Duitser val meters ver op Leeukop  

Die stapper is per helikopter van die berg afgehaal. (Foto: Wesley Scott New)

ʼn Duitse toeris is beseer toe hy 6 m ver op ʼn wandelpad op Leeukop in Kaapstad geval het.

Nooddienste is Sondag kort ná 07:00 ontbied. Volgens paramedici van die brand-en-reddingsdienste en Wildernis-soek-en-redding (WSAR), het die man, ʼn besoeker van Duitsland, geval toe hy probeer het om ʼn item terug te kry wat deur ʼn ander stapper laat val is.

“Hy het op die staproete rondgeskarrel op soek na die item toe hy teen 06:00 gegly en geval het. Hy het beserings aan sy linkerbeen opgedoen,” lui WSAR se verklaring.

ʼn Mediese span het tot by die pasiënt geklim en ʼn helikopter van die Wes-Kaapse departement van mediese nooddienste is ontbied. “Die pasiënt is met ʼn draagbaar uit die veld gelig en per helikopter na ʼn nabygeleë landingstrook geneem, waarna hy in ʼn ambulans oorgeplaas is.”

WSAR se mediese personeel het die berg veilig verlaat en die man ʼn spoedige herstel toegewens.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.