Duitse egpaar op strand aangeval

strand_sand_golwe_pixabay.jpg

Argieffoto: pixabay.com

Die Duitse egpaar, wat Sondagaand in Wildernis aangeval is, het op die strand naby Dolphin’s Point gestap.

Sers. Chris Spies, woordvoerder van die polisie, het gesê drie mans het die 54-jarige man aangeval en beroof. “Hy het kopbeserings opgedoen en is per ambulans na ʼn hospitaal in George geneem, waar hy steeds behandeling ontvang.”

Volgens Spies is drie verdagtes positief met die voorval verbind en kort daarna in hegtenis geneem. “ʼn Canon-kamera, wat aan die slagoffer behoort, is in een van die verdagtes se besit gevind. Die verdagtes, onderskeidelik 19, 20 en 32 jaar oud, is in aanhouding en sal Woensdag in die George-landdroshof verskyn.”

Spies het gesê die ondersoek duur voort. Maroela Media het vroeër berig die egpaar, van Heidelberg in Duitsland, het glo ʼn troue in Hermanus bygewoon voordat hulle Sondag in Wildernis aangekom het om verder vakansie te hou.

Die vrou is nie tydens die voorval beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

DPJ ·

Watter goeie advertensie vir RSA.
toeriste sal nou hierna toe stroom.

Witblits ·

19 en 20 jaar oud wat beteken hulle is in ‘n demokratiese SA gebore, maar edelagbare dit is apartheid se skuld!

Jong ·

Volgens die ANC is hierdie 19 en 20 jariges onskuldige jong kinders wat honger was.

m ·

Kyk hoe lyk die strande niemand is mee veilig nie. Die dae van wandel open die strand is verby.

Henk ·

Aanvalle op toeriste moet as ekonomiese terrorisme gesien en vervolg word en nie net as gewone misdaad nie.

E.K. - ek sê net! ·

Hierdei is absolute nonsens. Dis tyd dat die toersimerade van alle strande opstaan en wys hulle sal nie hierdie tipe van ding duld siende die polisie boggerall doen. Bring saam met die stadsrade ‘n tipe strandwag op die been. Mense wat duidelik uitkenbaar is met uniforms wat heeltyd loop en patroleer sodat mens weer ops trande met veiligheid kan stap. Maggies mens werk hard vir jou vakansie maar nou laat ons toe dat sulke kriminele elmente ons rustydperk opfoeter! IETS moet gedoen word, mens kan nie net bly aanmerkings maak op berigte soos die, of die kop skud of ophou LEWE nie, want dis hoe dit gaan word as die dinge nie vasgevat word nie!

Penellope Jones ·

Dit lyk asof daar permanent oraloor iemand op die loer is om te sien wie hulle kan beroof, aanrand of moontlik vermoor.
Dis tragies dat hierdie land so agteruit gegaan het dat mens nerens meer jou lewe seker is nie.

Annie ·

Hoekom sal die kriminele stres .. niks gebeur met hulle nie .. ANC lede stel goeie voorbeeld .. vat as jy wil he

Alida ·

Die oningeligte toeriste is nie paraat nie want hulle kom van n eerste wereld stad af nie gewoond aan hierde agtertangse barbaarse aanvalle nie. SA is n toeriste mekka in Desember vir die Europeriers maar nou ja kyk nou wat gebeur.!

Jy is reg ·

Jy is 100% reg Alida, ons hou op die oomblik vakansie in Europa, die enigste probleem was hul “refugees”, hul is egter nou so vasgevat, hul sal niks waag. Ons geniet uitstappies ,,,,,,,,,, te veel om te noem in vriendelike veilige atmosfeer

Renier ·

Hierdie is een van daai fopnuus stories. Hoe weet ek dit? Verdagtes is in hegtenis geneem. Dit gebeur eenvoudig nie in Suid-Afrika nie!

Bokkie ·

Alles wat mooi en goed was in die land is vervang met lelik en sleg.Enige persoon is welkom in die land sonder reels en maak net soos hulle wil.Ek voel jammer en G vol vir alles.Die mense wat aangeval word en die “mense”wat met enige ding wegkom

Katrien ·

Tans in Sydney.almal is gemanierd en bedagsaam teenoor ons as toeriste.geld rol soos die toeriste hier spandeer.tog dink ek Suid Afrka as so n mooi land is hoogs bemarkbaar as daar n manier is om die nasie op te voed en die waarde te kan insien om toerisme te koester.

Will i am ·

Patroleer strande ja. Ons was nou die vakansie op Santos strand in Mosselbaai. Daar is mense aangestel om die strande te patroleer. Waar is hulle. Sit lekker agter oor in die koelte en gesels met mekaar.

Hasie ·

As gevolg van sulke gebeure maak dit ons land ‘n vrot land. ‘n Vis vrot van sy kop af.

Hasie ·

Karoo klong, wat het van jou geword? Het jou kwinkslae altyd geniet.

My tweesent bydrae ·

Ek gaan ook nie meer kus toe vir vakansies nie . Eendag gaan al die vakansiewoonstelle by die see behuising word .

Berhalet Beukes ·

Net gister lees ek van Duitsers wat Sondagaand in Wildernis net na hul aankoms by ‘n vakansiehuis aangeval is. Twee voorvalle so kort op mekaar! Dis ‘n skande! Maar ons ou presidentjie weet mos beter, dis gaan mos voor die wind in ons land! Sies man, ek skaam my dood!

jean ·

Sou hulle op die ou treinspoor gaan stap het, moes hulle die waarskuwingsbord gesien het. Ongelukkig steur die buitelanders hulle nie daaraan nie, en ons het al hoeveel keer mense self gewaarsku……hulle glo dit eenvoudig nie. Self met besoekers wat gaan swem…..waarskuwings teen strome is oral en daar was al talle wat in die moeilikheid gekom het en ook verdrink het.

Frans C ·

Dit is tog opmerklik dat na 1994 misdaad tot so’n mate toegeneem het dat privaat sekuriteitsfirmas soos paddastoele opgeskiet het.Dit dui op ‘n mislukking van die ANC regering wat weereens bewys dat suksesvolle bevrydingsorganisasies nie ‘n resep vir suksesvolle regerings is nie.

Dat dit nooit deur die onderhandellaars inageneem is dui op ‘n totale onkunde aan hul kant
want Afrika is deurtrek van mislukkings op die gebied, wat ‘n duidelike voorbeeld van dit is.

Koos1 ·

Frnas C, nou dat jy die punt raak. Die huidige regering sal niks doen om misdaad te stop nie, want dit is ‘n bron van inkomste vir hulle. Dink bietjie hieroor na:
As misdaad verdwyn verloor hulle die volgende:
1. Persoonlike belasing van alle werknemers in die sekuriteits bedryf.
2. Maatskappye belasing van sekuriteits maatskappye.
3. BTW op alles van die alarm verkope tot jou maandelikse fooie.
4. Brandstofheffings op die brandstof wat uit gery word.
5. Die fooie op lisensies vir radio’s en vuurwapens.
Die lys gaan aan en aan. Dis lekker om geld te maak uit jou landsburgers se vrees nê?

Wilhelm ·

Weereens bewys dat kriminele nie bestaansreg het nie en permanent uit samelewing verwyder moet word. Dog ek glo nie die huidige huidige regering het die vaagste idee van wat nodig is nie, want hulle laat maar die water oor die akker loop en solank Zuma loop , loop hulle maar saam.

John ·

Seker twee dekades gelede het ‘n Afrikanerparty se verkiesingsplakaat gewaarsku: 1 mens 1 polisieman wag vir SA. Die party is vergete, maar die woorde is bewaarheid… En met al die doofmiddels in die rondte kan dit maklik in 1 mens 5 polisisiemanne ontaard… en 6 ambulanse oppad na die toneel…

GERDA ·

WAT GAAN AAN OP ONS STRANDE???? ONS WERK ‘N HELE JAAR HARD OM DAN BIETJIE TE GAAN UITSPAN OP DIE STRAND, EN OORSESE TOERISTE SAL OOK AL MINDER OOR KOM NA ONS LAND TOE. MENS IS NET NERENS VEILIG NIE. JY KAN NIE JOU GOED OP DIE STRAND NET LOS NIE. IEMAND MOET AGTER BLY OM OP TE PAS. WAT KAN ONS DOEN???????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.