Duisende plakkershuise in Kaapse storms beskadig

Oorstromings in Zwezwe- informele nedersetting in Khayelitsha, Kaapstad (Foto: Ayanda Ndamane/African News Agency/ANA)

Reën en oorstromings het duisende informele strukture in en om Kaapstad beskadig, het die rampbestuureenheid Vrydag gesê.

Die stad het die afgelope week swaar reën, stormsterkte wind, hoë seë en koue weer beleef. Verskeie informele nedersettings en paaie het Woensdag oorstroom. Sneeu is ook in die noordelike en Overbergstreke in die Wes-Kaap aangemeld.

Charlotte Powell, woordvoerder vir die rampbestuureenheid, het gesê oorstromings het informele nedersettings swaar getref. “Ongeveer 4 000 strukture is in Khayelitsha, Du Noon, Philippi, Langa, Gugulethu, Masiphumelele, Mfuli, Delft, Houtbaai, Macassar, Sea Winds en Nyanga beskadig.”

Sy het gesê die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) is in kennis gestel sodat humanitêre verligting vir die betrokke inwoners aangebied kan word.

Verskeie munisipaliteite se opruimingswerk duur voort. Die reën het sedert Vrydag begin opklaar.

“Die departement van vervoer is besig om die stormwaterstelsel op te ruim om seker te maak die vloedwater dreineer vinnig. Sand word ook aangery na die betrokke informele nedersettings,” het Powell bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pieter ·

‘n Sekere deel van die skade is die gevolg van onwettige strukture te bou in vleilande of binne die 1:100 jaar vloedlyn. Dit is teenstrydig met die Waterwet en enige belastingbetaler moet daaraan voldoen. Die versekering sal seker ook nie uitbetaal indien die Waterwet oortree word nie, dit is net vir jou eie beswil. Hierdie persone wat nou skade lei vanweë die bou van strukture binne gereguleerde areas moet nie vergoed word nie, hulle gaan weer daar bou en altyd skade lei. So help ons onwettige gedrag aan. Maar dit is blykbaar meer krimineel om te rook, op die strand te stap, sneeu te kyk, branderplank te ry, ens.

Termiet ·

En nou gaan hulle weer bakhand staan by ons. Meer as die helfte van hulle nog onwettig ook in die land.

JohanR ·

Soos ek en ‘n swart man in die trein vanaf Vishoek na Kaapstad eens bespreek het. Waar is die promises van die ANC van 1994, waar elke persoon in SA ‘n dak oor hulle kop sal he. Al 26 jaar en ooral oor SA bly mense nog in “squatter huts” in 2020. Waar is al die RDP huise se geld heen? Waar is die “once off” belasting om huise meer te bou heen? Maar net die ANC vettes wat in 26 jaar vetter en vetter geword het, en die miljoene moes maar aanhou krepeer. Maar moet ook onthou die miljoene wat krepper in “squatter huts”, gaan elke keer stembus toe en stem vir die vettes!

Juls ·

Ek kry hulle jammer, maar 25 later en dit lyk nog so. Die government het hulle eie mense gefaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.