Duitsers in Noord-Kaap vasgetrek oor reptiele

Armadil-akkedisse op ’n rots. (Foto: Chris Broeckhoven) 

Twee Duitse burgers is die naweek naby Askam in die Noord-Kaap in hegtenis geneem vir die onwettige handel en besit van onder meer reptiele.

Die twee mans sal na verwagting Maandag in die streekhof verskyn.

Albi Modise, woordvoerder van die departement van omgewingsake, sê die twee verdagtes is Vrydag in hegtenis geneem terwyl hulle armadil-akkedisse, wat ʼn bedreigde en beskermde spesie is, geitjies en skilpaaie gevang het.

Die verdagtes was glo van plan om die reptiele uit Suid-Afrika te smokkel vir die winsgewende internasionale handel in eksotiese troeteldiere.

Modise wys daarop dat alle Suid-Afrikaanse skilpaaie, asook van die land se akkedisse, gelys word deur die konvensie vir die handel in bedreigde fauna en flora (Cites) wat die internasionale handel in hierdie spesies reguleer.

Daar is ook tydens die inhegtenisneming op dagga en ander dwelms beslag gelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

SomeOne ·

“buitelanders”, julle maak dat die buitelandse besoekers eersdaags nooit weer toegelaat word nie, agv jul misdade, skande

Barend Johannes ·

Die korrekte Afrikaanse naam vir die genus “Cordylus” is “gordel-akkedisse”.

E ·

Hulle gaan dit geniet in’n Suid afrikaanse tronk, “Research fail” lyk my.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.