Meer as 1 300 motoriste is landwyd oor Paasnaweek in hegtenis geneem weens verskeie oortredings.
Volgens hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, is 640 motoriste tussen Donderdagaand en Maandagmiddag by padblokkades in die stad weens dronkbestuur in hegtenis geneem.
“Altesaam 53 motoriste is ook in hegtenis geneem vir spoedoortredings, onder wie ʼn man wat Sondag om 10:00 op die N1-suid naby Midrand 180 km/h in ʼn Jaguar gejaag het,” het Minnaar gesê. “Volgens hom was hy op pad na ʼn kerk waar hy veronderstel was om strooijonker te wees. Die bruidegom is kort daarna ook in hegtenis geneem nadat hy 161 km/h in ʼn Proton op dieselfde pad gejaag het.”
Simon Zwane, woordvoerder van die Padverkeerbestuur-organisasie, het gesê sowat 700 voertuigbestuurders is vir verskeie oortredings landwyd in hegtenis geneem.
Zwane het gesê 350 motors en 1 000 busse is geskut omdat dit onpadwaardig was.
Wat in julle woordeskat beteken “duisende”?