‘Duitsland, België weet nou van situasie in SA’

Die VF Plus vergader met die Duitse Alternative for Germany-party (AfD) (Foto: Verskaf)

Die VF Plus en ʼn afvaardiging van die Duitse Alternative for Germany-party (AfD) het Woensdag vergader om onder meer plaasmoorde en onteiening sonder vergoeding te bespreek.

Die afvaardiging is gelei deur Sven Tritschler, ʼn provinsiale parlementslid van die Duitse staat Noord Rhine-Westphalia.

Dié vergadering vorm deel van ʼn deurlopende aksie van die party, die Slaan terug SA-veldtog, wat poog om die internasionale gemeenskap in te lig oor onder meer die huidige bedreiging van eiendomsreg in Suid-Afrika en ander menseregtevergrype.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het België verlede week besoek as deel van hierdie internasionaliseringsveldtog.

Hy het onder meer aan ʼn stille-protesoptog van die Vlaams Belang-Jeugaksie teen plaasmoorde in Gent deelgeneem en dié groep toegespreek, met Europese parlementslede vergader en die presidensie van UNPO (Unrepresented Nations & Peoples Organization) toegespreek.

“Indien die Grondwet van Suid-Afrika wel gewysig word om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak, sal dit ʼn oortreding van onder meer die Verenigde Nasies se Handves en Internasionale Verdrag op Menseregte wees,” sê Groenewald.

Die optog teen plaasmoorde in Gent, België. Foto: Facebook

Volgens hom is dit daarom belangrik om dié internasionaliseringsprogram te dryf sodat die buiteland “betyds van die verwikkelinge in Suid-Afrika” kan kennis neem.

Dr. Groenewald het in Junie verlede jaar UNPO se dertiende algemene vergadering in die Skotse parlement in Edinburgh oor selfbeskikking toegespreek en het gesê selfbeskikking is ʼn internasionaal erkende en aanvaarde beginsel wat aan minderheidsgroepe die reg verleen om hulself teen assimilasie en gevolglike verdwyning in ʼn meerderheid te beskerm.

Hy het gesê selfbeskikking word verskans in die Verenigde Nasies (VN) se Handves en die Internasionale Deklarasie op Burgerlike en Politieke Regte as ʼn reg van “alle mense”.

Dr. Groenewald se besoek kom nadat die Nieuw-Vlaamse Alliantie (N-VA) ook ʼn seminaar by die Belgiese parlement in Brussel gehou het oor plaasmoorde én die ANC se beleid van eiendomsonteiening sonder vergoeding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

White Rhino ·

Mooi Man!!!!
Baie dankie- ek is so bly die wereld is bewus daarvan.
Nou nog net Trump.

Loeis ·

Dis goed en wel, maar verdien mense hier beter? Twee jaar gelede het die meerderheid blankes soos altyd DA gestem, ‘n party wat ten gunste van die huidige bedeling is. Dis jammer dat die res van ons onder die slapers moet lei.

Robert ·

Loeis – ek voel so aan my bas daar is ‘n kentering by ons mense. Waar hul voorheen maar vir ‘n party gestem het wat anti-ANC is, besef hulle uiteindelik dat die DA nie veel anders as die regerende party is nie. Sonder self-beskikking is daar geen toekoms vir die Afrikaner nie. Ons taal is op tersiere vlak misken en verwerp en gedwonge integrasie (maw vernietiging van Afrikaans) op skoolvlak is die volgende teiken. Ek dink tog ons mense sien die tekens.

Haibo ·

Dankie, tog uiteindelik, die vraag is nou WAT gaan hulle daaraan doen? Ek is baie verheug hulle neem nou kennis, maar al die Europese lande die USA en UK is so bang om as rassiste uitgekryt te word, hulle is almal baie versigtig om ENIGIETS te doen om die wittes se saak te bevorder. Hulle was almal hierdie helde in die apartheidsera, en het sanksies op SA toegepas en politieke groepe geinfiltreer om apartheid tot ‘n val te bring, toe was dit nie rassisties nie alhoewel NET EEN groep daardeur bevoordeel is, nou dat die wittes nie net onderdruk word nie, maar ook AFGEMAAI word, nou is almal te bang om sanksies toe te pas en humanitere hulp te staak NETNOU DINK DIE liberale hulle is rassisties .. want die wereld draai mos om liberale !!

Heri ·

As ons minderheid begin saam staan soos Swart Vrydag styg die moordgetalle teen ons. Buitelandse bewusmaking kan emigrasie later help vir die wat wel kan wegkom. Erge verdrukking is oppad.. Dankie Dr Groenewald vir wat jy doen vir ons volkie

Elize ·

Dr Groenewald bewys dat hy nie bang is vir die gevolge van sy optrede nie en dat hy die wit Suid-Afrikaners se belange op sy hart dra. Welgedaan! Nou kan die buiteland begin sien wat hier aan die gang is en nie net opvreet wat in hulle media verkondig word nie. ‘n Vriendin in Nieu-Seeland kan nie glo wat hier aangaan nie want in hulle media word daar niks oor gepraat nie. Ons bly mos die varke in die verhaal al is dit al 24 jaar wat daar jaggemaak word op ons mense. Wildstropery het nou net ‘n ander norm en naam aangeneem

Eish ·

en gesê: Daar was ’n regter in ’n stad wat God nie gevrees en geen mens ontsien het nie. En daar was in daardie stad ’n weduwee, en sy het gedurig na hom gekom en gesê: Doen reg aan my teenoor my teëparty. En ’n tyd lank wou hy nie; maar daarna het hy by homself gesê: Al vrees ek God ook nie en al ontsien ek geen mens nie, tog sal ek, omdat hierdie weduwee my moeite gee, aan haar reg doen, sodat sy nie eindelik kom en my in die gesig slaan nie.
LUKAS 18:2‭-‬5 AFR53
Dankle Dr. Groenewald, dat u ons saak stel voor die wêreld. Dankie dat u die doring in die vlees van ongeregtigheid word, die gedurige krapperigheid in die oog, die stem in die dawerende stilte.

SA Moordmuseum ·

Dalk kan ons land se moordmuseum daar in duitsland langs die halaucaust museum geopen word, sodat die wereld se toeriste kan sien wat hier aangaan.

Haan ·

Ek herhaal wat iemand anders vroeër hier op Maroela gesê het: as jy nie in die volgende verkiesing vor die vf+ stem nie,dan skort daar n paar skroewe in jou kop. Hulle is die énigste party wat n dooie duit omgee oor ons bestiering… Die res is n klomp kripvreter populiste

Wouter ·

On vir die Vryheidsfront plus te stem is n stem vir die ANC omdat dit GEEN INPAK gaan maak nie. Al stem ons hoe saam. Ons stem moet tog iets beteken

Japie ·

Wouter, doen tog bietjie moeite en kyk weer hoe werk verkiesings. Jy kan dalk aangenaam verras wees.

Robert ·

Inderdaad Haan – Die miskenning en verwerping van Afrikaans op tersiere vlak (Tuks is reeds verengels), en die feit dat Afrikaanse skole gaan volg, moet ‘n strydpunt in verkiesingsveldtogte wees. Daar is baie ander hefbome wat die DA liefs nie wil aanvat nie om hul swartvleuel te behou. AA, BEE, BBBEE Comrade ontplooing, moord op witmense en veral boere, onteiening van grond is van die aangeleenhede wat prominent voorgehou moet word. Maar die grootste trekpleister bly maar die behoefte aan selfbekikking.

Grassie ·

Die VF+ het beslis nuwe lewe gekry ná die Mulder-era. Dr Groenewald, adv Alberts en ook van die ander VF+ leiers, soos bv die een in die Vrystaat, het die stagnasie van die verlede duidelik afgeskud en die ANC die stryd aangesê. Ek het in 1992 laas gestem maar heroorweeg nou my besluit.

Jannie ·

Mooi Grassie ek sou dit nie eens noem nie jy het niks om oor te kla nie. Daar is baie soos jy julle stemme kon ń verskil gemaak het toe ons dit nodig gehad het.

Grassie ·

Jannie – jy is reg, daar was baie mense wat nie na 1992 gestem het nie en almal weet presies wat die rede was. Wie is die “ons” wat volgens jou die stemme nodig gehad het? Die NP of die DA? Die regte “ons” het nie ons siele verkoop nie.

Adam ·

Grassie, dit was ‘n slim besluit om nie sedert 1992 jou tyd by die stembus te vermors nie. Ek het dit ook nie gedoen nie. Die rede is eenvoudig: Die ANC is hopeloos, die DA eweneens en die res is irrelevant, selfs al het ons ‘n proporsionele kiesstelsel. Wanneer jy deel uitmaak van 7% van die bevolking, is daar weinig hoop dat jy iemand gaan kry wat na jou belange omsien. Al wat ons tot vervelens toe hoor is beloftes wat deur bravade en dalk ook brandewyn aangedryf word.

Joe Hall ·

Wonderlik!!!

Moet asseblieftog nie ophou met die verspreiding van inligting in die buiteland oor die wandade wat voortdurend in hierdie droewe land deur ‘n korrupte regime en hul ondersteuners gepleeg word nie. Sluit ook die groot multinasionale maatskappye en banke in by jul poging.

Dit is ‘n praktiese en maklike uitvoerbare metode, wat met min finansiële insette tot die beskerming van talle mense se welsyn en lewens kan lei.

Veritas ·

Hou aan met die goeie werk Dr. Dalk oorreed die VF+ my om volende jaar nie vir Cope te stem, soos my plan was nie.

Positief ·

Het ook COPE oorweeg, maar ek dink ek gaan nou eerder laer trek by die VF+. Op die eindenbewys geskiedenis die in die laer het oorleef al was hulle hoe min teen die menigtes, eerder as om jou lyf Piet Retief te hou.

Pop ·

Almal het geweet wat in Zim aangegaan het. EN???? Niks. Sweet blow all.

Joe Hall ·

So, wat is jou voorstel om die “Sweet blow all” probleem aan te spreek?

Cherokee ·

Tenminste poog die VF terwyl die DA geensins gepla is nie, Pop. Die VF en AfriForum is besig om dit wêreldkundig te maak, nie die DA nie.

rollie ·

Bla, bla, bla. Skree wolf en niemand is daar. Groenewald se probleem is dat by verre die meerderheid van sy “eie” mense hom nie ondersteun nie. Niemand gaan hom ernstig opneem nie.

Positief ·

Rollie, so jy sal verkies dat hulle dan net eerder moet stilbly? Dan se mense soos jy weer “Iemand doen tog net iets!”. Nee wat, jy moet dan maar op jou eie mishoop sit. Niemand kan jou help nie.

Cherokee ·

Positief, hy het by ‘n ander nuusberig ook probeer om raak gesien te word. Ek het gehoop almal sal dit bloot ignoreer.

Jakkalsdraai ·

Grassie – ek stem saam, Die verandering van leierskap met Pieter Groenewald is wonderlik. Hy is onverskrokke en werk vir die Afrikaner. Ek is verheug en glo hy gaan weer baie kiesers so ver kry om vir die VF + te stem . Die resultaat sal ons sien by die 2019 verkiesing. Viva VF+.

Cherokee ·

Jy is reg. Vele van die witmense wat jakkalsdraaie maak by die DA se tafel met verkiesingsdag sodat hulle vir ‘regstellende aksie kan stem’, begin ook nou rondkyk.

Positief ·

Ek was van plan om COPE te stem, maar het nou anders besluit. Hierdie Dr Groenewald het nou murg in sy pype! Ek verstaan nou wat iemand iewers of Facebook gese het dat “die in die laer” het oorleef, anders as die wat hulle lywe Piet Retief gehou het. En dit jog al was hulle HOE min teen die menigtes – saam God het die mense in die laer oorleef. Ek trek nou laer by die VF+.

Trisa Strydom ·

Dankie FV Plus nog altyd vir julle gestem en sal dit weer doen ons as nasie kan saam staan kom ons vesprei dit uit aan alle Suid Afrikaners

HPV ·

Wouter, daardie ou storietjie is destyds deur die NP opgemaak, dit is al baie vervelig en afgesaag, bedink iets meer oorspronklik. Wat het toe in elk geval van die NP geword. Hulle was so toegegooi onder die stemme dat hulle nie weer kon uitkom nie.

Sebastiaan ·

Op ‘n ligter noot: die Afrikaners oftewel VF+ het beslis die beter klerestyl.

Reguit ·

Hulle weet al lankal maar hulle doen niks, en hulle sal voort gaan om niks te doen nie. Wag en sien maar self. Beste is om te emigreer.

Maria Nel ·

As ons boerevolk net hul dwarstrekkery wil laat staan en saamstaan en vir die VF plus stem sodat hul MEER stemme kry staan hul STERKER in die Parlement al wen hul nie die verkiesing nie. Kom boerevolk ek DAAG julle uit om SAAM TE STAAN sodat ons met n sterker stem in die Parlement kan staan! Ek haal my hoed af vir dr Groenewald! N ware boerseun.

Leahim ·

Ek stem saam die rollie moet geïgnoreer word want soos die engelse se ” if you argue with him he will drag you down to his level and then beat you with experience”

Conrad ·

Na alles wat die DA beplan hulle kwota stelsel ,hulle stilswye oor die plaasmoorde hoe onosel moet n wit en bruin man dan wees om nog vir hulle te stem.

Oom Kalahari ·

Dankie Dr. Groenewald vir al die harde werk van jou en personeel en die inskakeling by sovele groepe om alle informasie op te volg en aan die buiteland uit te dra. Jul kommunikasie met my en familie is so waarderend. Jul mag ‘n klein party wees maar is die klein botteltjie gif wat die hardste veg vir sy mense. Hoe meer mense jul kan ondersteun soveel groter kan die verteenwoordiging in parlement en grondvlak wees. VF+ jul het verseker my en familie se ondersteuning in 2019. Nogmaals dankie Dr Groenewald en wees Geseend in al jou optredes.

Corrie ·

Ja in Uk al wat hulle op T V gewys het was die fonnis van die vrou wat die K woord gese het maar niks verder nie

Sê net uit Duitsland ·

Mense hoor NIKS in Duitsland wat aan gaan in SA nie. Die wat in die vergadering was, weet dalk, maar daar stop dit. Enigste wat hier op tv gekom was die waterbeperking in Kaapstad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.