Duitse paartjie hoor eers later oor vonnis

Kristina Adler en Jens Leunberg in die hooggeregshof in Port Elizabeth. (Foto: NVG)

Twee Duitsers wat skuldig bevind is aan die moord op Claus Schroeder tien jaar gelede sal tot Julie moet wag om te hoor wat hul vonnisse is.

Jens Leunberg (42) is verlede maand in die hooggeregshof in Port Elizabeth skuldig bevind aan die moord op Schroeder, en Kristina Adler (44) dat sy medepligtig daaraan was.

Maroela Media het vroeër berig Leunberg en Adler het Suid-Afrika in Mei 2007 vir ʼn vakansie besoek en ʼn jaar later teruggekeer. Die twee het Schroeder en sy vrou, Tanja, hier ontmoet en ʼn ooreenkoms aangegaan om hul plaas te koop.

Sowat ʼn jaar later het Schroeder by die Owvanuk-plaas opgedaag, bekommerd omdat die R8,5 miljoen betaling waarop ooreengekom is, steeds nie betaal is nie.

Leunberg het voorgegee dat sy voertuig in ʼn kloof vasgesit het, het Schroeder daarheen gelok en hom vermoor.

Sy liggaam is nooit gevind nie.

Luidens berigte het regter Thembekile Malusi ʼn aansoek om Leunberg en Adler se sake te skei, van die hand gewys. Algoa FM het ook berig ʼn Duitse mediamaatskappy het ʼn aansoek ingedien om die verrigtinge regstreeks uit te saai.

Anelisa Ngcakani, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê vonnisverrigtinge word op 20 Julie hervat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Stofdonkie ·

Ons regstelsel is een groot klug. Waarom nog drie maande wag vir die vonnisverrigtinge? Geen sake word net afgehandel nie en die agterstand in die howe raak net al langer. Dis hoekom mense reg in eie hande neem en eerder mense skiet as om ‘n saak te probeer hof toe neem.

deHAS ·

Wie het 8.5Miljoen op 34/32 jaar oud? Hulle het soos hul 30s in gevangenis deurgebring.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.