Duisende vuurwapens vernietig

Altesaam 26 002 vuurwapens is vernietig. (Foto: Verskaf)

Die Gautengse polisie het vandeesweek meer as 26 000 vuurwapens uit sirkulasie gehaal nadat dit Donderdag in Vanderbijlpark vernietig is.

Die vuurwapens wat vernietig is, is óf gekonfiskeer óf die vuurwapeneienaars het dit vrywillig aan die polisie oorhandig.

Volgens kol. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, is die meeste van die vuurwapens wat vernietig is tydens die amnestietydperke in 2019-’20 en 2020-’21 ingegee.

“Die polisie het tydens inhegtenisnemings, roetinedeursoekings en na aanleiding van wenke van die publiek af op die vuurwapens beslag gelê,” sê Mathe.

Die polisie moet voortdurend onwettige vuurwapens uitsnuffel en uit sirkulasie verwyder, aangesien dit gebruik word om ernstige en gewelddadige misdade te pleeg.

“Deur die vuurwapens te smelt verseker ons dus dat die verspreiding van vuurwapens ʼn behoorlike slag toegedien word.”

Die vernietigde vuurwapens is eers aan ballistiese toetse onderwerp en daar is bevind dat nie enige van dié wapens aan enige misdade gekoppel kon word nie.

“Die polisie sal voortgaan om onwettige vuurwapens en ammunisie van Suid-Afrika se strate te verwyder, juis omdat dit ʼn bedreiging vir die veiligheid en sekuriteit van landsburgers inhou.”

Die polisie lê voortdurend beslag op allerlei wapens en ammunisie wat op onwettige wyses bekom word. Weens die massas vuurwapens waarop beslag gelê word, het die drukgroep Action Society vroeër gevra dat ʼn oudit ook van die polisie se eie vuurwapenstoorkamers gedoen word.

Die versoek is gerig nadat meer as 150 vuurwapens na bewering verlede jaar uit die polisiestore in Johannesburg verdwyn het.

Die Valke het reeds ʼn ondersoek na die verdwyning van die vuurwapens van stapel gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

PieterJ ·

En hoeveel wapens het “weggeloop” voor hul vernietig kon word ?

Anel ·

Geen wapen was onwettig gebruik nie, dis wat hulle sê. So eintlik is hierdie wapens deur die eienaars oorhandig want hulle kon nie betyds weer lisensies bekom nie. So dit is nie eintlik onwettige wapens nie! En hoeveel is werklik vernietig? Hoe verwag hulle ons moet hulle glo?

Swerwer ·

Is dit die waarheid? Wonder maar net wat het van al die ander derduisende wapens geword wat ingehandig was. Neem alles maar met ‘n knippie sout.

Samuel ·

Asseblief!!! Moet ons hierdie snert glo? Van daardie wapens is sekerlik terug in sirkulasie.

marius ·

Hoeveel polisiebeamptes is steeds onwettig in besit van hul wapens ? Hoeveel het kluise by hul huise ?

Misky ·

Vernietig nou kamstig duisende vuurwapens wat nie in kriminele bedrywighede betrokke was nie, maar sommige polisiestasies is nie bewapen nie. Ons het mos nou laasjaar gesien met die Durban moleste. Sekuriteitsmaatskappye moes instaan en polisie was onbewapen en het gevra vir hulp. Julle lieg vir SA!!!!

Debbie ·

Ag asb tog. Wie dink hulle glo al die snert. Ja n gedeelte is vernietig maar daai gedeelte wat nie vernietig is nie, waar is dit? Jy kan dink wat jy wil maar kan niks se nie

JL ·

Bulldust!. Hoekom dit verkondig. Wie Probeer julle beindruk. Daar sou nie nodigheid hiervoor gewees het as daar nie met die belaglike wetgewing begin is nie en as die SAPD hulle werk behoorlik doen. Dit sluit alles in van wet en orde tot administrasie. Pardon aan die duisende SAPD lede wat wel hulle werk goed doen onder baie moeilike omstandighede. Salute

Eugene ·

Die foto wys net jag gewere wat aan die magnet hang. Die outomatiese aanvals gewere het seker al voete gekry.

Henri ·

Vuurwapens maak nie keuses om wettig of onwettig te wees nie, maar persone.

Kan die geweldsmisdadigers nie maar ook vernietig word nie?

Jubba ·

Oorwegend jag gewere en familie gewere wat wettige burgurs ingehandig het a.g.v. regering se belaglike lisensie stelsel. Hoevil misdaad word gepleeg met Lee Enfield jag gewere?
Waar is al die AK’s wat die grense onwettig binne stroom.
Klug.

Christina ·

Wonder hoe is hierdie afdeling se werk so op datum as al die ander so verskriklik agter is. Ek reuk ‘n rot.

Eclectus ·

Dit wil voorkom of dit sommer so op ‘n oop vragmotor vervoer is. Wonder hoeveel “het van die trok afgeval”.

Blikkies ·

Wie keer hierdie ouens om ‘n ingehandigde vuurwapen te gaps, dit self in ‘n misdryf te gebruik of vir sy maatjie gee om te gaan gebruik, dit terug te bring en weer terugsit en dan eers vir ‘n balistiese toets gaan. Dan klop hulle aan die deur van die regte eienaar wat die wapen ingehandig het en se vir hom sy vuurwapen was in n misdryf gebruik voor hy dit ingehandig het, en woeps daar sit jy in die tronk? Watse bewyse het ons as die publiek wat regtig met van daai wapens gemaak word.

Vrijburger ·

Ek glo vir geen oomblik dat al die vuurwapens balistiese toetse ondergaan het nie! Hulle het bloot nie die kapasiteit nie.
Die skande van ‘n autoritere regering wat hul uiterste bes doen om hul burgers te ontwapen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.