Duisende reserviste nou as SAPS-lede opgelei

Foto ter illustrasie. (Foto: Twitter)

Die opleiding van meer as 2 000 polisiereserviste as permanente lede van die polisie het Maandag begin. Veiligheidswagte wat voorheen as reserviste gewerk het, maak ook deel uit van dié groep.

Die opleiding vind by agt van die polisie se akademies reg oor die land plaas en het ten doel om die polisie se kapasiteit uit te brei en meer lede op voetsoolvlak te ontplooi om gemeenskappe te dien.

Die 2 506 reserviste en veiligheidswagte is reeds in Desember as polisiekonstabels aangestel. Reserviste is lede van die publiek wat uit vrye wil hul dienste vir die polisie aanbied om beamptes op voetsoolvlak by te staan om misdaad te bekamp. Om as reservis aangestel te word, moet lede van die publiek eers ʼn keuringsproses ondergaan, waartydens hulle sielkundig en fisiek geassesseer word. Daarna ondergaan hulle basiese opleiding soos die hantering van ʼn vuurwapen om hulle in staat te stel om polisielede by te staan.

Die besluit om reserviste as amptelike polisielede op te lei is reeds in Julie 2019 geneem.

“Die nuutaangestelde konstabels sal ʼn vier maand lange opleidingsprogram ondergaan, waartydens hulle in ʼn aantal gebiede opgelei sal word om die publiek te dien. Die program is aangepas om te bou op die opleiding wat hulle reeds as reserviste ontvang het,” sê kol. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder.

“Sodra die reserviste die program voltooi het, sal hulle by polisiestasies en dienspunte in hul onderskeie gemeenskappe aangestel word.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Hennie J ·

Hulle moet die polisie nou op voetsoolvlak bystaan en gratis diens lewer met die hoop op n werk op n later stadium. Wat van die oorgewig teletubbys, sommige in hoehak skoene met pruik-en-al, wat polisiestasies vol le en nie n duit werk doen nie?

KB ·

Om die probleem op te los kan mens nie die gevolge dokter nie. Begin by die oorsaak, ie. Cele/ANC regering.

jzjz05 ·

Ek hoop daar is ook wit man en vroue reserviste by en nie net geresiveer vir BEE of SEB nie.

Anel ·

Ons seun het ook aansiek gedoen, maar niks. Hy is ongelukkig wit

Boeing ·

Op die oog af lyk dit na ‘n goeie inisiatief. Hoop nie dit ontaard weer in ‘n pot gemors nie.

Strandloper ·

Goeie nuus veral omdat dit polisiereserviste is wat eers verniet gewerk het vir geregtigheid. Verbeel ek my….of is die meerderheid lig van gelaat?

pompies ·

Dit is n ou foto daar staan geskryf “ter illustrasie” so ons hoop is weereens vertroebel.

Stephanus ·

Hulle gaan binne n afsienbare tyd broodnodig word. Die mense raak honger, die leiers baklei en soek n magsbasis om hul spiere te wys en diegene in bestuursposte sorg vir hul eie sakke. N goeie resep vir n vuisgeveg.

Johan ·

Die regering en sy “leiers” het lankal beheer verloor, stel net belang in maklike twak soos om die covid regulasies af te dwing….. Jou veiligheid is n DIY werkie vriend.

Baardman ·

Of is dit om meer van hulle wettiglik te bewapen…..hoop darem nie so nie

Persheks Adri ·

Net basiese opleiding van wapens mmmmmm nou raak ek nog meer bekommerd! Hierdie gedeelte pla my ook, want duidelik doen hulle dit nie gereeld nie… “waartydens hulle sielkundig en fisiek geassesseer word”

Hoop van harte dat daar blankes ook is en nie net Cele se “kinders” nie!

Samuel ·

Wat kan hierdie mense in vier maande leer? Dan word hulle uitgeplaas na “dienssentrums” waar hulle blootgestel word aan mense wat lankal nie meer oor die publiek bekommerd is nie.

JohanR ·

SAPS diens is al klaar swak. Dink nou hoeveel swakker dit gaan word. Verstaan daar is ‘n paar ouens daar 50 en oor.

Linx ·

Ek verstaan dat hierie foto “net illustrasie “is maar net my 5c,law enforcement &saps is 2 verskillende “besighede” dt mk net ni sin om n foto van zuma by n berig van ramaphosa t sit ni en ja dalk gaan een of anner slimmetjie no weer mt een of ander séding soos “almal ewe sleg” comment maar dt maak net sin dat die regte” illustrasie” by die berig kom

Johan ·

Is dit nou om die algemene burgers verder te teister met covid regulasies…die pote is ons vyhand danksy die covid Dictator council, verander dit en die regte Polisie kan dalk weer funksioneer.

Nie Verbaas ·

Nog n ANC flop op die horison as hulle aan dieselfde keuringsprogram onderwerp is as huidige BEE lede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.