Duitse paartjie skuldig meer as tien jaar na moord in SA

Kristina Adler en Jens Leunberg in die hooggeregshof in Port Elizabeth. (Foto: NVG)

Meer as tien jaar ná die dood van Claus Schroeder en in ʼn jare lange verhoor, is twee Duitsers Vrydag in die hooggeregshof in Port Elizabeth skuldig bevind – Jens Leunberg aan die moord op Schroeder, en Kristina Adler dat sy medepligtig daaraan was.

Leunberg (42) en Adler (44), albei Duitse burgers, het Suid-Afrika in Mei 2007 vir ʼn vakansie besoek. In 2008 het hulle teruggekeer hierheen op ʼn sakebesoek. Dit is later vasgestel die visums wat hulle gebruik het, is op bedrieglike wyse bekom.

Adler en Leunberg, wat saam twee kinders het, het Schroeder en sy vrou, Tanja, in 2007 in Jeffreysbaai ontmoet. Die twee het aangedui dat hulle ʼn plaas in die omgewing wil koop en die Schroeders het dit as die geleentheid gesien om hul eie plaas, Owvanuk, naby Hankey te verkoop.

In Oktober is ʼn koopooreenkoms opgestel tussen Thornhill Ubuntu Tourism, die koper en verteenwoordig deur Adler, en DTTC Investments, die verkoper en verteenwoordig deur Tanja. Die prys is op R8,5 miljoen vasgestel.

Adler moes die Schroeder-egpaar van ʼn bewys voorsien dat hulle teen November ʼn lening het en het onderneem om die verkopers vanaf 15 Januarie okkupasiehuur van R13 000 per maand te betaal tot die eiendom oorgedra is.

Adler het aan Tanja ʼn dokument van ING Bank in Duitsland gegee, wat kwansuis ʼn bankwaarborg vir die R8,5 miljoen was en Leunberg en Adler het in Januarie 2008 op Owvanuk ingetrek. Dit het egter later geblyk dié waarborg is vervals.

Leunberg het in April van dieselfde jaar by die departement van binnelandse sake aansoek gedoen vir ʼn sakepermit vir Thornhill Ubuntu Tourism Activities. Die departement het ʼn sertifikaat van ʼn ouditeur vereis dat ʼn bedrag van minstens R2,5 miljoen in kontant en ʼn kapitaalbydrae van minstens R500 000 beskikbaar is om te belê.

Adler en Leunberg het ʼn vervalste dokument van die Deutsche Bank, wat in Adler se naam was, voorgelê wat kwansuis wys dat daar teen Mei 2008 meer as €347 000 (sowat R5,3 miljoen in huidige geldwaarde) in haar rekening was.

Adler (voor) en Leunberg na hul skuldigbevinding. (Foto: NVG)

In Augustus 2009 het Claus Schroeder by die Owvanuk-plaas opgedaag, bekommerd dat meer as ʼn jaar verloop het sedert die koopooreenkoms onderteken is, die R8,5 miljoen nog nie betaal is nie.

Leunberg het voorgegee dat sy voertuig in ʼn kloof vasgesit het, het Schroeder daarheen gelok en hom vermoor.

“Claus Schroeder se liggaam is nooit gevind nie, maar getuies het gesê hulle het gesien hoe Leunberg uit die bosse stap met bloed op sy klere,” het Anelisa Ngcakani, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in die Oos-Kaap, gesê.

In Julie 2011 is Leunberg en Adler in hegtenis geneem.

Regter Thembekile Malusi het Leunberg skuldig bevind aan moord en twee aanklagte van bedrog.

Adler is skuldig bevind dat sy medepligtig aan die moord was, asook op twee aanklagte van bedrog.

Die adjunkdirekteur van openbare vervolging, adv. Indra Goberdan, het die beslissing verwelkom.

“Dit was ʼn marathon-verhoor wat in 2016 begin het. Die saak was gegrond op omstandigheidsgetuienis – ons het nooit ʼn liggaam gevind nie,” het Goberdan gesê.

Sy het ook die staatsaanklaer en ondersoekspan geloof wat die legkaartstukke van die gebeure inmekaar gepas het.

“Wat vir die NVG die belangrikste is, was om vir buitelandse burgers te wys hier is ʼn strafregstelsel wat hulle nie in die steek sal laat nie.

“Dit was ʼn lang pad, maar die familie het uiteindelik afsluiting gekry.”

Vonnisoplegging is in April.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johan

Ag los tog net die ou belaglike maskertjies…

Hennie J

Nou kyk net……n ingewikkelde saak met hope kinkels in die kabel en siedaar na baie harde werk en sonder politieke inmenging word n skuldigbevinding sonder n lyk, gekry. Aan die ander kant, die nvg is te useless of word verhoed om die kokkedoor in die Senzo moord in arres te plaas. Twee pole………….

Jaco

In meeste sake waar wit mense vermoor is, word maar net sogenaamde “omstandigheidsgetuienis” gebruik om dan ander wit mense skuldig te bevind aan moord. Dis nie polities korrek om die ware moordenaars te soek nie. Dis asof die anti-wit owerhede van SA dink “ag wat, dis net nog 1 wit mens minder in SA”

Susanna

Wie doen die proeflees van Maroela Media? Woorde word bv in ‘n sin twee keer herhaal of letters word uit woorde gelaat

Rhona

Die naam Gqeberha vir Port Elizabeth is nog nie gefinaliseer nie. Hoekom gebruik Maroela Media dit asof dit reeds is? Julle span omtrent die wa voor die osse.