Duisende poste in eerste drie maande verloor

Argieffoto

Argieffoto

Sowat 15 000 werkgeleenthede het in die eerste kwartaal vanjaar verlore gegaan, het Statistieke Suid-Afrika (SSA) bekend gemaak.

Volgens SSA se kwartaallikse indiensnemingsyfers het indiensneming tussen Januarie en Maart met 15 000 werknemers gedaal tot 9,3 miljoen.

Die gemeenskapsdiens- en konstruksienywerhede was egter die uitsondering met meer mense wat in diens geneem is.

Volgens SSA het die handel-, vervoer-, myn-, vervaardiging- en sakedienstenywerhede die swaarste getrek. Indiensneming in die mynbousektor het vir die sesde agtereenvolgende kwartaal afgeneem.

In die eerste kwartaal van 2016 het die mynwese 4 000 minder werknemers in diens gehad, ná ’n afname van 17 000 werknemers in die vierde kwartaal van 2015.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Wern ·

Natuurlik is die ANC en hulle ondersteuners se IK te laag om te begryp dat hierdie werkverlies die gevolg is van hulle swak en korrupte “leierskap”.

Oom Ekonoom ·

Amper niemand wil meer besighede oopmaak of uitbrei in hierdie land nie, want as jy waag om te wil besigheid doen sak allerande mense toe op jou met eise vir gunste, jy word beperk deur irrasionele regulasies en wetlike vereistes, omkoopgeld, stakings, werkers wat net meer en meer eis, staak of jou sommer doodmaak! Jy word in die gemerk as n aaklige kapitalis, beroof, kry nie dienste nie, kostes soos krag en brandstof raak net hoer, en plaaslike gemeenskappe en politici se tot vir jou jy wie jy moet aanstel!

snoefie ·

Oom ekonoom, hoekom gee ons gehoor? by die myne raak dit n instelling om witmense vir die belaglikste redes af te betaal. bv. jy komna drive week verlif by die werk. uur later storm die”gestapo” inom te audit. die myn se bakkie se bakkie se veiligheidsgordel is stukkend, die persoon wie in jou afwesigheid afgelos het, het nie die daaglikse verslag voltooi nie. in jou afwesigheid was veiligheidstoerusting nie nagegaan.jy was op jaarlikse (afgedwingde verlof want jy het teveel verlof) maak nie saak nie. dis jou verantwoordelikheid, daarom word jy afbetaal. ccma se dis die werkgewer se goeie reg om jou af te betaal. moes jy dantydens jou verlof elke dag ingegaan het om jou “verantwoordelikheid” na te kon?

Oom Ekonoom ·

Daar is n paar redes. Ons word verplaas uit ons eie land want ons bevolking is klein, groei nie meer nie, emmigreer eerder, en baie belangrik, ons sosiale kapitaal is laag. Ons het nie hegte familie en sake bande nie en help mekaar nie naastenby soos wat ander groepe mekaar help nie. Ons het vervlak deur om sepie en sportsterre ons rolmodelle te maak in plaas van entrepreneurs, wetenskaplikes en goeie gemeenskapsleiers. Ons het verkeerde loopbaanbesluite gemaak en kan daarom nie die nuwe groeiende ekonomiese sektore soos biotech, nanotech, data en sagteware ontwikkeling op groot skaal aanpak nie. Party is pessimisties en breek goeie idees af, en ons kan nie saamstaan nie. Hierdie faktore is wat sterk groeiende nasies van agteruitgaande nasies onderskei. Ons kan omkeer, en dalk is die huidige druk op ons presies wat nodig is.

Maria ·

Ek lê die skuld vir werkloosheid voor BEE se deur. Onbevoegde mense MOET in bestuursposte aangestel word. Besighede MOET BEE stuktuur hê. I rest my case.

Connie ·

En wie moet ons bedank? Nie Boland Bank nie!!!!!! Die treurige ANC!!!!!!!!

Rudolf ·

Maar is dit nie waarvoor hulle vir die laaste jare gestrike het nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.