Duisende pendelaars wéér gestrand ná kabeldiefstal  

Argieffoto: Facebook via Metrorail Gauteng.

Metrorail-treindienste tussen Pretoria en Johannesburg is Woensdagoggend erg ontwrig as gevolg van kabeldiefstal.

Lillian Mofokeng, woordvoerder van Metrorail in Gauteng, het in ʼn verklaring gesê die oorhoofse kraglyn by Irene is in albei rigtings geknip en gesteel.

“As gevolg daarvan kan treine nie na en van Pretoria beweeg totdat tegnici in staat is om die gesteelde kabel te vervang nie,” het Mofokeng gesê.

Mofokeng het gesê dit is nou die tweede agtereenvolgende dag wat duisende pendelaars se reisreëlings beïnvloed word as gevolg van kabeldiefstal op dié roete. “Wat ʼn reusebekommernis is, is die feit dat misdadigers nou albei lyne teiken om seker te maak die treinstelsel is ‘verlam’ in spitstye.”

Metrorail het ʼn beroep gedoen op wetstoepassingsagentskappe om hulle by te staan in die bevegting van dié kriminaliteit wat volgens Goodman Matampo, waarnemende provinsiale bestuurder van Metrorail in Gauteng, binnekort kan lei tot die ineenstorting van die spoorstelsel en die ekonomie van die provinsie negatief beïnvloed.

Busse word tans gereël om kaartjiehouers by te staan met vervoer tussen Olifantsfontein en Irene se stasies. “Metrorail-tegnici is tans in die geaffekteerde areas besig om die skade te assesseer met die oog op die vervanging van die gesteelde kabels.”

Metrorail het om verskoning gevra vir die ongerief wat dié situasie veroorsaak het en het vir geduld gepleit terwyl die tegnici aan die probleem werk.

Hulle het ook pendelaars versoek om enige kriminele aktiwiteite wat hul waarneem aan beskermingsdienste by die stasies of hul naaste polisiestasie aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Dries ·

As di treine ni loop ni, word busse gereel om “in te staan”.
Is die sabotasie van di spoorlyne, ni dalk n poging om busvervoer ten kosye van treinvervoer te bevorder ni?

Liberaal ·

Dink ook taxi. En moet nie na hierdie kosbare mense as diewe verwys nie, hulle is informele kabelmyners, en hierdie minderheid se regte is kosbaarder as die derduisende passasiers se regte om te werk en kos te kan koop aldus liberale waardes.

Donderstorm ·

Waarom sit hul nie net hybrid diesel elektriese lokomotiewe op nie hul het pendilums om krag girek vani lyn af te trek omte ry sois n elektriese lokomotief en as die krag af gaan skakel hul die diesel engines aan vir krag opwekking dan sal daai probleem mos opgelos word tot die drade herstel kan word

Griet ·

Ek dink dit is tyd dat ons die vernietiging/diefstal van (ENIGE) infrastruktuur klassifiseer as ‘n misdaad teen die mense van hierdie land, m.a.w. terrorisme/hoogverraad. En die strawwe wat daarmee saamgaan begin toepas.

Johann M van Heerden ·

Die arme pendelaars. Die euwel sal net hokgeslaan word as die plekke waar die koperkabel verkoop word, aangetree word.

AgAsseblief ·

Tough! As dit is wat jou gemeenskap aan jouself doen, verdien jy dit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.