Duisende ontvoerde meisies in Mali aangehou

’n Landskap in Hombori, Mali. Foto: Wikipedia

Nigerië se eenheid teen mensehandel (Naptip) sê minstens 20 000 vermiste meisies en vroue word in die suide van Mali aangehou van wie baie as seksslawe verkoop is, en Naptip is van plan om hulle terug na hul vaderland te bring.

Naptip sê hy het rede om te glo daar is tussen 20 000 en 45 000 ontvoerde vroue in Nigerië, het Al Jazeera berig.

Volgens genl. Julie Okah-Donli, direkteur van Naptip, kom die vroue hoofsaaklik van ses plattelandse deelstate van Nigerië. “Hulle is onder die vals voorwendsel van werkaanbiedinge in hotels na Mali gelok. Party is selfs by die skool ontvoer.”

Okah-Donli sê van die meer as een miljoen Nigeriërs in Mali is sowat 20 000 vasgevang in gedwonge prostitusie. “Die omstandighede is afgryslik. Hulle word in digte woude gevange gehou waar die ‘madames’ oor hulle toesig hou.”

Reuters berig Okah-Donli sê ʼn span wat Mali toe is om ondersoek in te stel het honderde meisies gevind in die Kangaba-gebied in die suide van Mali. “Hulle het betroubaar by die plaaslike inwoners verneem dat daar meer as 200 sulke plekke oral in die suidelike gedeelte van Mali is. In elkeen van hierdie nedersettings word tussen 100 en 150 meisies aangehou. Dit is hoe ons by die getal van minstens 20 000 meisies gekom het,” het sy verduidelik.

In 2014 het die terreurgroep Boko Haram sowat 280 skoolmeisies van die Nigeriese dorp Chibok ontvoer. Dit het die wêreld se aandag aangegryp toe beroemdes soos die gewese Amerikaanse presidentsvrou Michelle Obama haar steun toegesê het aan die veldtog “Bring Back Our Girls” om hulle te probeer bevry.

Boko Haram het sedert 2014 sowat 2 000 meisies en seuns ontvoer om as seksslawe, vegters en selfs selfmoordbomaanvallers te gebruik, sê Amnestie Internasionaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

John ·

Hoe ontvoer mens soveel burgers sonder samewerking van hulself of die regering. Slawehandel is ‘n ekonomiese entiteit in Afrika.

waarheid1 ·

Jip slawerny in ‘n erge graad en ons sit self met duisende Nigeriers hier wat wag om mense te ontvoer vir dieselfde redes.
S A regering het mos lekker al die grense oopgegooi.

TLC ·

Omw
Dit is angswekkend
Grote genugtig
Waar kruip die boka haram weg
Hy moes al lankal uitgehaal gewees het

Sanet ·

ABSOLUUT TRAGIES DAT MENSEHANDEL AAN DIE ORDE VAN DIE DAG VOORKOM WÊRELDWYD en bevrees boka haram..is ONvernietigbaar nes áli ander terreur moslem-ekstremiste groepe…soos hamas,isis ens

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.