Duitser sterf wrede dood op gholfbaan

‘n Duitser is dood op ‘n gholfbaan in Margate. (Foto: Netcare911).

ʼn Duitse toeris is dood nadat hy aangeval is op ʼn gholfbaan in Margate, KwaZulu-Natal.

Die bejaarde man is glo erg aangerand terwyl hy gholf gespeel het tydens ʼn besoek aan Suid-Afrika.

Volgens paramedici van Netcare911 het hulle Saterdag omstreeks 14:30 ʼn oproep gekry oor die voorval.

“Die pasiënt het ernstige beserings aan sy kop opgedoen nadat hy deur ʼn onbekende persoon aangerand is,” sê Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare911. “Die man het op die grond gelê en glad nie gereageer op paramedici se behandeling nie.”

Herbst sê die man is op die toneel dood verklaar.

“Die polisie in Margate ondersoek die omstandighede wat gelei het tot sy dood.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

13 Kommentare

jongste oudste gewildste
katerinadiekat

Ek hoop sy familie vertel wyd en syd vir ander Duitsers en ander Europeers dat dit te n groot risiko is om hierdie helhool te besoek. Daar is soveel ander veiliger bestemmings vir toeriste.

Cheetha

Welkom in Suid Afrika. Dit is ons alledaagse angs en vrese. Jy is nie veilig in die kerk die kafee of op die sport gronde nie. Nie in jou eie huis of op straat nie.

Foefie

Ek weet nie WAT besiel mense van elders om hier te wil kom vakansie hou nie?

Rooikoos

Oorsese toeriste: bly weg van hierdie hool van ‘n land!

Nico

Toerisme voorsien werk aan derduisende van alle rasse in Suid Afrika. Dit is nie die beste betalende bedryf nie en mense werk hard, lang ure en jou geduld word tot die uiterste beproef. Duitse toeriste is die beste ondersteuners wat Suid Afrika besoek en hulle bewonder die skoonheid van ons land – met of sonder al die neagtiewe omstandighede. Toeriste oordeel nie. Hulle stel belang en ondersteun die akkommodasiebedryf, toergidse en besienswaardighede, restaurante, huurmotors en publike vervoer, winkels, ens. Suid Afrikaners is die ergste graad van swak toeriste in hulle eie land – met niks tevrede nie, vind fout met… Lees meer »