Duisende stroom na Soweto vir Madikizela-Mandela se gedenkdiens

Roubeklaers by Madikizela-Mandela se gedenkdiens. Foto: ANA.

Mangosutho Buthelezi, leier van die Inkatha Freedom Party (IFP), het Woensdag die persoonlike oppofferings van Winnie Madikizela Mandela vir die bevryding van Suid-Afrika geprys en na haar verwys as ʼn groot boom wat geval het.

Die amptelike gedenkdiens van Madikizela-Mandela is Woensdag by die Orlando-stadion in Soweto gehou waar duisende roubeklaers byeengekom het.

“Mede-Suid-Afrikaners, ʼn groot boom het geval en ons nasie rou. Mama Winnie sal reg oor die wêreld onthou word as die moeder van die nasie.”

Buthelezi het gesê dit is sy ontslape neef, wat ʼn biskop was, wat eerste die titel “moeder van die nasie” gebruik het om Madikizela-Mandela te beskryf.

Hy het gesê Madikizela-Mandela was meer as Madiba se vrou, sy was ʼn passievolle ambassadeur van geregtigheid. Hy het bygevoeg hy het haar baie bewonder en het sy diepste medelye met haar gesin betuig.

Buthelezi het aan die einde van sy toespraak vir al die mans in die stadion gevra om op te staan en vir Madikizela-Mandela te salueer met haar stamnaam “Nobandla”. Dit was ʼn roerende oomblik vir talle, aangesien dié saluering gewoonlik net vir mans gedoen word.

Madikizela-Mandela is verlede Maandag in die ouderdom van 81 in ʼn Johannesburgse hospitaal dood.

Sy sal Saterdag in Johannesburg begrawe word ná ʼn diens in Soweto.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

willie ·

Ek is werklik teleurgesteld dat Maroela Media soveel dekking gee aan Winnie!

Willem ·

In hierdie land het ons toetentaal die pot misgesit. Noordpool en suidpool verstaan nie wat van hul vereis word nie, so ver wes is van oos. Ten minste werk die son, maan en sterre saam.

Vanaand se kwaliteit van gesprek en stansaard oor die nuus, van hoe en waaroor ons kommunikeer, wat vir elke groep saakmaak het my geskok. Sekeres woon in plakkrskampe, ander in die bos, rykes in kastele, gesels soos lords.

Die agtergeblewenes rem die rykes en die kastele se deure is toe, sluit die remskoene uit, want sonder die Elon’s van sie wêreld, sal niemand ‘n tree vooruit gaan nie.

Hendrik ·

Daar moet nuwe tegno (slim) dorpe gestig word met nywerhede sonder politieke bande (BEE, raskwotas, AA, ens), soos Silikon Valey in Amerika. Dit alles gaan oor vermoe.

Willem ·

Kyk gerus op TV na die nuus, dit waaroor berig word, wat in die tye tersaaklik is en waarmee onsdaargliks opgeskeep sit. Dit is die kwaliteit land waarin ons sit.

christa ·

so is daar nog n dag gemors. Hoe moet besighede aangaan as daar net weg gebly word om dooies te aanbid. Bring blomme terwyl die persoon nog lewe. Maar ja alles word gedoen om net nie te werk nie.

Alida ·

Hoekom op dees aarde word daar soveel dekking gegee. Ons weet almal sy is dood en die lewe moet aangaan. Ons is siek en sat om ELKE dag te hoor hoeveel duisend (wat skynbaar) nie werk het saamdrom vir die kos en drank wat uitgedeel word. Stop dit net ASB.

Rynhardt ·

Alida,ek kan jou vraag beantwoord oor hoekom Winnie deesdae op SABC en E-Tv nuus, so baie dekking kry.Albei instellings is propaganda-masjiene vir die Anc.Die doel is om haat aan te blaas teen afrikaanssprekendes!Winnie moet uitgebeeld word as n tipe Wonder Woman figuur!So word breinspoeling meesterlik bevorder onder die massas.?????

Haan ·

Net n eiertjie te lê : hoort daar n akuut op die ‘a’ in die opskrif?

Tania Heyns ·

Dagsê Haan

Dankie vir jou valkoog. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

ferdi ·

Wie het die HALSSNOERMOORDE MET buitebande uitgevind en soveel swartmense verbrand is TYDENS di HALSSNOERMOORDE

Chivago ·

Nou ja toe, hopelik is dit die laaste berig oor hierdie onderwerp. Onthou tog, sy is NIE die hele nasie se “moeder” nie.

Elle ·

Sê eerder dankie aan Maroela-Media wat vir ons die nuus bring.
Al is dit oor Winnie…As jul nie die betrokke nuus wil hoor of kan verdra nie,hoekom lees julle dit dan?

Alida ·

Mens wil ander nuuswaardige nuus lees en nie vir 8 dae 24/7 oor dieselfde vrou lees nie. Mens lees nie eers die artikels nie maar haar foto en die massas pryk elke dag op die voorblad. Kan mens dit nou mis? Se my asb.

Sussie ·

Ag asseblief vat net haar van die tv af sy was en sal NOOIT my moeder wees nie ek voel niks en hoekom die groot bohaai vir wat ??????????????????????????? dis nie asof sy vir ons wittes iets gedoen het nie

Casper Labuschagne ·

Verskoning aan my mede Maroelalesers, ek kon gister nie by die diens uitkom nie, ek moes op die plaas toekyk hoe die hoendereiers uitbroei. ;-)

Hoe anders sou SA nie vandag gewees het nie, sou Winnie se woorde aan die jeug wees dat hulle moet skoolgaan en hard leer en universiteit toe gaan en nog harder leer en hulself ekonomies moet verbeter want dit is hoe die meerderheid die land sal oorneem. In plaas daarvan was Winnie se woorde aan die jeug om bevryding voor opvoeding te plaas, iets wat geslag op geslag swartmense vir ‘n tydperk van twintig jaar lank verdoem het tot persone sonder die vermoë om ooit vir hulself ekonomies te verbeter.

En dit was Winnie se grootste misdaad, nie Stompie of halsnoermoorde nie, maar om die toekoms van miljoene swartmense te vernietig juis sodat sy die populêre aanvoerder mag wees wat ‘n geweldadige mag in haar hande kon hou en in die euforie van wêreldwye bewondering geleef het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.