Duisende sonder krag ná weerlig substasie tref

Rooiwal-substasie (Foto verskaf)

Duisende inwoners in Pretoria is Vrydag sonder elektrisiteit gelaat ná vermoedelik ʼn weerligstraal omstreeks 16:30 die Pyramid-substasie in Rooiwal opgeblaas het.

Daar was sterk wind in die gebied en toe ʼn weerligstraal die substasie tref, het twee transformators begin brand. Dit het ʼn impak gehad op elektrisiteitstoevoer aan huishoudings, ondernemings en die Rooiwal-afvalwaterbehandelingsaanleg.

Die stad se nooddienste het vinnig reageer en was op die toneel totdat die brand geblus is.

“Die substasie het in sy geheel afgebrand,” het Abel Tau, burgemeesterskomiteelid vir nutsdienste, gesê. “Volgens die voorlopige ondersoek was ʼn weerligstraal die oorsaak van die brand. Een van die transformators is heeltemal verwoes in die brand. Die tweede transformator word tans geassesseer.”

ʼn Span kundiges, onder andere elektrisiëns, mikrobioloë en ingenieurs, werk saam om ʼn oplossing te kry om kragtoevoer in die gebied te herstel. “Ongeveer 80% van die residensiële gebied het binne 30 uur weer elektrisiteittoevoer gehad,” het Tau bygevoeg. “Die span werk steeds hard om die kragtoevoer na die oorblywende gebiede te herstel, hoofsaaklik rondom die Rooiwal-gebied. Om dienste te normaliseer sal waarskynlik tot vyf dae neem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Petrus Heigers ·

Baie toevallig dat dit tesame met beurtkrag gebeur het! Miskien eerder ‘n kragstasie wat hopeloos oorlaai was. Die “circuit breakers” was dalk uitgebrug!

Madre ·

Ons bly in honingnestkrans en het gister n ruk krag gehad. Is van gistermiddag weer sonder krag. So nee 80% van mense het nie krag gehad binne 30 uur nie. Dis alles net mooi praaitjies.

Frikkie ·

Ons bly baie naby die Rooiwal krag stasie en kan beslis nie onthou dat daar enigsins weerlig was nie…sterk wind ja..eerste berigte was van transformator olie wat gelek het en toe aan die brand geslaan het..

sweis ·

Natuurlik nie lieg,lieg en nogmaals belieg hulle almal onderskat mense se intelegensie net om hulle onbevoegdheid weg te steek.

M ·

Ai sterkte mense, loadshedding sal di maklikste verskoning wees

Hans ·

Weerlig? Hier in Noordkaap is dit nou onbekend. Dis net wind en stof…

Gert van Wierdapark ·

Toe die beurtkrag verby was, was daar Weer–Lig, toe word dit skynbaar as die Oorsaak gebruik, want dit “spin” so mooi saam!

CJ ·

Nee wat. Moontlik maar nie maklik nie. Dit is dalk net n verskooning om n gebreek van instant hounding toe te smeer.
Hulle voer ons n pot bol.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.