Duitse egpaar in SA kusdorpie aangeval

Foto: NSRI

Foto: NSRI

ʼn Duitse egpaar is Sondagaand in die kusdorpie Wildernis aangeval en beroof.

Robert van Helsdingen, stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Wildernis, het gesê die egpaar, van Heidelberg in Duitsland, is omstreeks 20:15 Sondagaand aangeval.

Hy het gesê die 54-jarige man het verskeie beserings opgedoen en is in ʼn ernstige, maar stabiele toestand, na ʼn hospitaal vervoer. Sy vrou is nie ernstig beseer nie.

Volgens Van Helsdingen het die egpaar glo ʼn troue in Hermanus bygewoon voordat hulle Sondag in Wildernis aangekom het om verder vakansie te hou. Die egpaar is glo ook van verskeie besittings beroof.

Van Helsdingen het gesê die polisie het glo verdagtes in hegtenis geneem in verband met die voorval en op van die gesteelde goedere beslag gelê. Die polisie kon egter nie onmiddellik die voorval bevestig nie en Maroela Media wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Hasie ·

Gee die skuldiges die swaarste straf wat vir so ‘n misdaad toe gelaat word. SA se naam stink onder die buitelanders.

Eugene ·

Europese toeriste en vakansiegangers is ongelukkig kwesbaar. Waar hulle vandaan kom is daar nog respek vir die menslike lewe en is die uitmoor en aanval op ‘n volk nie Boeresport soos hier

lw ·

Jip stem saam met jou. Dis weer n rassistiese aanval omdat hulle wit is. Internasionaal moet kennis neem van die voorvalle. Dis tyd dat die ANC bloedneus kry vir hul rassistiese uitsprake. Die EFF moet ook aangevat word. Dis nou ons kans om hierdie insidente onder buiteland te bring.

ada ·

Ek hoop die toeriste versprei die nuus die wereld vol sodat die buiteland kan besef wat aangaan want gee n blinde oog op veral die plaasaanvalle.

Cherokee ·

Die buiteland sal net weer die waarskuwing hernu dat toeriste moet wegbly.

BS ·

Welkom in Suid Afrika. Die land wat so n voorbeeld is vir ander lande.

wilma ·

Tyd dat govt vi di wereld vertel SA is gevaarlik. Muni jul mense aanmoedig om in Afrika vakansie te hou nie.

Chris Ws ·

Jones ek wil graag weet wat jy eintlik probeer se.Ek stem dat elke land misdaad het maar Suid Afrika staan voor in die koor.Misdade wat hier nie eers die nuus berigte haal nie is voorblad nuus in eerste wereld lande want daar is dit ‘n rare gebeurtenis.
Ek hoop die Duitse egpaar plaas hulle ondervinding op fb sodat dit wyd kan versprei.Ek het vriende in Australia wat 2 maal hier kom vakansie hou het maar wat nou weier om weer hulle vote hier te sit.Nie eers die swak rand kan hulle anders oortuig nie!

Jones ·

Gaan kyk na die nuutste internasionale misdaadstatistiek asseblief. Dis nou gevaarliker in Europese lande as in Afrika. Aus. en NZ word ook nou rillers.

What a joke... ·

Jones loop speel met jouself Jy praat twak en leef in jou eie anc droomwereld!! Meeste van Suid Afrika se misdaad word weg gesteek sodat die buiteland dink Suid Afrika is so veilige plek, die slegte nuus die moorde die rassisme die huisroof die verkragtings in Suid afrika die bereik die buiteland nie hul hoor niks nie eens van al die ,wit volksmoord plaasmoorde daar nie man ek bly in Australia maar ek hou myself nie blind stupid nie! Die media is gekaap deur die anc! So hou maar aan glo en geniet Jonas droomwereld…

Langhans Lewerwors ·

……en dit alles is Jan van Riebeeck se skuld dat hy 2000 jaar gelede in Kaap geland het.

h botha ·

HaR jONES jy praat nonsens ek is tans in Australia,, al twee maande hier basies geen misdaad nie, op die plek waar ek bly sluit die polissiestasie selfs op naweke

Lance ·

Jones HALLOO! ….50 moode n dag en 4 verkragtings elke minuut in SA !…waar val jy uit ?

Tweetie ·

Jones praat van die skerp toename in misdaad en aanvalle op Europese burgers in Europa as gevolg van die toestroming van immigrante onder die vaandel ‘vlugtelinge’ uit(Noord)-Afrika en Syria na die Weste.

Carien ·

Jones, ek weet nie waar kom jy aan jou inligting nie. Ek kuier nou in SA en bly ook in Australië en ek sal nooit weer terug kom nie. Ons het ook misdaad, maar dis wraggies nie so baie of so geweldadig soos hier nie en meeste moorde is onder vriende/ familie self. Paaie is baie veiliger, op die strande kan jy loop, waar, wanneer jy wil sonder om bang te wees. Ons het al 11uur die aand in die see gaan swem (op die strand is skerp ligte). My kinders met hul maats gooi hul fietse voor in die erf neer en kom speel eers Xbox voor hulle weer uitgaan om hul fietse te kry net waar hulle dit gelos het. As ons met vakansie gaan ry ons deur die aand, stop langs die pad om koffie te maak, bene te rek in die pikdonker en dan bewonder ons die pragtige sterrehemel. Ons gaan kamp, dan is ons alleen langs die stroom en kinders swem lekker in die water. Sien die kangeroo’s vroeg water drink, geniet dit net in die natuur sonder dat een in die bosse vir jou loer. Ek geniet die vrede en rustigheid. Alles is nie altyd maanskyn en rose nie, maar wraggies ek wil nie die hele tyd om my kyk soos iemand wat hout soek nie, ek wil kalm en rustig wees en alles kan geniet.

Jan ·

Jones jy het my erg bekommerd met jou stelling oor toename in misdaad in NZ. Het jy betroubare syfers om jou stelling te staaf? Ek was pas n maand in NZ en daar was groot konsternasie oor die 4 huise wat ge”loot” is na die aardbewing.

miv ·

Mense, verskoon mnr. Jones – as hy skrik sal hy wakker skrik.

Jan S ·

Nee Jones, Europa het probleme maar is steeds baie veiliger. Ja, daar is wel 39 mense in die laaste terreuraanval dood, maar onthou ons 2015/2016 amptelike moordsyfer was 18 673 moorde, dis gemiddeld 52 mense per dag. Dan was daar NOG 18 127 gevalle van poging tot moord. MAW per dag is daar omtrent ‘n 100 moorde wat probeer word, waarvan die helfte slaag.

Piet ·

Voel nie veilig in Aus en NZ. Weet nooit wanneer n tereur aanval by n kafee of restaurant gaan plaas vind. Mense daar is te trigger happy, Polisie ingesluit….Nee Wat.

piper ·

k is seker as na die skuldiges gekyk word sal jy vind dat die meeste van hulle verdowingmiddels gebruik. hulle sal enige ding doen om geld in die hande te kry vir die volgende fix. die dwelmhandelaars moet baie harder geslaan word. hulle is besig om ons land se jongmense te verwoes

vlooi ·

hoekom soek jy verskoning vir kriminele? hulle is nie desperate dwelmslawe nie. hulle is gewoonte misdadigers.

andre ·

Ek dink ons moet op twitter al hierdie moorde en aanvalle aan Trump opper. Sou graag wou weet wat hy daarvan sou se.

bella ·

Ek stap nie eens op die strand waar daar klomp mense is nie. Hoekom het niemand hierdie arme mense gewaarsku nie? Wat se skande! Duitsland begin dit nou ook voel met die besluit v Merkel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.