Duisende operasies by Gautengse hospitale gekanselleer

Argieffoto

Die Gautengse departement van gesondheid wil streng maatreëls instel om te verhoed dat nie-noodgeval-operasies in die Charlotte Maxeke- en die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Johannesburg weer gekanselleer word.

Die departement van gesondheid het verlede jaar 2 036 gekanselleerde operasies in die Charlotte Maxeke-hospitaal aangemeld. Altesaam 1 979 operasies is verlede jaar in die Chris Hani Baragwanath-hospitaal uitgestel.

Volgens Kwara Kekana, woordvoerder van die LUR vir gesondheid in Gauteng, word operasies gekanselleer of uitgestel weens verskeie redes, soos ’n oorvol hoësorgeenheid, probleme met die pasiënte, gebrekkige infrastruktuur of weens ’n tekort aan basiese mediese voorraad.

Die departement van gesondheid wil stelsels implementeer om die uitkoms van pasiënte se gesondheid en ervarings in die hospitaal te verbeter. “Ons beoog om elektroniese kommunikasiestelsels vir die skedulering, herinnering en kansellasie van operasies in hospitale te implementeer om te verhoed dat dié probleme weer ontstaan. Ons wil pasiënte ook voor belangrike, selektiewe chirurgiese prosedures noukeurig evalueer by klinieke,” sê Kekana.

Kekana sê ander maatreëls sal getref word om te verseker pasiënte meld betyds by die hospitale aan voor ’n operasie, ten einde tydsbestuur te verbeter.

Die departement van gesondheid het Woensdag gesê hulle wil ook die nodige maatreëls tref om infeksies in hospitale te voorkom. Dit volg na die aantal sterftes van pasgebore babas in die George Mukhari-hospitaal in Pretoria oor die afgelope vyf jaar met byna 100 sterftes toegeneem het.

Soos vroeër berig, het Bandile Masuku, LUR vir gesondheid in Gauteng, gesê 302 pasgebore babas is in 2018 in die George Mukhari-hospitaal dood. Die aantal vroeggebore babas het ook aansienlik toegeneem, met 44% van die totale getal babas wat in 2018 in die neonatale hoërsorgeenheid opgeneem word.

Jack Bloom, DA-woordvoerder vir gesondheid in Gauteng, het sy bekommernis uitgespreek oor die 140 babas wat verlede jaar aan klebsiella – ’n soort bakteriële infeksie – dood is wat omtrent drie keer meer is as die 48 sterftes weens klebsiella in 2013.

“Ons beoog om personeel in die volgende jaar deurlopend op te lei in handwastegnieke. Ons wil ook die beleid oor handhigiëne hersien en die opleidingsbeleid vir personeel versterk,” sê Kekana.

Volgens Kekana wil hulle ook die gehalte van sorg in die neonatale hoësorgeenheid verbeter deur daagliks die netheid en higiëne te monitor. “Die terugvoer van die departement van mikrobiologie gaan ook weekliks by die vergaderings oor sterftes en sieklikheid aangebied word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Suzette Geringer ·

Al die eens goed funksionerende organisasies in hierdie land is deur die ANC in die afgrond in bestuur, maar julle wil NGV instel….

Sonja ·

Hahahaha….. sien? Vergeet van jul piggy bag die “NGV”. Kan jy dink hoe gemors dit dan gaan wees?

Amy ·

Jip, groot probleme wanneer (nie as) die NGV in werking gestel word…

HPV ·

Die boodskap aan ons is, as ons mediese sorg nie meer funksioneel is nie sal ons, sorg dat julle s’n ook nie meer werk nie, as ons nie meer elektrisiteit het, sal ons sorg dat julle ook nie meer elektrisiteit het nie, ens, ens.

Woedend ·

Dis welkom in DONKER Afrika. Gaan die son ooit weer oor SA skyn.? Hoe verlang ek terug na die ou dae toe alles nog mooi, skoon en reg was.

Moeg ·

Om hierdie antwoorde te kry oor hoekom dit gebeur, vra die vraag vyf keer op elke stelling:
Hoekom…..
Hoekom…..
Hoekom…..
Hoekom…….
Hoekom……en daar is die antwoord.
Baie bekende metode van probleem identifisering!

Christo ·

Ek stem….die 5 “Why’s” van probleem identifisering ja.
As die NGV misluk, sal dit ook seker voor die deur van Apartheid gehang word.

christine ·

Mokopane hospitaal se ICU baie klein en sleg toegerus, dit warm daar binne vliee op en om die pasiente my broer het 2 weke aan n ventilator daar gele, en is 5 dae gelede daar oorlede, die icu is nie toegerus of stiriel genoeg vir ernstige siek pasiente nie.Geen maskers of handskoene word gebruik as met pasiente gewerk word nie so die 1 pasient word behandel stap dan net oor en gaan aan met die volgende so cross infect hulle die hele icu. Rus in vrede boetie

Ronel ·

Hoekom moet hulle opgelei word oor hoe om hande te was, is dit nie in hulle mediese opleiding vir hulle geleer nie? Basies higiene word as kind by jou geleer en as jy in ‘n mediese rigting gaan, watter beroepskeuse dan nou ook, moet jy mos voldoende opgelei word om die basiese higiene reels toe te pas

Danie T ·

Ons “WIL” dit doen, ons WIL dat doen. Hou op om te WIL en DOEN dit wat jul wil!!! Inteendeel die WIL moes al 25 jaar terug mee begin het!! The way to hell is paved with good intentions! JUST DO IT en hou op praat en beplan!!!

potlood ·

Waneer julle verwys na staatshospitale hoekom n foto wys van n skoon netjiese teaters in privaat hospitale, wys die varkhokke soos dit is en lyk.

Bekommer ·

Dit is wel geskryf dat die foto uit die argiewe is. Moes seker baie diep delf om op hom af te kom. Dis verskriklik dat gootmense geleer moet word om hande te was. Maar hulle is gedurig besig in hulle tande, neuse en pruike.

Johan ·

Die staatshospitale is weens verskeie faktore disfunksioneel. Nou wil die Regering met hulle “wonderlike” gesondheidsplan die huidige private gesondheidsdienste oorstroom met miljoene pasiënte (wat hulle nie sal kan hanteer nie)

Dorotie ·

Gee hulle ‘n spieel en sien hoe lank dit neem om uit ‘n badkamer te kom.

Says it all ·

Daai name verduidelik mooi waarom dinge gaan soos dit gaan en waarom dit nie sal verander nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.