Duisende rande se toerusting by skool gebuit

Argieffoto

Daar is Donderdag vir die soveelste keer by ʼn skool in Gauteng ingebreek en elektroniese toerusting gesteel.

Die Gautengse onderwysdepartement het sy skok uitgespreek nadat die Khulasizwe Primary School in Tembisa aan die Oos-Rand dié keer deurgeloop het.

Steve Mabona, woordvoerder vir die departement, sê in ʼn verklaring inbrekers het die skool se alarmstelsel laat afgaan waarna ʼn sekerheidsmaatskappy die polisie na die toneel ontbied het.

Die inbrekers het met die polisie se aankoms reeds van die toneel gevlug. Hulle kon daarin slaag om met 41 skootrekenaars, 25 rekenaars, 25 tablette, twee dataprojektors en R1 900 se kontant weg te kom.

Die waarde van die gesteelde goedere word op sowat R500 000 geskat.

Volgens Mabona is die departement bekommerd dat waardevolle hulpbronne wat veronderstel is om die gehalte van onderrig te verbeter, deur sommige as ʼn geleentheid gesien word om leerders van hul reg op basiese onderwys te beroof.

“Ons skole is ’n jagveld vir misdadigers. Ons wil ’n beroep op die gemeenskap doen om saam met wetstoepassingsagentskappe te werk en inligting aan te meld wat sal verseker dat die oortreders aan die pen ry en geregtigheid geskied. Ons kan nie die toekoms van ons kinders belemmer nie,” het Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, gesê.

Dit is nie die eerste inbraak by ʼn tegnologiese gevorderde skool aan die Oos-Rand vanjaar nie. Die Menzi Primary School in Brakpan het vroeër vanjaar deurgeloop toe diewe met 85 tablette vir leerders, agt skootrekenaars vir onderwysers, twee dataprojektors, drie lessenaarrekenaars, ʼn plasma-TV, kleinkaskontant van minder as R500 en ʼn digitale video-opnemer op die vlug geslaan het.

Nie minder nie as tien verdagtes is kort daarna in verband met die inbraak in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Andre Coetzee ·

So gaan dit in die land…vervang maar.Oor ‘n maand kom haal weer die vervangde toerusting.

Irma ·

Waar op die aarde is Lesufi nou. Die man bemoei hom mos voor die voet met alles wat werk sodat hy dit kan opfoeter. Hier is nou vir hom geleentheid om te wys dat hy ‘n bydrae kan maak om die skole se toerusting kan help beveilig.

Skroot ·

Lesufi is te besig met sy politieke spel. Om wit kinders in township skole te plaas om hom aan iets so mundane te steur. Die hom. Jaag hom weg! Belastingbetalers betaal sy salaris en ons wil hom nie hê nie.m

lewies ·

Ons land nie skole, is eindlik ‘n jagveld vir misdadigers, dit is waaroor dit gaan. En ons kinders is in die spervuur.

Penellope Jones ·

Lyk my die departement het nog nie lesse geleer rakende elektroniese toerusting by skole nie.
Hoeveel keer moet hulle nog die kop stamp voordat hulle agterkom dat die toerusting besmoontlik Sal wegraak?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.