Duisende steenkoolmyners gaan staak

Argieffoto

Argieffoto

Nagenoeg 30 000 steenkoolmynwerkers gaan Sondagmiddag begin staak, het die mynvakbond, National Union of Mineworkers (NUM), pas gewaarsku.

Livhuwani Mammburu, NUM se woordvoerder, het in ʼn verklaring gesê die staking volg nadat die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) vroeër vandeesweek nie ʼn loongeskil tussen die werkers en werkgewers kon oplos nie.

“Die partye kon nie ooreenkom op ʼn skikking van ʼn R1 000-verhoging vir die laagste kategorie -werker en ʼn 14% verhoging vir die ambagsmanne, myners en amptenare soos wat deur NUM versoek is nie,” het hy gesê.

Anglo Coal en Glencore se aanbod vir werkers wat die minste betaal word was 8,5% en 7% vir ambagsmanne, myners en amptenare.

Kangra bied 7,5% persent vir hul laagste kategorie- werkers en ook 7% vir ambagsmanne, myners en amptenare.

Koornfontein-myn en Delmas bied 5% vir alle kategorie- werkers.

Msobo-myn bied 7% vir die laagste kategorie- werkers en 5% vir die res.

NUM het gesê die stakers beplan om teen 18:00 met die staking te begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Hendrik Steenkamp ·

Van beurtkrag na geenkrag as die staking voortgaan

Gerhard Bezuidenhout ·

Dit is weereens n bewys van industriele terrorisme want steenkool is n strategiese produk en n tekort daaraan kan beurtkrag tot gevolg he en ons landsekonomie verder knou . Deesdae is die norm tussen 6% en 7% verhoging indien jy dit wel kry maar die spul soek 14% . Verhogings is n voorreg en nie n reg nie maar ” die ander ” is te onnosel om dit te verstaan.

candice ·

Hulle staak gereeld, dis nie eers meer nuus nie. Wat nuus moét haal is, wanneer hulle nié staak nie… I want I want I want….!

Manie ·

DIT is hier waar die sogenaamde Minister van Mynwese sy voet moet neersit en die staking stop. DIT is nie net in belang vir die ekonomie nie dit gaan oor bederf en verrotting van ‘n gebreekte Land.
Steenkool is van stratrguese belang en moet sodan8g hanteer word.

CJAN ·

Hulle werk in elk geval nie nou staak hulle ook nog!! Belaglik!!

Johan ·

Dit is elke werker se reg om te staak indien alle ander pogings tot bemiddeling ongeslaagd is. Die probleem is dat die meerderheid vak-unies in Suid-Afrika nie weet hoe om oordeelkundig te onderhandel sonder om militant en anarchisties te wees nie. Meeste vakbonde is nywerheidsterroriste. Niks minder nie, niks meer nie.

Fransie ·

Ek het maar 5% verhoging gekry hierdie jaar na ‘n uitstekende performance appraisel, maar weet julle wat? Ek is tog te bly ek het ‘n werk en n vaste inkomste! Priceless…..

Genis ·

Ek het so ‘n spesmaas hierdie een gaan lelik word. En my spesmase is nooit verkeerd nie.

FM ·

Ek is n pensioenaris en het maar 5.7 persent verhoging gekry. Nou soek die mensies 14 persent!!!!! Pateties belaglik. En dan dink hulle hulle is vreeslik oulik as hulle toy toy. Die polisie moet hierdie keer Marikana na n vulletjie laat lyk. As die stakers nie wil hoor nie, maak hulle gelyk met die grond. Gee hulle pak, want hulle tree op soos kindertjies wat nie speelgoed gekry het nie!!!

Peet Schabort ·

Wat van verhoogde produksie? Wat sou PW hieromtrent gedoen het?
Gelukkig kan ek vir myself dink en staan nie bakhand.

GES ·

@Genis – Hoekom dink ek ook so? Ek vermoed die spreekwoordelike appelkar gaan om gegooi word. Die honger massas gaan die state invaar, roof en plunder. Enige mens met ‘n bietjie verstand kan prentjie verder aanmekaar sit.

Martin ·

Volg bietjie ESKOM se voorbeeld. Hierdie myners sal nie maklik weer staak nie. Vind bietjie uit wat het op Medupi met die stakers gebeur.

sarel suidwester ·

Ek wil net vra die klomp wat so staak het hul al gedink wat gaan gebeur as GOD moet staak by wie hul alles kry dink net da gaan nie seurstof wees alles sal tot stilstant kom net om seurstof weg te vat. Se danki jy het nog werk kyk na ander lande wat het staakings gedoen net honger snoot gebring moet nie soos n pazer redineer ni ons hier in suid wes BID vi jul wat nistaak ni

sarel suidwester ·

Ek wil net vra die klomp wat so staak het hul al gedink wat gaan gebeur as GOD moet staak by wie hul alles kry dink net da gaan nie seurstof wees alles sal tot stilstant kom net om seurstof weg te vat. Se danki jy het nog werk kyk na ander lande wat het staakings gedoen net honger snoot gebring moet nie soos n pazer redineer ni ons hier in suid wes BID vi jul wat nistaak ni

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.