Twee toeriste van Duitsland is Dinsdag helderoordag beroof toe hulle by die Wolfgat-natuurreservaat in Kaapstad stilgehou het om foto’s te neem.
Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, sê die bejaarde paartjie het kort voor 13:00 by die reservaat stilgehou.
“Die bestuurder het in die voertuig gebly om ʼn middagslapie te vat terwyl sy vrou die kamera geneem het om foto’s te neem,” sê Van Wyk.
“Dit is toe wat twee mans hulle voertuig genader het.”
Volgens die polisie het een van die verdagtes aan die voertuig se ruit geklop en die bestuurder se deur oopgemaak om die GPS-toestel in die motor te gryp.
“Die verdagte het die man geslaan en vir hom gewys dat hy ʼn panga het toe die slagoffer hom probeer teësit het,” sê hy.
“Die tweede verdagte het die vrou se kamera gegryp en haar op die grond gedwing. Die vrou het vir die verdagte geld gegee in ʼn poging om haar vry te laat.”
ʼn Verbyganger het gesien wat gebeur, wat die verdagtes genoop het om op die vlug te slaan. Die verdagtes is agternagesit en kort daarna met behulp van die polisie vasgetrek.
Volgens Van Wyk is die gesteelde items teruggevind, asook die wapens wat tydens die rooftog gebruik is.
Die verdagtes, onderskeidelik 30 en 34 jaar oud, staan tereg op aanklagte van gewapende roof en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen.
Hulle sal na verwagting eersdaags in die landdroshof in Mitchells Plain verskyn.
Voor jul almal verduidelik hoe erg dit is in SA, Kiffness kan getuig dit gebeur orals. Wat wel in SA gebeur, is die kriminele element is meer gekonsentreerd.
Truman, wat jy sê is eenvoudig nie waar nie. Verseker is daar selfs in beskaafde Westerse lande misdaad, maar statistieke bewys dat SA die derde hoogste koers (rate) van misdade en veral geweldsmisdade soos moord, verkragting en aanranding het in die wêreld. Suid Afrika het dus ‘n abnormale hoë misdaadkoers en ons vergelyk met lande soos Venezuela, Papoea-Nieu-Guinee en Afghanistan. Daar is verseker ‘n probleem in hierdie land t.o.v misdaad. Maar die regime weier om dit te erken…
ons gaan die buitelanders helemal wegjaag en ons gastehuise, airbnb en hotelle gaan leegstaan as dit so aanhou
Nog skitterende getuienis na die buiteland oor hoe veilig toeriste/burgers is in Suid Afrika…. Politici kan lieg soos hulle wil… Die buitelanders gaan huis toe met ander getuienis…
Makes one’s blood boil.
Kriminele het die land oorgeneem. Dis te betwyfel of buitelandse toeriste gemaklik sal wees met veiligheidspersoneel om elke hoek en draai. Baie beter om ander bestemmings te besoek.
Republikein, kriminele het nie SA “oorgeneem” nie. Ons het hierdie land aan kriminele oorhandig en vandag pluk ons net eenvoudig die vrugte daarvan. Tyd om die waarheid te begin praat.
Hoekom buitelandse nog enigsins hiernatoe kom….verstaan dit glad nie.
Stem saam. Kaap is si pragtig maar joekom lewens waag….. Land is veilig sê politici !
Want ons Rand is so swak, hulle kom hou cheap vakansie.
Ek wil dan nie eers alleen daar gaan stap nie. Ek is jammer vir die toeriste, maar ook “bly” dat die staat die gaans wat die goue eirs le gaan wil/moet oppas…. want dit gaan ons reding wees.
kyk maar toeminister glo gedreig is hoe vinnig cele se land is onveilig maar wat doen hy daaraan niks sorg net vir hul self
Gaan hulle van Duitsland af kom om te getuig ?
Al gehoor van Skype/Zoom, Marous?
Jy’s reg Nooi, die wêreld het klein geword.
Dit is baie ingelukkig. Daar behoort beheer te wees oor mense uit ander Afrika lande wat Suid-Afrika inkom en ons misdaadsyfer opstoot. Hulle moet teruggestuur word wanneer hulle gevang word.
Dit is baie ongelukkig. Daar behoort beheer te wees oor mense uit ander Afrika lande wat Suid-Afrika inkom en ons misdaadsyfer opstoot. Hulle moet teruggestuur word wanneer hulle gevang word.