Duisende polisievoertuie buite werking

Argieffoto

Die DA eis antwoorde van die minister van polisie nadat dit aan die lig gekom het dat daar tans meer as 8 000 polisievoertuie buite werking is.

Zakhele Mbhele, die DA se skaduminister van polisie, het gesê ʼn parlementêre vraag het aan die lig gebring dat meer as 2 000 voertuie in Gauteng en 1 500 voertuie in die Oos-Kaap tans buite werking is. “Sommige polisiestasies het net vier voertuie om agt sektors mee te bedien,” het Mbhele gesê.

Volgens die nasionale raad van provinsies (NCOP) is daar 48 247 polisievoertuie landswyd. “Dit beteken ʼn skokkende 16,6% van alle polisievoertuie is buite werking of wag op herstelwerk. Daar is net een voertuig vir elke vyf polisielede,” het Mbhele gesê.

“ʼn Verslag deur die Gautengse portefeuljekomitee oor gemeenskapsveiligheid het vroeër aan die lig gebring dat daar ʼn probleem by die werkswinkels is waar die motors herstel word.  Daar is ʼn duidelike verband tussen prestasie en toegang tot hulpbronne.”

Volgens Mbhele is dit gans te algemeen vir polisiebeamptes om te sukkel sonder die basiese toerusting wat hulle benodig om Suid-Afrikaners op ʼn daaglikse basis veilig te hou.

“Sonder voertuie kan daar nie tydig op misdaad gereageer word nie, dus beïnvloed dit die veiligheid van ons burgers direk. Die DA eis om te hoor wat Nathi Nhleko, minister van polisie, en die Suid-Afrikaanse Polisiediens daaraan gaan doen.”

Mbhele het gesê dit is onaanvaarbaar dat beamptes nie hul werk kan doen as gevolg van iets so eenvoudig soos nalatigheid om rekord te hou van watter voertuie herstelwerk ondergaan, om die voertuie betyds te gaan haal en om funksionerende herstelwerkswinkels te bestuur nie.

“Die DA kan nie net toekyk hoe misdaad hoogty vier omdat polisiebeamptes nie voorsien word van die nodige toerusting om van Suid-Afrika ʼn veiliger plek vir almal te maak nie”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Reg ·

Ek wonder hoe gereeld word inspeksies op voettuie uitgevoer deur n bevelvoerder of n offisier vanaf n Provinsiale kantoor of hoofkantoor.

Katryn ·

As ‘n eks speurder sê ek: “Hoor hoor!” Voertuie is ‘n hengse probleem. Probeer bietjie vyf speurders op een voertuig en almal wil verklarings gaan afneem ens ens ens? Geen wonder mens sien nie meer voertuie patrollies ry in ons wyk nie.

Jakes ·

Vra ek nog altyd: Waarom word al die gesteeld en teruggevinde voertuie, geskutte voertuie en alle voertuie wat op versekeringveilings nie toegeken aan beamptes? Luukse voertuie word summier opgebondel en as skroot gestort terwyl dit mos ‘n vloot diensbare voertuie kon wees?

Jaans ·

Ek is ook n X- cop —-ons mag nooit enige familie of vriende vervoer nie, wat nog die hele naweek inkopies doen met n Gov voertuig…kinders by skole af laai…sien nou die dag hele vangwa vol skool kinders….wonder of hulle betaal word?

Ouma ·

Aag shame! Rerig!! Niks werk in ons geliefde ou land nie! Wat kan daaraan gedoen word? En wie het die guts?

Piet Pompies ·

Die afdelingshoof gebruik die 4×4 dubbelkajuit bakkie om werk toe en terug te ry, die mense op die vloer kry die krummels…..

Poot ·

Ag as die politici en die kommentators tog net hulle feite kan regkry voor hulle aannames maak, sal die land ook ‘n beter plek wees.
Al wat die DA reg het is die voertuig vloot sterkte. die res van die inligting is ‘n heksejag.

Johann ·

En die voertuie wat wel semmi funsioneel is; word gebruik vir persoonlike doeleindes en taxis. Ergste is hoe NUMBA ONE en sy kaders met meervoud luukse voertuie karwei word. Maar net nog statistieke en bewuse en aanklagte…NIKS konstruktiefs kom hiervan nie.

Christo ·

Ja née by my stasie ry ons mt 1 bakkie. Sodra DT breek mut ons mt a Tiida ry wat se wiel bearings raas. Sy steering rack is oki sharpi. Voertuie is a problem ma wat dun die management?????? Sweet nothing. Gee ons genoeg regte voertuie n ons sal better patrollies dun eni gemeenskap doen. Management is te harder gat!!!!

Boswyk ·

Die SAPD het meer as genoeg voertuie en hulpbronne. Dit moet net produktief en effektief aangewend word. Daar is egter n terminale tekort aan dissipline, kundigheid en proffesionalisme.

zoom zoom ·

Die weermag het so baie ligte voertuie sedans dat elke lid in die weermag ‘n voertuig het om mee te ry vir shopping of huis toe en vir privaat gebruik. Dalk kan die weermag ‘n paar voertuie afstaan aan die SAPD

Alida ·

Daar honderde werkswinkels waar die goed herstel en gediens kan word maar die tender vir herstelwerk is seker weer net aan een persoon gegee. Korrup verby.

Beertjie ·

Ek is ‘n polisie reservis en doen meestal plaas patrollies. Ons het nie eers meer ‘n voertuig vir landelike beveiliging nie. So plaas patrollies bestaan nie meer nie. Voertuie wat nog oor is, is in swak kondisies en baie gevaarlik om te ry. Voertuie staan maande voor herstelwerk gedoen word.

Saampie ·

Dis omdat dit vir taxies gebruik word en mekaar by die huise gaan haal en af gelaai word .

broos ·

1. kon die 40miljoen + eerder gebruik het om voertuie te hersien/vervang. dalk moet hulle maar die minister se porsche gebruik vir polisie?
2. daar is nooit ‘n tekort aan polisie voertuie as hulle moet gaan shop of hulle families lifts gee nie???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.