Meer as duisend sonder krag weens tendergeskil

Argieffoto

Meer as 1 000 inwoners van Gugulethu en omliggende gebiede in die Wes-Kaap sit steeds sonder krag weens plaaslike kontrakteurs wat beamptes van die stad se departement van elektrisiteitsdienste toegang tot dié gebiede weier.

Siyabulela Mamkeli, burgemeesterskomiteelid van die stad Kaapstad, sê dit volg nadat die plaaslike kontrakteurs in die gebiede voorheen geëis het dat kontrakteurswerk slegs aan plaaslike maatskappye toegeken moet word. Mamkeli sê daar is egter voorheen beslis dat dié tenders nié uitsluitlik aan maatskappye in die omgewing toegeken kan word nie.

Volgens hom het die plaaslike kontrakteurs sedertdien beamptes van die stad se departement van elektrisiteitsdienste geïntimideer en toegang tot die gebiede geweier wat daartoe gelei het dat kragvoorsiening nié herstel kan word nie.

“Die syfer [persone sonder krag] sal aanhou styg indien hierdie situasie nie binnekort opgelos word nie,” sê hy. “Die groep het ook geëis dat alle agterstallige munisipale rekeninge vir inwoners van Gugulethu afgeskryf word. Maar volgens die Stad se skuldbeleid word agterstallige rekeninge slegs vir kwalifiserende behoeftiges afgeskryf. Skuldverligting is boonop gegrond op spesifieke voorwaardes. Diegene wat kwalifiseer vir skuldverligting, word versoek om by hul plaaslike munisipale inloopsentrum aansoek te doen.”

Mamkeli sê die Stad sal nié boeliery, geweld of dreigemente duld nie en werk so vinnig as moontlik om die situasie te probeer oplos.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

John ·

Wie bly in die’ woongebied? Suid-Afrikaners? Ons land sit seker met die meeste uitlander-plakkers ter wereld wat dienste eis, blyplek eis, grond eis, gratis opleiding eis, eis om aanstellings te maak en en… help gratis en verniet om die waterbronne leeg te suig… Wie en wat is Afrika? Eise, pasella’s… woede, griewe, regte… maar geen verantwoordelikhede en verpligtinge nie… en so spiraal ons af en af tot ons lyk soos die res van Afrika van waar hulle kom.

Schalk ·

Dit is jammer dat mense daaronder moet ly. Al die dinge wys maar net weer op die feit dat tenders in die meeste gevalle polities gemotiveerd is. Die beste diens vir die beste prys bestaan nie meer nie. So val infrastrukture daaglikse in alle bedrywe. BEEEE en al sy voorwaardes is maar net makliker korrupsie gedrewe formaliteite want so elimineer die stelsel net die beter dienste

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.