Duisende poste by Marikana-myn in gedrang

Die Marikana-myn. (Foto: Sibanye-Stillwater)

Sibanye-Stillwater het vakbonde Woensdag ingelig dat hy beoog om altesaam 5 270 poste by sy Marikana-mynbedrywighede, voorheen die Lonmin-myne, te sny.

Onder die 5 270 werknemers wat geraak word, is 3 904 permanente werknemers en 1 366 kontrakteurs.

Die vakbond Solidariteit sê hoewel die maatskappy verskeie redes vir die afleggings aanvoer, is dit duidelik dat die geraakte werkers die prys betaal vir die vakbond Amcu se vernietigende staking van vyf maande in 2014. Hy pak ook die skuld op Ben Magara, die voormalige uitvoerende hoof van Lonmin, se wanbestuur.

“Magara was meer daarop ingestel om Amcu gelukkig te hou as om te fokus op die volhoubaarheid en effektiewe bestuur van die myne. Gevolglik moet Sibanye-Stillwater nou Magara se gemors regstel en moet onskuldige werknemers die prys daarvoor betaal,” het Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, gesê.

Solidariteit het gesê hoewel die afleggingskennisgewing nie ʼn verrassing is nie, sal hy steeds alles moontlik doen om afleggings te probeer voorkom, óf om te verseker dat daar geen gedwonge afleggings voor die einde van die jaar plaasvind nie.

“Dit sal onsensitief wees as enige werknemer ʼn Kersgeskenk in die vorm van ʼn afleggingspakket van Sibanye ontvang,” het Du Plessis gesê.

Sibanye-Stillwater het in ʼn verklaring gesê die stap word gedoen weens deurlopende finansiële verliese en omdat sekere skagte die einde van hul ekonomiese reserwes bereik het.

Die afleggingsproses volg op ʼn drie maande lange hersiening van die bedrywighede by Marikana, nadat die maatskappy vroeër vanjaar met Lonmin PIc saamgesmelt het.

“Die voorgestelde herstrukturering word oorweeg om die volhoubaarheid van die Marikana-operasie te verseker, wat nie as ʼn onafhanklike identiteit ʼn saak van voortdurende belang is nie,” het Neal Froneman, uitvoerende hoof van Sibanye-Stillwater gesê.

Volgens Froneman is die uitkoms van die herstruktureringsproses ʼn meer volhoubare onderneming wat werk vir die meerderheid van die Marikana-werksmag oor ʼn veel langer tydperk sal verseker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Outoppie ·

En nog ń unie(Amcu) wat sy mense sonder werk laat sit. Raak ontslae van hierdie unies wat soveel eise aan maatskappye gee

remondo ·

Shjoe dis onaangenaam … maar te verwagte die unies kan n besigheid breek en nou waar is AMCU se bestuur? hulle ry lekker rond in luukse moters en bly in pragtige huise – werkers betaal

Chris Ws ·

Ek het geweet daai 5 maande lange staking gaan GROOT probleme vir stakende werkers veroorsaak.Hier kom dit nou – en die’ is die oortjies van die seekoei.Wag en kyk maar wat kom.Die regering WIL nie hoor as hulle gewaarsku word oor die mag van die unies nie.NOu gaan daar meer as 5000 minder belasting betalers wees vir die staatskas.

skurweberg ·

NOODOPROEP: Sit meer geld weg vir sekuriteitsopgraduerings.

CallieL ·

Glo maar. Nou kom die volgende staking om te keer dat mense hulle werk verloor maar die breinkrag is nie daar om te besef dit gaan lei tot volgende afbetalings nie. Afrika sal en kan nie n sukses wees solank onbevoegde kaders en bestuurders in posisies ingedruk word waar hulle totale onbevoegdheid lei tot hierdie chaos nie. Dis nie rassisme nie, dit gaan oor bevoegdheid

Ian ·

Dit is hartseer om te lees maar dis SA se verdiende loon. Wat jy saai sal jy maai se die groot boek. Kom ons unies hou nog aan met staak en brand sommer nog biblioteke, skole en hospitale ens af om jul misnoe mee te bewys. Dit is immer Afrika se manier van dinge doen.

Hekkie M ·

Sommige mense het geen idee wat by sekere groot besighede aangaan nie.Ek het gewerk by n groot bekende maatskappy waar werkers sonder kwalifikasie meer verdien as die persoon aan wie hulle rapporteer wat jare diens en die nodige kwalifikasie het.Jy neem die bewyse en probeer dit met die Maatskappy uitsorteer ,maar daar kom niks van nie.Gee die arbeider wat hom toekom.Jy volg die grieweproses en dit eindig dan by die CCMA.Ek het gesien waar jy n verhogings brief moet oorhandig aan aan die werkers wie aan jou rapporteer maar hy verdien R4000 pm meer as jy.Siek mense in die Land,jammer maar ek is vir beskermde stakings.

fish ·

Kry vir julle die wat mos wou staak vir 5 maande en aandring julle gaan die myn afbring tot in die grond. Is mos daai denke van brand die bus af en staan more en wag vir die bus.
Net Jammer daar is mense wat nooit wil staak nie en nou sonder werk kan sit. Mense wat wil werk vir ‘n beter toekoms.

Is vir my altyd so snaaks. Jy aanvaar die job vir daai betaling en dan ‘n maand of 3 later insist jy, jy moet meer kry en is jou “Human right” Ook maar lekker stupid. Bedank as jy beter pay soek en gaan werk by iemand anders wat vir jou IK sal betaal.

Hanlie ·

Sjoe, hier sien ek groot moeilikheid kom. Hoop nie dit eindig soos die vorige Marikana slagting nie. Kry die mense baie jammer.

Charl ·

Nog 5270 mense by die 10 miljoen wat gaan roof en moor vir kos en geld

Ai dit is wonderlike in Suid Afrika

Johan ·

Die grootste probleem met Afrika is dat hy Nie kan somme maak nie.1+1=3 en Basta,as my chief se dis 3 dan is dit 3……Dis met n rand prys vanR 15+ teen die $,die ou SA was daar dubbel die huidige werkers en is n wins gemaak op R1.50. of minder op die$.

Dries ·

Ek het self in my tyd, my werk verloor. Tensy mens self daar deur is, verstaan jy ni ten volle ni…
Maar, dis ni n verassing ni. Net soos ek verwag het dat di minimum loon werkloosheid sal bevorder, was di staking plus di reuse verhogings (uitgawes) ni volhoudbaar ni.
Ongelukkig sal vakbonde DIT nooit aan werkers verduidelik ni.

Skollie ·

Ben Magara het ook ‘n groot gemors by Anglo American se steenkoolafdeling gemaak, as Zimbabweër is hy vreeslik liberaal en die ANC/vakbonde vreeslik goed gesind. Kyk wat het van Anglo se steenkoolmyne oorgebly vandag. Toe skuif hy platinum toe.

chrisjan ·

Die vyf maande lange staking het duisende werkers so baie gekos dat hulle dit NOOIT dit wat hulle verloor het sal kan inhaal nie.maar die goed is TE DOM omdit uit te werk!Hier kom nou nog verlies van inkomste vir 5270 bo op dit wat hulle tydens daai lang staking verloor het .So hul agterstand word net groter.Maw hulle het NIKS gescore deur die lang staking nie – net verloor.Maar die Amcu unie baas smile al die pad bank toe!En die anc regering is te onnosel om te sien wat doen die unies aan die land se ekonomie EN sy mense!Hierdie afleggings op die myne is net die begin . . . . . . .

Koos de Meyer. ·

So gaan die ekonomie verder in die afgrond in maar wat kan ons sê.

Geweet ·

2014/5 se stakings gaan die volgende stakings soos ‘n Sondagskool piekniek laat lyk.

Anoniem ·

Dit is nie lekker nie dit is eintlik hartseer om te sien hoe mense so vasgevang word deur unies wat hul als belowe en dan gebeur dit wat nou gebeur. Wanneer gaan mense leer dat unies is n ewel wat net na hul eie belang omsien.

Magda ·

Wat verwag die mense – EEN STAKING OP DIE ANDER en geen geld kom in nie- Wees bly julle het n werk – en begin om dit te doen eerder as om te staak – JULLE bring dit oor julle self. – so GET WHAT YOU DESERVE

George in Bloem ·

Goeie werk en baie dankie AMCU. En Magara wat lyk my op ‘n “crusade” is om SA in Zim te verander. Idioot. Gaan terug na waar jy vandaan kom.

Naas ·

Dis jammer maar alles die ANC en sosialistiese vakbonde se skuld.

Attie. ·

In die Nuwe SA maak niks sin nie. Lyk my die Staatspresident rapporteer aan die vakbonde. Werkloosheid raak aan die 30% maar die wat werk het staak vir meer geld. Lyk vir my baie stemgeregtigdes glo dat die regering net kan geld druk soos hulle wil. Kan enigeen vir my mooi verduidelik hoekom die Rand relaftief sterk bly gemeet teenoor die ander geldeenhede? Ek voorsien al ‘n kwart eeu ‘n ineenstorting van die Rand maar dit gebeur nie. Ek aanvaar ek is te dom om dit te verstaan.

marous ·

Gaan vra vir die vakbonde wie het die bed opgemaak . Klagoworna maar nee …ons is slim .

Piet parys ·

Ja die unies baklei vir hulle eie salaris want wat gaan hulle sonder lede verdien ………niks . Wonder dit sal interessant wees wat is die verhogings wat unie verteenwoordigers kry.

Attie. ·

Nou kom die nuwe NGV, wat ek noual afskryf as ‘n mislukking want sodra dit halfpad begin werk dan staak die spul. Ek gaan staak as pensioenares en more gaan ek ‘n werk soek. Enigeen wat weet van iemand wat iemand in sy 70 s en Blank is en Afrikaans praat, kan indiens neem bel my. MM sal vir julle my no gee.

aj ·

Sluit die myne en ontbind die vakbonde!

…. en huur agterna die Zama Zamas om die platinum uit te haal.

Teen ‘n fraksie van die koste!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.