Duisende rekrute begin met opleiding

(Argieffoto: SA Polisie)

Die werwing- en keuringsproses is afgehandel en 4 500 rekrute van die 10 000 wat vir die 2024-’25-boekjaar gekies is, meld Maandag by verskeie polisie-akademies aan om met hul opleiding te begin.

Die tweede groep van 5 500 rekrute sal in Januarie met opleiding begin.

Meer as ʼn miljoen aansoeke is oorspronklik vir die 2024-’25-tydperk ontvang, sê brig. Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder.

“Die werwing en keuring van geskikte kandidate wat aan al die basiese vereistes voldoen is van kardinale belang vir die voortgesette sukses van die werk en mandaat van die polisie. Finale keuring is gegrond op meriete en die proses is vry van vooroordeel, nepotisme en diskriminasie,” sê Mathe.

Ná hul suksesvolle afhandeling van die basiese polisie-ontwikkelingsleerprogram (BPDLP), sal die rekrute by ondersoekeenhede, hoë-misdaadstasies en gespesialiseerde eenhede soos die openbare orde- eenheid ontplooi word.

Volgens Mathe het pres. Cyril Ramaphosa drie jaar gelede aangekondig dat die polisie se kapasiteit versterk moet word om misdaad te bekamp.

Die polisie het die afgelope twee jaar 20 000 polisiebeamptes opgelei en by stasies en eenhede ontplooi om polisiëring te verbeter en misdaad te voorkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.