Duisende stroom na Kaapstad vir ANC-herdenking

ANC-ondersteuners in die Kaapstad-stadion op 10 Januarie 2014 Foto: MyANC, Facebook

ANC-ondersteuners in die Kaapstad-stadion op 10 Januarie 2014 Foto: MyANC, Facebook

Duisende ANC-ondersteuners het Saterdag na die Kaapstad-stadion gestroom om die ANC se 103de herdenking te vier.

Die stadion was teen 10:00 halfpad vol en talle ondersteuners het nog buite die draaihekke staan en wag. Die middestad is oortrek met goud, groen en swart van die ANC terwyl ondersteuners wag vir openbare vervoer na die stadion.

Honderde lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, privaat veiligheidsbeamptes en ANC-beamptes patrolleer die gebied om wet en orde te handhaaf en ondersteuners se sakke word deeglik by die toegangsbeheerpunte ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

CAV ·

Hulle het nie geld om kos te koop nie, maar nee “party wil ons party”

Pietsmith ·

Hulle verwag seker meer dit is wel nog ver een of ander tyd sal hul stem vir ‘n prys in die mark kom

Drieks ·

Hou fees, Die staatskas is leeg geplunder. Hospitale, skole, polisie, eskom, munisipaliteite, paaie, home affairs en eitlik die hele land het leeg en afterlik geword.
Anc, is jul regtig nie skaam nie.???

charles ·

Hoekom hou hulle dit nie by skilpad se nkantla nie daar waarvoor ons reeds betaal het nie en gee geld wat nou weer gemors word vir die arm belasting betalers in kos koepons

Asjas ·

Soveel Polisie en veiligheidsbeamptes, sakke deursoek, hoekom?? Dis dan die vrede liewendste nasie op planeet aarde! Wet en orde – gits hoe lekker lag ek nou. Hoop daar is nog a Stadion oor vir volgende jaar se groot geld mors …

JZ ·

Eskom het nog net geld vir 20 dae ,die poskantoor kan nie meer hul huur betaalnie maar geparty moet daar geword.seker Apartheid se skuld.

nico saaiman ·

Ek is net bly dit is amper verby so dat hulle ons mooi stad kan verlaat,het nou nog minder respek vir hulle en ek hoop volgende keer gaan hulle na Nkandla

Koos de Villiers ·

Dis nie feesvieringe nie dis om politieke redes. Gaan van deur tot deur en maak net die DA sleg. Ai kan dit darem nie vat dat die 1 Provinsie nie onder hulle beheer is nie. Dank die Vader daarvoor. Wonder hoe dit dan hier sou gelyk het. Vier fees manne vier fees !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.