Duisende polisiebeamptes van geweldsmisdade aangekla

Bheki Cele, minister van polisie. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Meer as 10 000 Suid-Afrikaanse polisiebeamptes is in minder as tien jaar van gewelddadige misdade soos moord, verkragting of aanranding aangekla.

Net 50 (0,5%) van dié polisiebeamptes is egter weens die ernstige aanklagte teen hulle geskors.

Andrew Whitfield, DA-LP en die party se woordvoerder oor polisie, sê dit is tekenend daarvan dat polisiebrutaliteit in Suid-Afrika “onder die mat ingevee word” en dat daar nie behoorlik teen polisiebeamptes opgetree word nie.

Bheki Cele, die minister van polisie, het in antwoord op ’n parlementêre vraag van Whitfield bekend gemaak dat altesame 10 086 polisiebeamptes sedert die 2012-’13-boekjaar van ernstige geweldsmisdade aangekla is.

Dit sluit in sterftes aan die hand van polisie-optrede, verkragting deur ’n polisiebeampte sowel as marteling of aanranding.

Die volgende het uit Cele se antwoord aan die lig gekom:

Die meeste oortredings deur polisiebeamptes oor die afgelope jaar is in die Oos-Kaap (2 175) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (2 057) en die Vrystaat (1 287). Limpopo het die minste gevalle van polisiebrutaliteit (388) in dié tydperk aangemeld.

  • Die meeste klagte teen polisiebeamptes is in die 2015-’16-boekjaar aangemeld (2 010) nadat die syfer in die vorige boekjaar op 1 392 gestaan het.
  • Altesame 962 aanklagte is in die jongste boekjaar (2020-21’) aangemeld waarvan die meeste (266) in die Oos-Kaap is.

Whitfield sê die klein hoeveelheid skorsings teen die groot hoeveelheid klagtes is skokkend aangesien elke polisiebeampte inderwaarheid geskors behoort te word hangende dissiplinêre stappe.

Hy wil nou ook weet hoeveel van dié wat geskors is, eindelik in die pad gesteek is.

Volgens Whitfield is die statistieke wat Cele verskaf het nie verbasend nie aangesien polisiebrutaliteit telkemale oor die hoof gesien word.

“Polisiebeamptes word net oor die vingers getik.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

24 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pieter

En om te dink ons belastingbetalers betaal die klomp skelms. Ons gaan ook nooit standpunt in neem nie.

Skappie

Hierdie is nou mense wat ons moet vertrou. Maar kyk net wat doen hulle alles. Nee, wat ons kan niemand meer vertrou nie.

Persheks Adri

Hulle is veronderstel om ons te beskerm! Nou wat sê jy van jou mense se optrede hoed?

Barney

Dis wat kom van kader aanstellings in die anc. Die hele regering is een groot fiasco te danke aan almal wat aanhou vir die anc stem. Afrikaners het hulle eie volkstaat nodig. Hierdie globale reënboog nasie het nie gewerk nie en gaan nooit werk nie. Einde van die storie.

Jasper

Hulle doen nie hulle werk nie nou waarmee sal hulle hulself besig hou?