Duisende motorfietsryers staan saam teen plaasaanvalle

Duisende motorfietsryers het Saterdagoggend by die Uniegebou in Pretoria saamgetrek. (Foto: Verskaf)

Duisende motorfietsryers het Saterdagoggend by die Uniegebou in Pretoria saamgetrek met een kragtige boodskap: Stop plaasaanvalle en rassisme.

“Genoeg is genoeg,” het Johan Boning, president van Solidariteit Helpende Hand Motorfietsklub, vanmiddag aan Maroela Media gesê nadat dié motorfietsklub aan vanoggend se saamtrek deelgeneem het.

“Die mense is moeg vir plaasaanvalle en plaasmoorde. Die mense is moeg vir rassisme en korrupsie. Die boodskap is vir die regering: Neem kennis van die mense op voetsoolvlak.”

Van die motorfietsryers Saterdagoggend by die Uniegebou. (Foto: Twitter/Immortal Guardians Motorcycle Club)

Boning skat tot honderd duisend motorfietsryers het moontlik aan vanoggend se saamtrek deelgeneem. “Daar was motorfietse so ver as ’n mens kan sien. Ek ry al 40 jaar lank motorfiets en het nog nooit soveel motorfietsryers bymekaar gesien nie.”

Boning vertel dat vanoggend se verrigtinge deur die Pretoria Motorfietsraad georganiseer is. Dit het behels dat ’n sirkelroete gery word waarna motorfietsryers by die Uniegebou sou saamtrek om kapsie teen plaasaanvalle te maak.

Blomme en witkruise word neergelê ter nagedagtenis aan die slagoffers van plaasaanvalle en plaasmoorde. (Foto: Verskaf)

Wit kruise en blomme is vanoggend neergelê ter nagedagtenis aan die slagoffers van plaasaanvalle en plaasmoorde.

Volgens Boning het ’n rustige atmosfeer gedurende die saamtrek geheers en geen voorvalle is aangemeld nie.

“Ons het gebid vir boere se beskerming en die Here gevra om ons genadig te wees, asook dat Suid-Afrika sal terugkeer na Hom toe.”

Solidariteit Helpende Hand hou omstreeks 15:00 ook ’n spesiale biduur by die Eduplex-sportgronde in Wesleystraat in Queenswood met die oog op plaasmoorde en rassisme. Dié biduur is oop vir lede van die publiek en nié net motorfietsryers nie. “Almal is welkom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

JohanR ·

Kan ek voorstel dat die dag dat die plaasmoorde debat in parliament gehou word, dat alle motorfiets ryers wat kan, van oral SA hulle pad Kaapstad toe maak om te betoog. My gooiste dit sal ‘n sterk boodskap uit stuur as 10000 motorfiets ryers opdaag by die parliament. Miskien ‘n paar trekkers en
strooiers ook. Ek sal daar wees hoopelik met 10000 ander per voet,

koos10 ·

Ek is nie seker nie maar het video gesien waar ryer van sy fiets af geruk is deur SAPS lid in Kaapstad. Wat het daar gebeur? Het SAPS hulle probeer stop soos met die restuarant betoging ook in Kaapstad?

Lourens CFG ·

Daar was blykbaar skok granate ook op hulle geskiet en 16 is in arres.
Was niks daarvan op die nuus nie.

Persheks Adri ·

Dit wil gedoen word! Ons is trots op julle! Glo my volgende Saterdag is ons in konvooi saam met almal. Ek hoop dit word wêreldwyd uit gesaai

Anel ·

En nie een asblik is om gegooi nie en niks is aan die brand gesteek nie.

Willie ·

“En hoor jy die magtige dreuning…….” Dit is lekker.

Francois ·

Mooi gesig. Net jammer dat rubberpatrone en waterkanonne in Kaapstad die optog versuur het.

Jack ·

Ek wonder net. Geen voorvalle beteken geen skade, niks wat herstel hoef te word, geen onkoste vir die regering nie. Ek twyfel of die ANC hulle aan vreedsame optogte steur. Jammer om dit te sê, maar dis hoe dit vir my tot dusver lyk.

Lorna ·

Is ook saterdag daar
Ons geloof sal ons hierdeur dra
Ons ystermanne
Genoeg is genoeg
Amen

Jr ·

And everyone behaves like civilised educated people the way our people are.

Flemming ·

Pragtig……maar waar het al die nommerplate afgeval………..

Yvonne ·

Trots op elkeen van julle wat hier deelgeneem het….ordelik …Here Hoor ons versugtinge…Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.