Duisende stukke perlemoen gevind

Polisiebeamptes by die perlemoen. Foto: Verskaf

Die polisie in die Wes-Kaap het die onwettige handel in mariene hulpbronne ʼn knou gegee.

Sers. Noloyiso Rwexana, provinsiale polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê die sukses volg ná ʼn poging deur die blitspatrollie Maandag in Eersterivierweg in Mfuleni.

“Beamptes van die blitspatrollie was besig met roetinepatrollie toe hulle ʼn verdagte afleweringswa opgemerk en voorgekeer het. Hulle het die voertuig deursoek en op 5 553 stukke perlemoen in 55 sakke afgekom,” het sy gesê.

Voorlopige ondersoek het bevind dat die voertuig, ʼn Toyota Hilux-bakkie, vroeër die maand as gekaap in Kleinvlei aangemeld is. Die perlemoen het ʼn geskatte straatwaarde van nagenoeg R1 miljoen.

Die mans, onderskeidelik 36, 42 en 46 jaar oud, is op die toneel in hegtenis geneem.

Hulle moet binnekort in die Blue Downs-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ella ·

Dis reg roei alles uit, brand alles af dan sal ons sien wat gebeur in ons land. Waar haal hulle dit uit dat niemand hulle sien? Help nie om die perlemoen te kry as dit klaar dood is.

Wouter ·

En nou word hierdie perlemoen aan die staat verbeurd verklaar.
Na die hofsaak word dit op openbare tender te koop aangebied en raai wie kry daai tender met die hulp van sekere koruppte elemente by die Departement van see visserye…..dieselfde sindikaat wat oorspronklik die poachers betaal het.
Polisie en See Visserye weier om op te tree teen die poachers waneer die publiek hulle skakel vir optrede waneer die poachers in die see gewaar word.
Hoekom….want meeste is korrup….

pvt ·

die kring word al hoe kleiner.. wonder wat groot retail co gaan se wanneer hulle uitvind dit is hul b-bee partner?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.