Duisende rande vir inligting oor Stellenbosch-moord

Pieter Verster (Foto: Facebook)

Die Wes-Kaapse polisie het ’n beloning van R15 000 uitgeloof vir inligting wat kan lei tot die vervolging van diegene verantwoordelik vir die moord op Piet Verster in Stellenbosch meer as twee jaar gelede.

Verster is in Oktober 2017 deur twee mans oorval terwyl hy en sy vrou geslaap het. Verster is met ’n mes aangeval waarna ’n stoeiery tussen hom en die aanvallers ontstaan het. Verster het glo enkele oomblikke daarna inmekaargesak.

Maroela Media het vroeër berig Verster se 14-jarige seun, JP, het destyds gedurende die stoeiery met gholfstokke op die verdagtes afgestorm.

JP is in die struweling verskeie kere met ’n mes gesteek en in ’n hospitaal opgeneem. Sy pa is egter op die toneel dood. Niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie; daarom dat die beloning nou uitgeloof word.

Enigiemand met inligting wat tot die vervolging van die verdagtes kan lei, word versoek om speursers. Steven Adams by 0824696794 of Stop Misdaad by 08600 10111 te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Frederik ·

Tyd dat die polisie hulle werk doen en ophou om onskuldige mense te teiken en lastig te val

Sterretjie ·

Dis baie hartseer. Hoe moet hierdie mense aangaan met hul lewens as die boosdoeners nog rondloop!

Botterblommetjie ·

Hartseer hoe ons SAPD agteruitgaan en polities georenteerd raak. My man so twee weke terug sommer gestop deur twee polisiemanne in ‘n ongemerkte kar en gevra gebruik hy dwelms. Waarop hy eerlik, nee antwoord. Hulle sy voertuig deursoek. (Ek noggal na die tyd gesê hy moes liewer polisiestasie toe gery het, netnou plant hul iets) Toe word hy vertel hulle al hoeveel blankes vandag gestop het om te deursoek en toegesluit. Hoe simpel ook al, dit was senutergend vir hom. Nou is my vraag – hulle teiken blankes en kommer ook dus seker nie as hulle vermoor word nie… Die hartseer is ons blankes is bloodgestel en die regering met al hul uitlating help beslis nie. Die familie het seker ook maar die R15 000 bymekaar geraap en skraap want hulle nou sonder ‘n man en pappa…. dalk hope mediese kostes van seun ens. Hartseer verby….

katerinadiekat ·

Wat jou man oorgekom het is baie onrusbarend. Ek hoop nie dis n nuwe manier om blankes in die moeilikheid te kry en dat dit nou grootskaals gaan gebeur nie. Mens wil regtig nie meer mens se huis verlaat nie!

Pieter J ·

Ek hoop die seun het die nodige toekenning gekry vir sy uiters heldhaftige optrede al kon hy die sy pa se lewe red nie.

netekalleen ·

Al wat ek kan se is dat dit skokkend is, 2 jaar na die tyd is die saak nog nie afgehandel nie. lyk of die polisie net nie omgee nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.