Duisende ‘Nee-stemme’ aan Discovery-bank oorhandig

adrian gore discovery

Adrian Gore die uitvoerende hoof van Discovery. (Argieffoto)

Solidariteit gaan vandag ʼn memorandum en stemme van sowat 200 000 mense wat gekant is teen die instelling van Discovery Bank se beoogde aandeleskema wat wit mense uitsluit, aan Discovery se hoof- uitvoerende beampte, Adrian Gore, by die groep se hoofkantoor in Sandton oorhandig.

Dit volg nadat Solidariteit ʼn reuseveldtog van stapel gestuur het om “Nee”-stemme teen die inwerkingstelling van Discovery Bank, waar 10% van die aandele in die bank aan swart kliënte voorsien gaan word, in te samel.

Gore, wat bevestig het dat hy self die memorandum gaan ontvang, het hierdie aandeleskema verlede jaar met die bekendstelling van Discovery se bank bekendgemaak.

Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het duisende mense, wat onder andere ondersteuners, lede en aanlyn petisies insluit, die petisie teen die inwerkingstelling van die bank in sy huidige formaat onderteken.

“Die ontsteltenis wat rakende hierdie bank heers, handel daaroor dat getroue Discovery-kliënte uitgesluit word uit ʼn aandeleskema bloot oor die kleur van hulle vel.

“Discovery moet weet dat indien hy voortgaan om die staat se absolute rasse-ideologie toe te pas wat mense op grond van velkleur uitsluit, daar noodwendig gevolge sal wees.

“Ons boodskap aan Discovery is bloot indien hy voortgaan om die bank in sy huidige formaat in werking te stel, is daar duisende mense wat dit nie gaan ondersteun nie,” het Hermann gesê.

Die vakbond en AfriForum het verlede jaar met Gore vergader om hulle kommer oor die bank se rasgedrewe voordele vir kliënte te bespreek.

“Gore en sy span se verskoning was dat die Reserwebank druk op die groep plaas om die soort benadering te volg. Ons verwagting was dat hulle ten minste sal terugdruk om hulle kliënte te beskerm, maar hulle probeer nie eens om dit te doen nie, Discovery gee eenvoudig net toe,” het Hermann gesê.

Connie Mulder, hoof van Solidariteit se Navorsingsinstituut, sê Discovery Bank maak daarop staat dat hulle die meeste van hulle mediese en versekeringsdienste in kliënte vir die nuwe bank sal kan omskep.

“Hulle mik ook nie noodwendig vir ʼn laer inkomstegroep nie, al sê Discovery die bankkoste sal goedkoper wees. Ons bereken sowat 600 000 van Discovery se kliënte is wit en hulle moet na die helfte van hulle kliënte luister as hulle nee sê. Ons glo Discovery weet dit.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Kobus ·

Is dit net ek of is daar konneksie tussen onlangse besluite oor reserwe bank en wat hier aan die gebeur is?

Deneller ·

Ons was vir baie jare geforseer om aan die Discovery mediese fonds te behoort. Dit het laasjaar verval en baie van ons is onmiddellik weg na meer bekostigbare fondse toe. Die debakel oor die gratis aandele vir soustrein passasiers het die besluit om te skuif baie makliker gemaak.

Awie Opperman ·

Dis goed om hulle in te lig dat jy nie saamstem nie, maar meeste maatskappye vertstaan net as hulle dit aan hulle inkomste voel. Voor hierdie rasteikens bekend geraak het, het ek dit oorweeg om discovery bank toe te skuif, maar nou het ek my medies, kort termyn versekering en aftreeannuiteit reeds geskuif en my discovery kredietkaart gekanselleer. Ek ondersoek tans alternatiewe lewensdekking sodat daar geen discovery debietorders op my bankrekening afgaan nie. Ek gaan hulle nie help om teen my te diskrimineer nie.

Francois ·

Ek stem saam Awie – die enigste manier om vir so iets te stem is met jou voete! Ek self het al my lewens en beleggings polisse by Discovery gekanselleer, my motorversekering geskuif, my medies gekanselleer en my Discovery kredietkaartrekening gesluit. As dit is hoe hulle hul getroue kliënte wil beloon, kan hulle gaan vlieg…

stephan ·

Self my stem gelewer, maar dis ‘n mors van tyd, regtig. Gaan in elk geval maak nes hulle wil. Enigste manier om hulle te laat voel, is om te boikot, maar hoeveel mense gaan dit waarlik doen?

Tersia ·

Solidariteit Kan met 600000 lede hulle eie mediese fonds begin. Daar sal nog baie meer mense aansluit. Ons betaal deur ons nekke op die oomblik en kry bitter min voordele van Discovery. Dink daaraan asb.

Rina Kotze ·

Goeie idee vir Solidariteit om aan te dink!

My man se mediese fonds by sy werk, gaan ook by die dag agteruit, met bitter slegte diens en die voordele word al hoe minder en die bybetalings al hoe meer!

John ·

Die bank is suiwer ‘n kluis om al die lekker bydraes in te bère en die aandele bloot omkoopgeld vir die behoud van daai kluis, want die ANC beoog die gryp van fondse… alle fondse in die land… a la Venezuela. Hierdie was ‘n poging om te ontkom aan die planne wat in elke geval nie sou werk nie, want lenings… sonder rente is die volgende stap wat gedoen sal word om die Afro-lekkerlewe-ideaal te verwesenlik. Dieselfde storie het by Sasol afgespeel.

Maljan ·

Nie!and gee om as swart mense koop nie. Teen gewone pryse, nes dir res. Maar die spesiale pryse en becoordelinf is loutere bog.

Michael ·

Een van die dae gaan hulle se wit mense mag nie n huis besit nie mag ook nie n werk he nie mag ook nie n motor he nie. jy mag nie n bank rek. he nie. wat is volgende., Maar en n groot Maar los hulle uit, julle behoort teen nou al te weet alles wat hulle aanpak val uitmekaar uit so moet nie dat dit julle te veel pla nie. hulle is sommer gou gou sonder hulle aandele.

Heinrich van Zyl ·

Ek is klaar oor na Medihelp toe. Geen wagperiode nie, geen uitsluitings nie.
En effens goedkoper met meer voordele.

khat ·

Gaan bekyk medshield se voordele baie goed ek nou al lank by hulle en geen probleem met hulle nie hulle het n klomp skemas wat regtig jou sak pas

SjN ·

Heinrich, het Medihelp n voordeel bo drempel op hulle omvattende planne soos Discovery? Ek wil appels met appels vergelyk.

Heinrich ·

Sjn, ek weet nie. Jy sal Medihelp direk moet vra. Ek het net n standaard pakket gevat.

corne ·

Dit is te laat Discovery het kla hulle meening gelig nou dat wit mense hulle polise kanseleer en skuif nou wil hulle n omkeer maak.Sink discovery sink kry julle besighied by die wat julle aleen wou bevoordeel julle het maande tyd gehat en niks gedoen of se nie maar nou dat die geldsake beroerd lyk wil jylle terugkruip sink aleen

Pierre ·

Ek is ‘n makelaar wat Discovery produkte verkoop het. Na die storie sy kop uitgesteek het, het ek my verbintenis tot hulle verbreek, en my makelaars huis se fasiliteit by hulle gekanselleer.

Jane ·

Ek haal my hoed af vir jou want ek weet dit is BAIE kommissie wat daarmee heen is. I SALUTE YOU, ek hoop jou ander besigheid maak op daarvoor. Jy het murg in jou pype, dit is meer as wat ek van ander Discovery aanhangers kan se.

Willem Grobler ·

Hierdie hele rasgedrewe kultuur van “swartes moet altyd bevoordeel word” is niks anders as ‘n resep om die ANC kaders te verryk nie. Dit het niks met regstelling te doen nie maar wél met wraak vir gewaande “onregte” van die verlede. ‘n Verlede wat algaande méér deur die “comrades” bekook word. Ons moes hierdie land nooit aan hulle oorgegee het nie. Mense soos de Klerk, Meyer et al lewe in weelde en die res van ons gaan binnekort krepeer.

Kobus ·

Ek het my Discovery polis gekanselleer en by n ander maatskappy n nuwe polis uitgeneem. My rede: Discovery polis is deel van die rassistiese Discovery groep

theo ·

net soos ek gekant is teen alle vorm van diskriminasie en nie die bank sal ondersteun nie, so ondersteun ek ook nie n SASOL garage nie.

Skroef ·

Wat van Sanlam? Hulle gil ook seb en goedkoop aansele aan swart kopers.

Piet ·

Theo, lyk my jy lees nie wyd genoeg nie. Die Sasol garages behoort nie aan Sasol self nie, maar aan n ander maatskapy. So jou boikot raak nie Sasol self nie. Doen bietjie navorsing.

HPV ·

Dit het die norm vir baie instansies geword om te spring as die anc en hul meelopers hul vingers klap. Gelukkig begin wit mense se oë oopgaan en verwerp daardie tipe instansies. Mens wonder net watter kant gaan hulle leun as die anc sulke besighede begin nasionaliseer, die ander vraag is hoekom gee hulle nie sommer die hele bank vir hul die swart kliënte nie? Of wil hulle hê wit kapitaal moet hul siek avontuur help finansieer?

Ant ·

Ek het reeds my begrafnispolis gekanselleer en kanselleer binnekort by Discovery kredietkaart. Ek sal beslis nie Discovery ondersteun nie. Ek is wit dus het hulle nie my geld nodig nie

Jepetto ·

Het al klaar bande met Discovery gebreek oor na Bonietas en dat ek net hoor hulle konkel met Discovery dat loop ek weer

Maur ·

Vir my is die snaakste, jul is 80% van die bevolking, het BEE, regstellende aksie, kwotas, word met ALLES bevoordeel, tog kry jul nogsteeds niks reg nie? tog is dit nogsteeds die blankes se skuld. Blameer alles en almal vir jul onbevoegdheid. Pateties.

Krummel ·

Medihelp Boooo!!! Hulle is die enigste fonds waar jy nog in jou Afrikaanse taal gehelp kan word. 90% van die tyd…. Ek het nog nooit enige bybetalings betaal nie. Mens moet net weet hoe dinge werk. Pas mediese eise van R 140 000 gehad en feitlik alles betaal. En ja daar is ook maar soms uitsluitings soos met alle fondse. Ek het 14 jaar lank met mediese fondse gewerk en glo my ek sal nooit van fonds verander.

Ouer boer ·

Siestog! Weet hoe dinge werk? Moenie jou lippe nou lek nie hoor.

Ander banke ·

Wat vir my intresant is, nie een van die ander banke is bereid om projekte vir wit mense te befonds nie. So wat is die verskil tussen dit en ń bank wat net vir ń sekete groep aandele gee?

Alida ·

Ek weet te min van hierdie goed om iets te se maar die ander banke beklemtoon dit net nie so nie. Weet nie. Boikot Discovery hulle sal gou agterkom wat 200 000 minder lede se geld aan hul sakke doen.

theo ·

piet lei my dan, want as ek nie sasol brandstof ingooi nie wie benadeel ek dan. Ek verstaan dat die ander brandstof garages hul brandstof deur die pyp, wat van durban rafinadery gevoer word na gauteng, so hul brandstof kry?

Asjas ·

Iemand het ook onlangs aan my verduidelik dat die feit dat ek Sasol Garages boikot geen invloed het nie, en ek verstaan dit. Gelukkig is ek ‘n hardkoppige donkie. Solank ek Sasol Garages boikot gaan die eienaar lei ja, maar dan moet die eienaar maar van hulle distansieer??
Voor al julle slimmerers my uithaal, EK besluit waar ek my geld spandeer. My paar Rand wat ek elders spandeer waar ek welkom is breek dalk nie Sasol, Spur, Sanlam of Discovery se bank nie, maar dit hulp ‘n mede wit sukkelende persoon aan die lewe bly. As sy diens en produk net so goed of beter is, hoekom wil ek my siel versondig en met ‘n wrok rondloop? Ek word genoeg onderdruk, as ek ‘n keuse het, gaan ek dit uitoefen.

Kriekie ·

My buurman is die eienaar van n Sasol garage. Hy koop die brandstof by Sasol en as julle hom boikot, raak dit net die vulstasie eienaar. Ek weet ook vir n feit (en het al self die trok daar gesien) dat Sasol ook brandstof lewer aan nie-Sasol vulstasies. Om die afsetpunte te boikot, doen niks aan Sasol nie.

Elizabeth Bosman ·

In 1999 toe Old Mutual op die JSE gelys het het ALLE KLIENTE wat polisse by OM gehad het gratis aandele gekry. Ongeag kleur en geur.

anoniem ·

Ek is een van diegene wat my besigheid by Discovery weggeneem het. My medies geskuif en my versekering verander. Ek sal hulle uit beginsel uit nie ondersteun nie.

Charles ·

Ek stem saam met Rina Kotze en Tersia! Laat Solidariteit sy eie Mediese Fonds begin.

GP ·

Discovery het +- R12000.00\maand by my gekry vir medies en versekering maar ek word uitgesluit???? Ek het reeds my versekering geskuif, “card protector” gekanseleer……volgende gaan die Discovery kaart wees……..

Manie ·

Dit is n siekte by van die groter maatskappye om die lokale wit mense wat hulle help bou het in die tande te skop vir hierdie rassistiese gedrewe regering. Boikot die Sasol en Engen en spurs wat die wittes as tweede klas burgers behandel. Ek sorg dat sulke maatskappye nie n sent van my geld te kry

Johan ·

Dankie eks klaar weg by hulle. Gee maar my aandeel vir arme ou swarte. Jy kan hom alles gee na n week is daar niks. Alles op ge eet en gebrand.

Gys ·

Ek is 99.999% seker daarvan dat Solidariteit die opsie van n mediese fonds oorweeg. Gee hulle kans. Sulke dinge neem tyd….

Se maar net ·

My kar is verseker by Discovery. Dit was die beste quote wat ek gekry het. Ander versekeraars het gebel. En dan se ek vir hul, as hul my betaaling kar verbeter, dan is dit hulle deal. Niemand kon hul qoute beat nie… Ek het nog net goeie diens van hul gekry. Kan nie kla nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.