Duisende soldate gaan verkiesing help beveilig

Die weermag sal die polisie bystaan om te verseker stemdag verloop vreedsaam. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het toestemming gegee vir die ontplooiing van 10 000 soldate om Maandag se verkiesing in samewerking met die polisie te help beveilig, het die parlement Woensdag aangekondig.

Die verkiesing volg op die dodelike onrus en plundering in Julie wat veroorsaak is nadat oudpres. Jacob Zuma 15 maande lank tronk toe gestuur is vir minagting van die hof. Die ongekende onrus het die polisie oorweldig en gelei tot die ontplooiing van 25 000 soldate landwyd.

Die jongste ontplooiing sal Saterdag begin en vyf dae lank duur.

Die polisie het intussen agt sterftes, die meeste van hulle wyksraadslidkandidate, bevestig sedert stemwerwery begin het. Stemdag sal egter na verwagting meestal vreedsaam verloop.

Die betogings in Julie, wat begin is deur stoere Zuma-ondersteuners en toe in gewelddadige onrus en die plundering van sakeondernemings verander het, het onderliggende maatskaplike en ekonomiese toestande van gewone Suid-Afrikaners blootgelê.

Die ANC-geleide regering, wat Suid-Afrika sedert die einde van apartheid in 1994 regeer, veg ʼn opdraande stryd om sy gewildheid te herwin nadat hy die ergste verkiesingsterugslag sedert die laaste plaaslike verkiesing in 2016 beleef het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

29 Kommentare

jongste oudste gewildste
Richard

Ek wonder…..

marius

Teen wie ? Dis mos so rustige veilige land nie so nie padda pot ?

Tipper

Ons waardeur dit baie dankie.

Harley Davidson

Die probleem met van die mense van Suid-Afrika is dat hulle kla ,kry swaar,betoog maar kom stemdag dan stem hulle almal ANC en sodra die ANC weer aan bewind is dat begin die siklus van voor af.

Shakespeare

O genade. Nou gaan onskuldige mense weer doodgeskiet of pap geslaan word.