Duisende rande se dwelms in trok gevind

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Vier mans is in hegtenis geneem nadat die polisie se Sentraal-Karoo-honde-eenheid dwelms ter waarde van meer as R350 000 in ʼn vragmotor in Beaufort-Wes gevind het.

Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het besluit om roetine-ondersoeke van voertuie op die hoofingang- en uitgangroetes van die dorp te doen in ʼn poging om dwelmhandel op dié roetes hok te slaan. Vrydag omstreeks 04:45 het die beamptes ʼn vragmotor op die roete voorgekeer wat in die rigting van Kaapstad op pad was.

“Die vragmotor is deursoek en 3 550 bondels khat is gevind waar dit in bokse tussen die vrag op die voertuig versteek was,” het Pojie gesê. Die vier verdagtes in die vragmotor, Frans Mathebela (52), Aubrey Godi (44), Sossias Makhiyana (38) en Joseph Sithole (22), is op die plek in hegtenis geneem.

Die polisie het ook op die dwelms en die vragmotor beslag gelê.

Die verdagtes het reeds Vrydag vir die eerste keer in die hof verskyn en sal binnekort weer verskyn sodra ʼn hofdatum vasgestel is. Hulle bly in polisieaanhouding.

Brig. Johannes du Toit, SAPD-bevelvoerder in Beaufort-Wes, het die polisiebeamptes geloof vir die inhegtenisneming en gesê dit is ʼn aanduiding dat die polisie se spesiale fokus op die vastrek van dwelmverskaffers begin vrugte afwerp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Lise ·

Baie mooi Beaufort-Wes polisie! Probleem is net die mense kry borg, basies geen straf of baie ligte vonnisse en handel voort.

Justice ·

Nog nooit van khat gehoor of gesien nie – word dit ge-eet, gerook of gedrink?

Noxthefox ·

Khat is “n plantaardige ding wat sy ontstaan daar in Wes afrika het. Hulle kou dit soos “n bees heeldag herkou en volgens die wat dit gebruik gee dit so “n dooie gevoel in die mond end dit veroorsaak ook een of ander euforie.

Elize ·

Ek kan baie dinge in die lewe verstaan.maar dwelms is die eending wat ek nie verstaan nie. Hoe kan n mens jou lewe jou liggaam en ander mense se lewe so vernietig met die gemors.hulle doen dit net om op n trip te gaan.kan die wat dit gebruik nie beter goed gebruik as dit.om op daai trip te gaan nie. Klim n vliegtuig en gaan op n trip oorsee.enige land. Hoekom verniel hulle. hulle lewe en die van hulle geliefdes so. HOU OP DAAR IS ORAL HULP.GAAN VRA NET. En wat vir my baie baie onstellend is.is dat dit volwasse mense is wat daai goed aan ons kinders verskaf. Hoekom.hoekom. asb moenie dit doen nie.daai kinders se lewe le voor hulle. Dis baie hartseer.

Sug ·

Elize, twee dinge, eerstens, baie min mense besluit sommer net op ‘n dag, nou gaan ek dwelms gebruik, want ek wil my lewe en die mense om my se lewens verwoes. Dit word “onskuldig” in gekry en jy raak verslaaf. soos die sogenaamde “onskuldige” partytjie dwelms, wat dan eskaleer dit na die swaar goed. Niemand bedoel om te eindig waar dit meeste van die tyd eindig nie.
Tweedens, die komma , en die punt . is langs mekaar op die keybord.

zoeye ·

soms is dit beter om niks te sê as jy nie weet waarvan jy praat

Vissie ·

Baie interessant, en knap gedaan ana die manne wat die vonds gemaak het. Net ‘n versoekie aan Maroelamedia: Ek weet “trok” is lekker kort vir ‘n opskrif, maar dis darem so Engels. Weliswaar word in die berig na “vragmotor” verwys. Ons moet maar op elke hoek en draai veg vir ons mooi Afrikaans. Ek ken opskrifte en hul lengte baie goed, nadat ek veertig jaar lank self in die joernalistiek was en duisende opskrifte geskryf het, maar kom ons probeer hierdie een uitroei. Groot asseblief.

zoeye ·

KAT word verwerk tot ‘n poeier en dit word gesnuif/gesnort/whatever
dis ook wat Joost destyds saam die poppie gesnuif het voor al die drama kan julle onthou>?

gee jou hope en hope energie veral as jy 2 werke het om die pot aan die kook te hou
nou…… go on judge

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.