Duisende sonder plek in Gauteng-skole

Panyaza Lesufi. Foto: Flickr/GovernmentZA

Panyaza Lesufi. Foto: Flickr/GovernmentZA

Skole in Gauteng het Woensdagoggend geopen, ondanks paniek weens duisende leerders wat nie plek in graad 1 het nie.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het erken daar is tot soveel as 16 000 leerders wat nog nie geplaas is nie. Hy het bygevoeg dit kan tot probleme lei omdat ouers druk op owerhede plaas om hul kinders in te skryf.

Tot soveel as twee miljoen kinders sal na verwagting van Woensdag af in Gauteng se meer as 2 080 skole skoolgaan.
Die onderwysdepartement het gesê die onderskeie LUR’s in dié provinsie sal skole in hul gebiede Woensdag besoek om te monitor wat gebeur en ondersteuning te bied.

Die departement het ook gesê adjunkpres. Cyril Ramaphosa en David Makhura, premier van Gauteng, sal die opening van die nuwe Chief Albert Luthuli laerskool in Daveyton bywoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Louis ·

Ek’t so bietjie vergeet…..hoeveel ekstra skole bou ‘n mens nou weer met R246mil????

Chivago ·

Oorbevolking! Dis tyd dat SA ook begin kyk na die instelling van geboorte beperkings, daar is net soveel hulpbronne beskikbaar.

GES ·

Daar is genoeg plek vir almal. Kry eers net al die onwettige imigrante en mense wat nie hier hoort nie die land uit.

Chivago ·

Ges – dit gaan nie gebeur nie, so, terug na geboorte beperkings!

StopTheMadness ·

Swak beplanning Mnr Lesufi. Kom ons blameer rassisme…
StopTheMadness

Christo Visagie ·

Jy vat die woorde so uit my mond,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,maar gee die hond wind, hy sal wel oor die volgende paar dae die skuld op ons plaas,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

LTVW ·

Swak Beplanning… ha ha… dis GEEN beplanning nie!!!
2 000 000 leerlinge
2080 skole
+/- 962 leerlinge per skool!
Nou vra ek…
* HOEVEEL bevoegde onderwysers is daar?
* WAAR is die studiemateriaal?

Trots Afrikaans ·

Aangesien die studente nie die universoteite wil benut nie, kan ons nie maar dan dit in skole omskep nie.

Die studente kan dan Duitsland toe gaan en aansoek doen vir vlugtelings status en dan daar swot. So los ons vele probleme op:
Meer skole
Studente kry goeie opleiding
Studente is dan in ‘n beter posisie om met Europa te praat oor kolonialisme
Staat spaar studie geld
Ons spaar water, kos, krag, ens

Ek dink dis ‘n wen-wen

alida ·

Tipies van hulle !! Wag tot op no 99 en nou word daar rondgetrippel !!

Mariette ·

My kind moet gr 11 toe gaan , daar is nie plek hy is by die huis ..Hulle se ek kan hom uit die skool uithaal as ek wil kan julle glo hy het nou maar 16 geword

Moeks ·

In plaas daarvan om meer skole te bou, is by die 100 miljoen aan luukse voertuie spandeer vir tradisionele leiers.

Irah ·

Want ons kan mos nie vooruit beplan en nog skole bou nie… 21 jaar is blykbaar nie genoeg nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.