Duisende rande se City Power-kabels in huis gevind

Van die kragkabels wat by die huis gevind is. (Foto: City Power)

Die polisie beoog om die eienaar van ’n huis in Lombardy, Johannesburg, te ondervra nadat duisende rande se kragkabels wat aan City Power behoort die naweek by dié huis gevind is.

Dít terwyl die omgewing van Lombardy, Alexandra en Bramley die afgelope paar dae kragonderbrekings ondervind het weens kabeldiefstal.

Isaac Mangena, woordvoerder van City Power, sê City Power het ’n wenk ontvang oor rolle gebruikte én nuwe kragkabels asook verdagte bedrywighede by die betrokke huis.

Die polisie en City Power se veiligheidsafdeling het die huis gevolglik besoek en vasgestel dat die huis verhuur word.

“Tydens die eerste besoek Vrydagaand was die hekke gesluit, maar ons kon kabels versprei in die oprit en in die motorhuis sien lê. Die polisie kon Saterdagoggend daarin geslaag om die perseel binne te gaan en 50 meter ondergrondse koperkabel en sowat 15 meter paal-tot-grond koperkabel is gevind,” sê sers. Thela, hoof van veiligheid by City Power.

Die kabels is na die polisiestasie geneem en ’n saak is aanhangig gemaak.

Daar is intussen vasgestel dat die huis aan skoolleerders verhuur word. Die eienaar van die huis se identiteit is in dié stadium nog onbekend.

Dit is nie in dié stadium duidelik waar die kabels gesteel is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

DanieB ·

Ek huil sommer as ek hierdie lees. Regtig? Skoolkinders wat n huis huur en kabel diefstal? Dit is nou nie meer n kwessie van waar gaan alles eindig nie. Lyk my ons is by die einde.

Coolbanana ·

Die straf is te lig… Hierdie is sabotasie, gee hul 20 jaar minimum

Cherokee ·

Julle kom te vinnig tot oorvereenvoudigde besluite. Miskien het hulle gesien die kabels werk nie lekker nie, en dit ingeneem vir herstelwerk.

Niklaas ·

Om hierdie misdaad te beheer of stop, sal opgetree moet word teen diegene wat die koperkabels aankoop by die diewe. Soos die dwelmhandel

Mad Mike die Rhodesiër ·

Wonder wie het die werk gedoen, die kinders of die eienaar…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.