Duisende weermaglede langer ontplooi

(Argieffoto)

Pres. Cyril Ramaphosa het die parlement ingelig dat 20 000 weermaglede langer ontplooi gaan word in reaksie op die Covid-19-pandemie.

Die lede sal nou tot einde September ontplooi word.

Dié weermaglede word langer ontplooi om die polisie en ander staatsdepartemente by te staan in ’n poging om die verspreiding van Covid-19 hok te slaan en terselfdertyd misdaad te beveg.

Moloto Mothapo, woordvoerder van die parlement, sê pres. Ramaphosa het dié besluit Dinsdag skriftelik bevestig aan Thandi Modise, speaker van die Nasionale Vergadering, en Amos Masondo, voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies.

“Pres. Ramaphosa voer aan omdat die Covid-19-getalle nou so drasties begin styg, is dit nodig om weermaglede langer te ontplooi om die verspreiding van die koronavirus saam met die betrokke staatsdepartemente te help bekamp,” sê Mothapo.

Dié besluit van Ramaphosa om die lede langer te ontplooi, sal die land sowat R1,5 miljard uit die sak jaag.

Ramaphosa het aanvanklik in Maart met die instel van die landwye afsonderingstydperk altesaam 2 820 weermaglede ontplooi. Teen einde April is nog sowat 73 180 lede opgeroep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Jo-Anne ·

Wonder of die misdaad wat weermag moet beveg ook plaasaanvalle insluit.

Cherokee ·

..en ek wonder of hy Dlamini Zuma se toestemming het daarvoor.

JohanR ·

Kan iemand asseblief vir my en 59 miljoen ander mense se WAT word hier deur bereik? Daar IS nie geld nie, en die ou bietjie geld wat deur tabak verkoope kon ingesamel word, kom ook nie in. Soe wat word bereik om soldate op straat te hou tot September? Kan nie nou mooi dink nie maar is enige soldate in enige ander land met Covid-19 ontplooi, of is dit NET Suid Afrika? in Engels se mens “it just makes no sense!”

Misky ·

Hierdie weermag lede kry mos n maandelikse salaris. Waarom sal dit die belasting betaler R1,5 miljard uit die sak jaag as hulle reeds salaris kry? Moontlik oortyd kan ek verstaan vir langer ure, maar die is mos gewone salaris syfers.

Wat mis ek? Dis mos SA weermag en nie asof hulle werkloos was vooraf en gou die pos aangebied is nie.

KB ·

Brandstof, voertuie, akommodasie, kos…watter deel mis julle?

Mariana ·

Nee nou verstaan ek niks. Die weermag word nooit ontplooi vir die spul wat gedurig brand en afbreek, waaroor die polisie nie beheer het nie, maar nou word hulle ingespan om ‘n virus te beveg. Dit teen ‘n ongelooflike spul geld. Ek vra ook hoekom so baie as daai weermaglede reeds salarisse ontvang. Maak glad nie sin nie. Ek ruik ‘n rot……..

Hennie ·

Vra ek ook? Het die weermaglede dan nie ‘n salaris verdien voor die ontplooing nie? Iemand het sy feite verkeerd!

KantNota ·

Kantnota: SANW ontplooi o.a ook mediese personeel (dokters, verpleegsters, ens) en ingenieurs (hul kan help met watersuiwering om water te help voorsien na basies enige plek), is nie net soldate in die straat nie…

Hans ·

Tarien, hulle het vir maande in Vanderbijlpark “uitgekamp” om te help met rioolwerke. In al daai tyd het hul “living out” allowance gekry, maar absoluut NIKS aan die probleem gedoen nie, hulle verskoning was dat daar nie geld was nie

Jacobus ·

Moet sorg dat sigaret besendings veilig in vetterige hande kom. Sorry, vertou niemand behalwe Vader daar Bo.

Rudolph ·

Ek verstaan nie wat die bedrag geld hiermee te doen het. As die soldate in die basis rond hang kry hul sekerlik nog steeds n selaris???

4ntj13 ·

Het die Weermag nou nuwe lede in diens geneem spesiaal vir Covid-intimidasie? Of wat op aarde kos nou sóveel meer as 6 maande gelede? Wie het gedink ons is só dom?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.