Duisende rykes het al SA verlaat

Argieffoto

Argieffoto

Meer as 8 000 Suid-Afrikaanse miljoenêrs het reeds sedert 2000 die land verlaat.

New World Wealth in samewerking met LIO Global het sopas sy jaarlikse hersiening van die migrasiepatrone van miljoenêrs wêreldwyd afgehandel.

Volgens die verslag het meer as 8 000 miljoenêrs reeds na onder andere Australië, die Verenigde Koninkryk, Ciprus, Mauritius, die VSA en Kanada verhuis.

Volgens die verslag word ʼn miljoenêr beskou as enigiemand met bates van meer as $1 miljoen wat hul primêre wonings uitsluit.

Sedert 2000 het meer as 125 000 miljoenêrs van verskillende lande hulself in die Verenigde Koninkryk gevestig.

Meer as 91 000 miljoenêrs het sedert 2000 China verlaat.

Klik hier om die volledige verslag te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Bruno Stef ·

Soos die spreukwoord se “Die rotte verlaat die sinkende skip”. Dit is opmerklik hoeveel chinese hulle in Australie en ander westerse lande vestig hulle is seker moeg vir kommunisme.

jacques ·

Hulle is die enigste wat kan imigreer ja ons arm outjies moet maar wag tot ons eendag vlugtelinge kan word en meskien gaan daar darm n land wees wat ons sal invat.

Drieks ·

Baie goed vir hul. Wens gewoone mense kon ook sulke keuses gemaak het. Geld bly alles…
Solank van ons mense ‘n toekoms anderkant kan hé, is ek gelukkig vir jul.

Gielie -Namibië ·

Daardie statistiek is nie genoeg om die ANC regime se dikvelligheid binne te dring, inteendeel….. Ek en my gade het ook SA verlaat rn is sedert 2006 Namibiese burgers, my geboorteland. Die hoofsaaklike rede was dat my vorige werkgewer Absa vir wie ek 25 jaar gewerk het, EE meer belangrik geag het. Ten spyte van goeie “performance” het my vergoeding al hoe swakker geword en die EE’s het meer floreer. Einde ten laaste het ek besluit genoeg is genoeg en sedertdien is ek by Nedbank Namibië wie my dienste waardeer en erkenning gee vir my “performance”. Ek en my vrou weet dis als net genade en ons leef in diepe afhanklikheid van die Here. Hier in Namibië word mens immers nie skuins aangekyk as jy ‘n beleide Christen is nie; selfs die President en Ministers is openlik beleide Christene. Hier word groot byeenkomste ook met gebed geopen; dit opsigself gee ‘n knop in die keel.

Johan 2 ·

Ek oorweeg ook Namibia maar klink my dis vrek moeilik om burgerskap te kry, is dit waar?

Peet Schabort ·

Net vanoggend weer gaan video’s en foto’s neem van riool wat in die Vaaldam loop.
Dink net, jy bestuur ‘n land maar kan nie riool bestuur. Maak mos nie sin.

Gideon ·

Uiterste skande dat ons so sleg behandel word in SA, wag maar oor 20 jaar wil ek sien hoe word die son, maan en sterre belowe aan almal wat moed gehad het om elders te probeer veilig en sonder diskriminasie te leef!!

Cathy Kotze ·

Ongelukkig is ‘n miljoen Rand minder as $100,000 werd. Daardie miljoners is heelwat armer wanneer hulle in die buiteland aanland.

Jacques, jy besef klaarblyklik nie hoe hoog die aanvraag vir ambagsmanne in die buiteland is nie. Talle verlaat Suid-Afrika met werkspermitte. Westerse lande het ‘n oorvloed van gegradueerdes, maar daar is ‘n knaende tekort aan vakmanne.

Indien Suid-Afrikaners bereid is om vir ‘n paar jaar in die koue noorde van Kanada te werk, gaan hulle nie net ‘n hêngse klomp geld maak nie, maar daarna baie maklik werk kry op plekke waar die klimaat baie meer gematig is.

Onthou, Kanada se koue is nie Suid-Afrika s’n nie. Jou huis sal altyd sentrale verhitting hê. In die huis is dit pal somer.

CHRISTA ·

Hier is talle skatrykes (ingesluit Zuma, Ramaposa en hulle talle ministervriende) wat elke keer honderde duisende oorsee neem wanneer hulle kamma konferensies gaan bywoon of besoek aflê in ander lande (soos Zuma nou in Rusland)!! Ek kan julle waarborg dat selfs Mugabe meer miljoene in oorsese banke het as in Zimbabwe!!

arizona ·

Ek is n geskeide vrou van 39 met 2 bloedjonk kinders. As ek die geld gehad het was ek binne n japtrap weg. Ek is seker daar is n flikker bord op my voorkop wat se “easy target” my voertuig is gesteel daar is in my huis ingebreek en ek is 2 keer beroof omdat ek nou publieke vervoer moet gebruik. Dit als binne n maand. Ek moet al 5 uur die oggend bus ry om my kinders betyds by die skool te kry. Ek is siek vir hierdie regering maar waarnatoe gaan jy as niks het nie.

Hansie ·

Ek het 2 seun, ‘n dokter en een ‘n doktor. Altwee is op pad en ek sal hul nie probeer keer nie want ek weet nie of daar vir hulle en klein kinders ‘n toekoms hier is nie. Hoop maar hulle vind geluk. Ek hoop maar Gideon is reg dat dit oor 20 jaar better hier sal gaan…..of loop die riool in die hoofstrate af in die hoofstede.

Shannon ·

“In 2006 the South African Institute of Race Relations estimated .. that 841 000 white South Africans had left the country”. Belangrik om te beklemtoon, hierdie syfers kom vanaf die “South African Institute of Race Relations”. M.a.w. `n semi staats orgaan in wie se belang dit is om blatant te lieg .. oor immigrasie, moord, werkloosheid en die ekonomie. (*1)

Ek sou so waag skoot neem en 4 stellings maak :
1. Verdubbel die 8 honderd duisend tot 1.5 miljoen, op grond van die feit dat dit waarskynlik drasties af gewater moet word om kontroversiële internasionale belang af te weer.
2. Die bron vir die syfers is `n sensus (X2) en dit sluit in mense wie nie letterlik geraadpleeg is vir hulle inligting nie. M.a.w. mense wie reeds fort is was ook sommer ingesluit.
3. Lande wie die nuwe ‘vlugtelinge’ ontvang het vereis nie dat hierdie Suid Afrikaners hul burgerskap prys gee nie. Dus is hulle ingelsuit in the telling maar eintlik is hulle lank reeds nie meer Suid Afrikaners nie.
4. Die twee stelle data dateer terug na 2005. Daar was nog 10 jaar wat verloop het tot nou.

DIE WERKLIKE GETAL WIT MENSE WIE REEDS UIT SUID AFRIKA GEVLUG HET ?

Tussen 1.5 en 2 miljoen.

Hou ook in gedagte dat hierdie mense hoofsaaklik bestaan uit families en individue met :
a. Kwalifikasies en/of
b. Tjelt ! En baie daarvan. Want as jy jouself moet inkoop in `n ander land dan kos dit nogal `n aardige bedraggie.

Dus, die verstand is fort en die geld is fort. Die oorgeblewe blankes (en dus die) Afrikaners is nou slegs arm en vreeslik godsdienstig.

*1 Vir `n goeie demonstrasie van net hoe belaglik die staats hond se inligting is, hier’s nog van hulle sensus syfers :
2011 Census: White population – 4 565 825
1996 Census: White population – 4 434 697
Loutere twak. Want dit beteken dat blankes sedert die vorige eeu eintlik na die RSA verhuis en die uit die RSA nie ??!! Ek kan jou belowe die blanke aanwas d.m.v. geboortes is nie verantwoordelik hiervoor nie, want dis `n negatiewe faktor.

KOOS ·

JA EK KAN SAAM STEM. EK IS OOK IN DIE BUITELAND EN AMBAGSAMANNE IS IN GROOT AANVRAAG. AS JY UIT SA WIL KOM IS DIE KORSTE PAD N AMBAG. NEW ZEALAND, AUSTRALIE, KANADA. DAAR IS BAIE CHINESE IN NEW ZEALAND EN AUSTRALIE MET HULLE EIE BESGHEDEDE. EK MIS SA BAIE MAAR EK WEET EK VERLANG NA N LAND WAT NIE MEER BESTAAN NIE. DIE LAND VERVAL AGV KADER ONTPLOOING, LOJALITEIT TEENOOR DIE PARTY EN NIE BEKWAAMHEID NIE.

Winston ·

Kan maar net saamstem met wat baie van julle sê. Sou ook graag wou verhuis maar ouderdom nie meer aan my kant nie. Hier waar ek bly is talle boere se kinders in die buiteland en baie gelukkig daar. Baie ook nie van plan om terug te keer nie. Die plase waarop hulle sou boer, word aan staat verkoop vir nog “wastelands”. Opkomende “boere” verwaarloos alles nieteenstaande bankrot staatshulp. Ons verdien n tuisland en moet aanspraak maak daarop.

joe ·

As derduisende nie weggehol het na lande oorsee kon dit moontlik beter gegaan het met almal van ons hier . As dinge verkeerd gaan in oorsee se lande wat nie uitgesluit is nie wil ek n ding sien . Dit gaan nie ( leeu loop wees nie maar eend trap oor die water trug hiernatoe ) Kom ons kyk !!!!!

toy ·

As ek ook n miljoener was sou ek ook immigreer want ons land gaan so agteruit.En Engeland bied die beste diens en hulp aan vir gestremdes en siekes en oues.Ek sou enige tyd as ek n miljoener was soontoe immigreer vir my seun.Maar ongelukkig is ek nie n miljoener nie so ons bly waar ons is.Geld bring jou waar jy wil wees anders is jy maar n sitting duck.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.