Duitse toeris val ver

Argieffoto ter illustrasie (Humpback Dolphin Trail-pad by Port Elizabeth-strand. Foto: Firefly Africa via portelizabethdailyphoto.blogspot.com)

Argieffoto ter illustrasie (Humpback Dolphin Trail-pad by Port Elizabeth-strand. Foto: Firefly Africa via portelizabethdailyphoto.blogspot.com)

ʼn 28-jarige toeris van Duitsland is baie ernstig beseer toe hy Dinsdagmiddag van ʼn wandelplank op die strand by Port Elizabeth geval het.

“Die man het glo teen die reling geleun toe dit meegegee het,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Hy het ʼn paar meter tot op die strand geval.”

Paramedici moes ver na die pasiënt toe stap met al hul toerusting. “Hulle het die man op ʼn draagbaar vasgemaak en toe na die oppervlak van die pad opgehys,” het Botha verduidelik. Hy is na ʼn plaaslike hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Andries ·

Maar die ou probleem, hierdie land se mense glo nie aan instandhouding.

Drieks ·

Ja wat val nie uit mekaar nie, GELUKKIG VAL die ANC ook uitmekaar, net te stadig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.