Duisende ondersteun Operasie Misdaadvry

AfriForum het die afgelope naweek sowat 3 000 mense gekoördineer in die grootste gesamentlike operasie teen misdaad nóg in Suid-Afrika.

AfriForum het die afgelope naweek sowat 3 000 mense gekoördineer in die grootste gesamentlike operasie teen misdaad nóg in Suid-Afrika.

AfriForum het die afgelope naweek sowat 3 000 mense gekoördineer in die grootste gesamentlike operasie teen misdaad nóg in Suid-Afrika.

Die burgerregte-organisasie se inisiatief, Operasie Misdaadvry, is deur 52 AfriForum-buurtwagte, 29 outonome buurtwagte, 29 gemeenskapspolisiëringforums, ses gemeenskapsorganisasies en 11 sekuriteitsmaatskappye uitgevoer. Die polisie het baie goeie samewerking op grondvlak verskaf.

“Operasie Misdaadvry is ’n bewys dat gemeenskappe die vermoë het om hulself te kan beveilig. Sigbare polisiëring is die sleutel tot sukses en misdaadvrye gebiede,” het Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, Maandag gesê.

Hy het gesê in totaal het bykans 130 strukture aan die operasie deelgeneem, wat herlei kan word tot 8 419 man-ure. Sowat 61 115 km is tydens patrollies afgelê. Saam met die aantal man-ure is die operasiewaarde ongeveer R500 000. Altesaam 35 mense is vir nie-ernstige misdrywe in hegtenis geneem.

“In die gebiede waar ons gepatrolleer het, is geen ernstige misdade gepleeg nie. Dit dui daarop dat die patrollies en gemeenskapsingryping suksesvol is,” sê Cameron.

Cameron het verduidelik dat soortgelyke inisiatiewe in die toekoms van stapel gestuur sal word om gemeenskappe op meer gereelde grondslag te beveilig. Die operasie vorm deel van AfriForum se 10 Dae van Selfstandigheid-veldtog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Johann Marx ·

Hoekom doen julle die polisie se werk? Ek staan meer as die helfte van my inkomste af aan ‘n regering wat hulleself beskikbaar gestel het om my veiligheid en sekuriteit te verseker volgens HULLE grondwet. Nou doen hulle dit nie…..en wat doen ons? Ons doen dit SELF…en is trots daarop. Hoeveel GPF’s is daar wat die SAPD se werk namens hulle wil doen? Dis onkonstitusioneel……GPF se werk is om seker te maak die SAPD DOEN waarvoor hulle opgelei is, en betaal word met die burgers van die land se inkomstebelasting!

Gjorg ·

O.k Johann, sit dan maar op jou alie en doen niks….oh ja, en terwyl jy dit doen voel sommer trots op jou niksdoen, is seker dit gaan van die land ‘n beter plek maak.

Darius ·

Jy het ‘n punt beet. Ons betaal te veel tax vir Zuma se huis. Dit word nie reg spandeer nie want die mense wat veronderstel is om die land te regeer kry dit nie reg nie :/ dis hoekom kom ons maar op ‘n wettige manier ons eie boendoegereg toepas. Maar is hopeloos te ordentlik.

Johann Marx ·

Ek sal Afriforum se inisitatiewee ondersteun sodra dit ook ‘n element bevat waar hulle poog om die regering van die dag te motiveer om alle misdaadverwante uitgawes, hetsy voorkomend of herstellend, teen 0% BTW aan te slaan, en belasting aftrekbaar te maak. Ek het alreeds die regering betaal om ‘n diens te kry……ek kry niks….en moet nie net bly betaal nie, ek moet met die geld wat oorbly ‘n ander kontrakteur betaal om die diens te lewer waarmee die regering my gefaal het…..en op daardie uitgawe NOG 14% vir die regering stuur. HOEKOM???

M Van Der Merwe ·

Operasie Misdaadvry is n ongelooflike idee van samewerking om misdaad tebekamp ” Uitstekend , Weldone “.As die instelling regoor Suid – Afrika kan volhoubaar wees, kan dit baie beteken vir ons Afrikaner volk se veiligheid en voorbou van ons kosbare volk tenvolle.

Fanie ·

Dit is goed wat Afri-Forum doen. Dit moet net so aanhou en nie doodloop nie. En ja hoekom vat hulle nie die Regering aan oor die belasting gelde wat ons moet betaal en word nie volgens wet beskerm nie. Ons betaal driedubbeld belasting. Hulle kan nie begroot/beplan sonder ons belasting. Pleks hulle wetsgehoorsame burgers ‘n tipe van beloning gee. Soos ‘n afslag op belasting.

anet ·

Dankie Solidariteit en Afriforum vir al julle inisiatief en harde werk om ons as blanke Afrikaaners veilig te hou

Johannes Meintjes ·

Dit is so dat ons gebelg voel oor die onregverdigheid van baie dinge rondom ons. Self voel ek sterk dat selfbeskikkingsgroepe, in welke regsgeldige formaat ook al, groter inspraak in eie belastingbesteding moet geniet. Ons weet teen hierdie tyd die Staat kan en wil nie staatsadministrasie produktief en volhoubaar in SA behartig nie. Ons sal moet moue oprol en ‘n proses van eie bestuur moet bewerkstellig, – waarsonder ons en ons kinders of kultuur geen toekomskans meer sal oorhou nie.

Christie Joubert ·

Persoonlik dink ek wat Afriforum doen is absoluut fantasties. Dit wys net dat ons murg in ons pype het. Wat my pla is die feit dat ons vuisvoos betaal is aan belasting vir dienste wat nie gelewer word nie. Volgens die Rapport, mag belasting nie van munisipalitieite weerhou word nie. Dit beteken ons doen die werk, betaal uit ons eie sakke daarvoor, terwyl munisipaliteite ons belasting misbruik. Is dit nie ook ongrondwetlik om belasting te hef, maar dan nie aan te wend vir die dienste waarvoor dit gehef word nie? Kan Herman Toerien nie vir ons n insiggewende artikel hieroor skryf nie? Want kom ons wees eerlik, hierdie regering het nie n enkele ordentlike haar op hul koppe nie. Moenie dink hulle is rooi van skaamte omdat ons hulle werk vir hulle doen nie….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.