereistes by die provinsie se onderwysdepartement in Johannesburg ingedien.

Hierdie wysigings behels onder meer dat Panyaza Lesufi, die Gautengse LUR vir onderwys, die finale sê het oor ʼn skool se taal- en toelatingsbeleid. Die departement sal ook kan besluit wanneer ʼn skool vol is of nie.

Verder bepaal die voorgestelde regulasies dat geen leerder op grond van taal toegang tot ʼn skool geweier kan word nie en dat leerders wat binne ʼn radius van 30 km van die skool woon, steeds binne die betrokke skool se voedingsgebied val.

Die publiek het tot Donderdag tyd gehad om kommentaar op die voorgestelde regulasiewysigings te lewer, wat Lesufi op 30 Julie bekendgemaak het.

AfriForum, die SOS en Solidariteit het op 16 Augustus ʼn aanlyn platform #VirSkole geskep waar lede van die publiek maklik op die wetswysigings kommentaar kon lewer. Sowat 10 000 mense het binne twee weke die platform gebruik om hul insette oor die voorgestelde regulasies te gee.

Die SOS het ook die hoof van die departement en Lesufi versoek om die groep wat die oorhandiging behartig, toe te spreek. ʼn Verteenwoordiger van die onderwysdepartement het egter die kommentare ontvang.

“Deur die kommentaar persoonlik te oorhandig, dwing ons die departement om kennis daarvan te neem dat duisende belanghebbendes ʼn grief het wat die voorgestelde regulasiewysigings betref.

“Ons doen ʼn beroep op die departement om hierdie kommentaar ernstig te oorweeg wanneer ʼn uiteindelike besluit oor die wysiging van die toelatingsregulasies geneem word,” het Werner Human, Solidariteit se adjunkbestuurshoof vir regsdienste, gesê.

Melanie Buys, hoof van stelsels by die SOS, het bygevoeg dat die witskrif vir onderwys van 1996 beklemtoon dat ouers en die gemeenskap ’n belangrike rol het in die opvoeding van hulle kinders en dat die staat se rol in ’n openbare skool tot die minimum beperk moet word.

“Openbare skole is ook al hoe meer afhanklik van hulpbronne vanaf die gemeenskap, aangesien die regering al hoe minder ondersteuning aan skole bied.

“Hierdie magsvergryp deur die LUR sal nadelig wees vir alle skole en die gemeenskap magteloos laat ten opsigte van die opvoeding van hulle eie kinders,” het Buys gesê.

VirSkole-02

Talle ouers en lede van die publiek het hulle stem dik gemaak teen die voorgestelde wysiging van Gautengse skole se toelatingsregulasies. Foto: Reon Janse van Rensburg.

“Lesufi het talle openbare vergaderings gehou waar bekommerde Afrikaanse ouers vrae gevra het. Dié vrae is egter nie by een van die vergaderings beantwoord nie. Inteendeel, ouers wat veral oor moedertaalonderrig gevra het, is as rassiste uitgekryt.

“Dit was dalk vir Lesufi maklik om Afrikaanse ouers by openbare vergaderings te ignoreer, maar dit gaan moeiliker wees om 10 000 amptelike kommentaarstukke met dieselfde minagting te bejeën,” het Carien Bloem, koördineerder vir onderwys by AfriForum, gesê.

Human meen die voorgestelde regulasies neem besluitnemingsvermoë weg van ouers en beheerliggame en setel dit ten volle by die departement.

“ʼn Saamwerkverhouding word deur die Skolewet en konstitusionele hof vereis, maar dit word in geheel misken in die voorgestelde regulasies. Skole wat volkome afhanklik is van die staat se uitsette sal van bedenklike gehalte wees en daarom is ʼn gedesentraliseerde model aangewese en behoort dit aangemoedig te word deur die departement,” het Human bygevoeg.

Hy sê indien voorgestelde regulasies in die huidige formaat aanvaar word, kan dit moontlik in die hof uitgedaag word. Hy het bevestig dat die SOS, Solidariteit en AfriForum alle middels tot hulle beskikking sal uitput om die voorgestelde regulasies teen te staan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

dolphin ·

dis baie swak voordele en wag al lank vir die toelantings en niks gehoor van smse nie dis more einde van die maand en almal wag gespanning of die goedkeuring met die Gr 1 en Gr 8 .

Aggie ·

Kry asb net privaat opleidingssentra, Ons kan nie BEE in skole hanteer nie.

LATIE ·

hi ek het ook nie sms gekry maar gelukkig het skool gehelp om die online doen om accept te click dan word hul aanvaar en daarna skool laat weet jou dat jy wel goedgekeur in skool te gaan na gr 1 toe hopelik skool moes jou help om die online hoe om te doen sterkte

Hanna Hoekom ·

Maar net nog n taktiek om standaarde by funksionele skole ook tot in die grond in af te trek. Dan is almal mos gelyk en ewe onnosel! Jong misdadigers wat binne n radius van 30 km van n skool af woon, moet dus toegelaat word. Wonder wat die ouderdomsperk vir graad 8 gaan wees: 21 jaar of 30 jaar?

Katerina ·

Hierdie hele storie van Lesufi is tog maar net gemik op een ding: Om Afrikaanse skole te ontwrig en op te mors. Dis die onderleggende rede.

LHS ·

Hoekom so baie praat, vat Lesufi hof toe en kry klaar. Hy is mos totaal buite orde.

Penellope Jones ·

Hy sal aanhou tot daar nie meer ‘n onderwysdepartement of skole is nie.

Hy wil die blankes en Afrikaanssprekendes uitwerk.

Hierdie was ‘n opskrif en artikel op IOL op die 22ste Augustus 2018:
Lesufi ‘a dictator who was silently trying to attack Afrikaans’
Pretoria – Education MEC Panyaza Lesufi was “a dictator who was silently trying to attack Afrikaans”.

This was one of the accusations levelled against him during a public meeting he convened to inform parents of draft amendments to the admission of pupils to public schools…..”” ens. op IOL.

1+1 ·

Lees ek reg dat Lesufi Afrikaners by openbare vergaderings as rassiste uitgekryt is. Dagvaar hom om dit in die hof, te bewys. Ons vat te veel nonsens van die man, terwyl hyself agter die deur staan.

Pieter ·

Dit klink vir my asof Lesufi soos Zuma standerd drie deur die plaas skooltjie se venster afgeloer het.

Staak ·

Moenie in die pad van agteruitgang in Afrika nie want die leiding hou dan net langer aan tot die onvermydelike wel gebeur.
Soek eerder alternatiewe oplossings, gee afstand onderrig of home schooling onder akademia.
Almal het ou rekenaars, skenk dit en plaas n aantal kinders by n moeder wat net toesig hou, die rekenaar doen die res!

J ·

Brain lyn is julle anwoord. IEB leerplan. Glad nie duurder as die skole. Home schooling beste ding wat ej gedien het vir my seun.

C op c ·

Dit gaan my verstand te bowe dat een persoon toegelaat word om ‘n hele onderwysdepartement omver te werp. Hoekom word hy nie vasgevat nie? ‘n Kundige wat vertroud is met onderwyssake hoort in sodanige pos.

waco ·

Martin jy slaan die spyker op die kop. Alle blankes ontrek uit staat skole en stig CVO skole. Eerste wereld standaarde in AFRIKAANS met goed opgeleide onderwysers met Afrikaanse kultuur.

JG ·

“Lepufi” wil nou al die funksionele skole aftrek na dieselfde vlak as die dis-funksionele skole. Hy wil seker maak die cANCer beleid van “hou die jeug dom en oningelig” word getrou uit gevoer.

Nadia ·

Stelsel is reeds onregverdig. Gr 1 en Gr 8 kinders is plek in skole gegee op grond van “1st come, 1st serve’ basis, en nie op grond van waar jy woon nie. Ek het die dag wat aanlyn registrasie oopgemaak is, gesukkel om in te log en my bevestiging eers 10:19 gekry. Die skool het oor die 700 aansoeke vir Gr 8 leerders gekry, maar omdat ek nie een van die eerste 350 was wat aanlyn geregistreer het nie, is my kind nie aanvaar nie, al woon ons 1,8km van die skool en al het sy ‘n ouer sussie wat alreeds daar is. Dit beteken kinders van ander areas is aanvaar, maar ons sin nie, selfs al het ons al ‘n kind in die dieselfde skool. In die verlede is die voedingsgebied darem nog in ag geneem, maar hierdie jaar glad nie!

Wees slim ·

Dit is belaglik. En ja die aanlyn storie is belaglik. Ekt self gesukkel. Ek dink ook, ons Afrikaanse mense Moet n egte Afrikaanse Skool begin, met goeie waardes ens. Wens hulle Wil bly by hulle kultuur en tussen hulle mense. Ons verskil net te veel. Ditbis tyd dat wit en Afrikaanse mense hande vat!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.