Die staptog word deur Constitution Hill in samewerking met The Ichikowitz Family Foundation gehou ter ondersteuning van die #IamConstitution-veldtog. Die 8km-staptog lok deelnemers van regoor die land en eindig by Constitution Square in die Johannesburgse sakesentrum.
Die organiseerders het in ʼn verklaring gesê die #IamConstitution-veldtog is daarop gerig om Suid-Afrikaners bewus te maak van die waardes en voordele van die Grondwet en om landsburgers aan te moedig om die Grondwet te lees en uit te leef.
“Constitution Hill, in samewerking met The Ichikowitz Family Foundation, gee landsburgers ʼn geleentheid om betrokke te raak by erfenis en demokrasie deur die dinamiese #IamConstitution-veldtog en so werklik die 20ste herdenking van die Suid-Afrikaanse Grondwet te vier,” het die verklaring gelui.
Die hutsmerk #IamConstitution was Sondagmiddag een van die gewildste hutsmerke vir die dag op Twitter.
- Foto: ANA/Lauge Sorensen
- Foto: ANA/Lauge Sorensen
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
En so stap “duisende” vir die grondwet, terwyl die regering van die dag besig is om die ANC se Freedom Charter tot die letter toe te implementer…. Ons sogenaamde “verligte” grondwet begin met “We, the people….” en van daar af maak die regering in elk geval net soos hulle wil.
He he he. As no.1 nie die grondwet kan toepas nie is hierdie staptog nutteloos.
Is dit ‘n Grondwet denominasie wat hulle piëtisme ten toon stel?
Die volgende is die GRONDGRYPWET.
Ag asseblief. Die grondwet is nie die papier werd waarop dit geskryf is nie. Die ANC volg hulle eie geskrif die “Freedom Charter”. Jammer vir diegene wat hulle tyd so gemors het.