Duisende seksoortreders vry om met kinders te werk

“No excuse for child abuse”, lui ʼn plakkaat langs ʼn pop in die Carletonville-landdroshof . (Foto: Simphiwe Mbokazi/African News Agency/ANA)

Die name van duisende seksoortreders is nog nie in die kinderbeskermingsregister aangeteken nie.

In antwoord op ʼn parlementêre vraag het die minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, gesê nog net 1 660 name is die afgelope dekade in dié register aangeteken. Die register is in 2010 begin en moet kinders teen mishandeling beskerm deur die name op te neem van mense wat ongeskik is om met kinders te werk.

Organisasies wat met kinders werk, gebruik dié lys om te verseker dat werknemers nie ʼn gevaar vir kinders inhou nie. “Omdat daar so min name op die register is, beteken dit duisende kindermishandelaars of ‑moordenaars val deur die krake en word toegelaat om hul skrikbewind voort te sit,” sê Mike Waters, ʼn DA-parlementslid.

Dit terwyl seksuele misdrywe teenoor kinders hoogty vier.

In antwoord op ʼn vorige parlementêre vraag, is bekendgemaak dat meer as 50 000 kinderverkragtings tussen 2014 en 2017 aangemeld is.

“Ongeveer ʼn vyfde van dié sake (20,9%) is suksesvol vervolg,” sê Waters. “Gedurende dieselfde tydperk is 2 600 kinders vermoor, waarvan 948 oortreders (35,6% van gevalle) suksesvol vervolg is. Dié name is ook nie op die lys bygevoeg nie, wat beteken dat 11 601 kriminele nog ʼn geleentheid het om kinders te mishandel. En dan praat ons nie eens oor die ander misdade jeens kinders nie, soos mishandeling, verwaarlosing en ontvoering,” sê Waters.

ʼn Verslag wat in 2013 deur die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie uitgereik is, het bevind dat onbevoegde regters, landdroste en hofbeamptes die rede is waarom name van dié tipe oortreders nie na die departement van maatskaplike ontwikkeling gestuur word nie. Dié situasie is vererger deur ʼn tekort aan personeel by die departement.

“Dit wil voorkom of bitter min die afgelope sewe jaar verander het,” sê Waters.

Hy wys daarop dat kinders die mees kwesbare lede van die samelewing is en op volwassenes en die regering staatmaak om hulle te beskerm. “Daar is geen nut daarin om wette deur te voer wat kinders beskerm, indien dié wat dit moet uitvoer, hul plig versuim nie.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

JohanR ·

Ook weereens ‘n bewys Willem, van hoe nutteloos die verskulende Ministers vanaf 2010 in die portefeulje was. Die een nou in die portefeulje Lindiwe Zulu, lyk altyd asof sy graag by uMkhonto we Sizwe (MK) wil aansluit!

Magda ·

Ek sal dit nie eers noem nie, maar wat ANC – net nog n bewys van julle onbevoegdheid – GOEIE HMEL KRY JULLE NIE SKAAM MET ALLES WAT TEEN JULLE TEL NIE. Ek sou nie eers uit my blyplek gekom het as ek deel was van so n onbevoegde regering nie – SHAME ON YOU

Sarel ·

Vertel mos lankal hulle voel vere vir Geweld teen vrouens en kinders hulle veldtogte is ‘n klug

Nico ·

Seks oortreders en kindermoordenaars is glad nie bevoeg om hierdie werk te doen nie, daar is wit en swart kinders betrokke.

Jack ·

Goeie wetgewing soos baie ander maar met geen toepassing. Die onbevoegde ministers moet onthef word van pligte ander gaan die gemors nooit stop nie. Kan die president dan niks doen nie hy het hulle mos aangestel. Of het hy

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.