Duisende stap vir herdenking van Grondwet

Foto: ANA/Lauge Sorensen

Foto: ANA/Lauge Sorensen

Duisende stappers het Sondag aan ʼn staptog in Johannesburg deelgeneem om die 20ste bestaansjaar van die Grondwet te vier.

Die staptog word deur Constitution Hill in samewerking met The Ichikowitz Family Foundation gehou ter ondersteuning van die #IamConstitution-veldtog. Die 8km-staptog lok deelnemers van regoor die land en eindig by Constitution Square in die Johannesburgse sakesentrum.

Die organiseerders het in ʼn verklaring gesê die #IamConstitution-veldtog is daarop gerig om Suid-Afrikaners bewus te maak van die waardes en voordele van die Grondwet en om landsburgers aan te moedig om die Grondwet te lees en uit te leef.

“Constitution Hill, in samewerking met The Ichikowitz Family Foundation, gee landsburgers ʼn geleentheid om betrokke te raak by erfenis en demokrasie deur die dinamiese #IamConstitution-veldtog en so werklik die 20ste herdenking van die Suid-Afrikaanse Grondwet te vier,” het die verklaring gelui.

Die hutsmerk #IamConstitution was Sondagmiddag een van die gewildste hutsmerke vir die dag op Twitter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johann Marx ·

En so stap “duisende” vir die grondwet, terwyl die regering van die dag besig is om die ANC se Freedom Charter tot die letter toe te implementer…. Ons sogenaamde “verligte” grondwet begin met “We, the people….” en van daar af maak die regering in elk geval net soos hulle wil.

E ·

He he he. As no.1 nie die grondwet kan toepas nie is hierdie staptog nutteloos.

Egbert ·

Is dit ‘n Grondwet denominasie wat hulle piëtisme ten toon stel?

Justa ·

Ag asseblief. Die grondwet is nie die papier werd waarop dit geskryf is nie. Die ANC volg hulle eie geskrif die “Freedom Charter”. Jammer vir diegene wat hulle tyd so gemors het.

DMC de Koker ·

Wat van mense bewus maak van al die nadele van die Grondwet?

Henk Venter ·

Grondwet? Watse grondwet? Daai wette wat kriminele beskerm?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.