Duisende sê ‘nee’ vir Netflix, Showmax-lisensies

(Foto: pixabay)

Meer as 16 000 persone het reeds ʼn petisie onderteken wat die Demokratiese Alliansie in Desember 2020 begin het om die regering se planne teen te staan om lisensiëringsgeld te vra vir aanlyn stroomdienste soos Netflix, Showmax en ander.

Zakhele Mbhele, die DA se skaduminister van kommunikasie en digitale tegnologie, het gesê dié besware sal nou voor die sperdatum van 15 Februarie by Nomvuyiso Batyi, die waarnemende direkteur-generaal van die departement van kommunikasie en digitale tegnologie, ingedien word.

“Die DA staan saam met die duisende Suid-Afrikaners wat die departement se plan verwerp om TV-lisensiëringsgeld te vra vir aanlyn platforms in sy konsepdokument oor oudio- en oudiovisuele inhoud,” het Mbhele gesê.

“Dit is buitensporig dat Suid-Afrikaners geld moet betaal vir ‘uitsaaidienste’ – of hulle dit nou op ʼn televisie, ʼn rekenaar of ʼn tabletrekenaar kyk. Die enigste rede waarom die ANC die wet wil wysig om ander toestelle as ʼn televisiestel in te sluit, is om ʼn geheime reddingsboei vir die SAUK te bewerkstellig. Dit kan nie goedgekeur word nie. Die ANC is alleen verantwoordelik vir die stand van die openbare uitsaaier deur hul politieke kaping en inmenging met sy bedrywighede.”

Mbhele sê die SAUK speel wel ʼn belangrike rol as openbare uitsaaier, maar die instansies moet kreatiewe maniere vind om selfonderhoudend te wees sonder dat Suid-Afrikaners nog geld moet betaal.

“Die DA is verheug dat Suid-Afrikaners hul stemme laat hoor. Lede van die publiek wat dit nog nie gedoen het nie, kan nog voor Maandag hul kommentaar en besware indien deur ʼn e-pos aan die waarnemende direkteur-generaal te stuur by [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Dup ·

Die minderheid moet die meerderheid se belastinglaste dra.Daar is geen manier dat die meerderheid al hierdie lisensies pligsgetrou gaan betaal nie en ons regering weet dit.

Anoniem ·

Die anc is desperaat. Hulle sal doodeenvoudig die wet wysig en sodoende hulle geld bekom.

Pietertjie ·

En dis hoekom ek selfs gaan ophou om SABC lisensiegeld te betaal. Het klaar sommer DSTV, Netflix, Showmax ook gekanselleer. My siel is nie te koop nie.

Friedrich ·

Netflix en Showmax het geen lisensie gelde nie, wat kyk jy dan?

Hendrik ·

Ons het al vir 10 jaar geen TV nie en met MSM en internet is ek ingelig oor alles. Ons youtube sommer alles en lees baie boeke. Ons vriende het ook nie TV nie en ons bedryf al lankal die kuns van lekker gesels as ons kuier.

Corne123 ·

Gaan voor met julle skelmgheid cANCer ons sal net soo E tol nie betaal nie

Saartjievandiebosveld ·

Neeee. ..ons betaal genoeg van ons hard verdien de geld om die sogenaamde ”have nots” te onderhou. ..

Andrew ·

Welkom in die tyd van “social disobedience”. Hulle wil nou in n veld in wat hulle baie geld gaan kos om te probeer beheer behalwe as jy elke hardeware verkope soos tv’ reguleer. Maar nou die vraag, betaal Netflix ens nie in elk geval al klaar die staat geld vir die reg om uit te saai nie?

Johann ·

Dit gaan oor geld…geld vir n bankrot ANC en sy magshonger hordes.

Hennie J ·

Miskien moet die speaker van die parlement n opname doen van hoeveel parlementslede het tv lisensies. Dit sal skrikwekkend MIN wees.

Sarel ·

Hulle gaan hulle nie daaraan steur. Hoekom kry hulle nir die vermorsde geld terug nie

Johan ·

Hulle mors nie geld nie hulle “verbruik” dit…n swaar verdiende reg wat deur n moeilike pad na vryheid verdien is…of nee, eintlik gee die ANC-EFF en hul hordes net nie n vlenter om nie, en de hel met die res, as hul dit nie kan inkry met belasting nie sal hul dit leen. N mynlisensie kan baie terugbetaal.

Johanncb ·

Ons betaal dat ons hop vir DStv, terwyl Multichoice aan die Guptas in Dubai behoort! Hulle lewe lekker van ons geld! Jammer dat die sein so maklik gesny kan word!

Hendrik ·

Ja nee dit is jou keuse om deel van hulle inkomstestroom te wees.

Eerlik ·

Wat gaan hulle doen, ons tv’s, laptops en selfone konfiskeer? Dankie tog, ek het lankal reeds die dstv gekanseleer. YouTube en Netflix het baie van die realiteits programme waarvan ek hou. Dis jammer dat sport liefhebbers en kyknet aanhangers forseer word om by dstv te bly!

Nico ·

As pensioenaris betaal ek die volle lisensie koste vir ‘n TV lisensie en ander groepe kry dit verniet. Waarom moet ek die volle bedrag betaal.

Chris ·

Nie dat ek glo die ANC gaan hulle hoegenaamd aan almal steur nie. In die land is daar mos net 1 wat sê het en dit is die ANC kriminele.

Boeing ·

Obama is in elk geval op die Direksie van Netflix – so uit beginsel boikot ek dit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.